Wolkekrabber
Daar het ʼn koue wind gewaai
toe jy met ʼn grashalm tussen jou lippe
– vingers agter jou kop gevleg –
vir God wou voorskryf
grasvelde en woude het pad gemaak,
selfs berge het voor jou geswig:
jy het ʼn wolkekrabber in die ruimte geplant –
ʼn vesting van staal en glas
en jy het gesê:
“Kyk wat het ék vermag;
wie onder julle kan dit ontken?”
maar God het nie gehoor gegee nie –
lánk voor jou dood het jy reeds gesterf.
© Ernst Fernando dos Santos
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Liewe Ernst Ek dink dit is 'n interessante vers wat die narcissis in ons almal aanspreek. Die vers herinner aan die 'Titanic' verhaal dat die skip onsinkbaar gebou is, en dat selfs God hom nie kan kelder nie. Ons weet wat die geskiedenis van daardie stelling dink, of hoe? Ek hou van die verband tussen mense op aarde en God in die hemel wat gebrug word deur 'n wolkekrabber en hoe die mens maklik kan dink dat sy/haar handewerk dalk groter en beter as die van die Oorpronklike Skepper kan wees. Die blazé houding van die 'bouer' met die grashalm in die mond en hande agter die kop skep die toonaarde vir die menslike (selfaangestelde) verhewendheid en hoogwaardigheid. Hierdie vers is treffend en behou 'n baie goeie lewensles vir my. Skryfgroete IM