Murasies
in die leë ruimtes van murasies
– eens herehuise of halfwegstasies –
eggo stom die krete van vergete stories
teen naak gestroopte mure
wat is dit van ou murasies wat so bekoor
waar ek myself in stories kan verloor
eens herehuise met kristal, satyn en porselein
gevul met lewe, lag en samesyn
nou slegs geraamtes van wat was
die winde waai hul wysielose liedjies
deur vensters sonder glas
en mettertyd verdwyn als weer soos druppels in die gras
Estelle Rubow
11/10/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.