Jongste aktiwiteit:

KRINGLOOP

KRINGLOOP

waar wortels in stof sou vorm
stewig aan lewensbron gekoord
voor woorde mensword kan belemmer
veilig in genade watertrap en swem

dan oop-oog beur na lig en lewe
gryp na oorvloed rondom heen
sonder perk baljaar in see en stroom
sorgeloos deur die wêreld sweef

maar as seisoene vir oulaas draai
gedwonge terugbuig na die aarde
bakhand laaste lewe opslurp
voor dit in die in die stof verdwyn

© Barbara Smit – 18/01/2018




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed