Bevryding: n.a Ingrid jonker – Ontvlugting
Bevryding
n.a Ingrid jonker – Ontvlugting
Tussen wier en gras sou ek ook wou soek
– na vryheid, verlossing en God.
In vreemdes se oë het ek soms stukkies gesien –
van min of meer
dit wat ék nooit sou vind.
Die gladde son en die rowwe maan
het dalk ook binne my ontbind,
dit was soos
om ‘n geliefde te sien sak in ‘n vlak graf
of om ‘n huis te verlaat
wat aan die hemelruim kon raak,
En dit het my toe laat dink:
is alles maar nie net ‘n gejaag
na die laaste oomblikke
voor die grootste ewigheid.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek