Jongste aktiwiteit:

GEBEDE MET BEWENDE HANDE

Gebede Met Bewende Hande

Dag na dag dink jy na oor jou lewe
Jou diagnose? Parkinson se siekte
Ek word gegroet met hande wat bewe
Steeds by jy een van my beste vriende
Na die aaklige nuus is my hart seer
In stil tye gaan ek op my knieë
Struikelend raak die tye al hoe meer
Dis asemrowend hoe jy nooit in sal gee
En op my knieë sê ek my gebed
En jy bly positief soos tyd verloop
Jou vriendskap? Die beste ding wat ek het!
Iemand so wonderlik kan mens nie koop

Jou moed inspireer my elke minuut
En die hoop wat jy skep bly nuut

© Larissa Beukes




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed