Voete van klei
Voete van klei
Heer vergewe my
voete van klei
hoe harder ek probeer
hoe meer maak ek seer.
So graag waag ek
so dikwels faal ek
vir God en medemens.
Dit was nooit my hartewens!
Voel ek ledig elke bitter beker
in my hart is ek ontsteld, onseker
kan God’s groot genade
oorwin oor al my duister dade?
Na U kruis word ek gewys
daar waar U aan my bewys
U vergewe my
voete van klei!
deur Stephan Uys
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Pragtige gebed, vergewe ons Heer, hoe gelukkig is ons om Sy genade te kan proe wanneer ons opreg ons sondes aan Hom oorgee.