Jongste aktiwiteit:

Nag in die Bosveld

blink straal sy ogies
terwyl die flits die nag indruis
vroeër het hy sy maak kom maak
klink die ganse op in die stille nag
besef ons die jakkals aan die gang

met geweer en al storm hul na buite
vanaand verjaag hul die jakkalse
gereed maak ons vir die vangs
kry hul twee gevang uit soos ‘n kers
besluit hul verder ‘n springhaas sal doen

weer stuur ek die lig in hierdie keer
spring die has reg voor my
eerste keer in my lewe die gesien
groot is my verbasing aan hierdie has
word nagtyd in die bosveld
‘n stille erkenning aan nagdiertjies

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed