Jongste aktiwiteit:

DRIERAND SE GENADE

DRIERAND SE GENADE
(Nie vir sensitiewe siele nie)
Die winter klop alweer soos ‘n skelm minaar aan die deur van die seisoene; en ek…. Ekke wens ek kon Aladin se lamp dêps. Of ‘n REG VAN TOEGANG Voorbehou-bordjie onder sy simpel neus swaai. Sommer omdat.
En oordat – sien, my en winter se verhouding is jare gelede al op die rotse. Ons begluur mekaar skeefbek en bedink dinge wat in geen bloemlesing sal pas nie.
Wat sy probleem is, dit sal ek nie weet nie; en ek wil ook nie – my van is nie vermaak nie, so there…. Skuus – so daar; ek dink.
Maar ek het ‘n rede wat klinkklaar en bo verdenking is; is – ek het eers. Vir my is winter en teerstrate bloedbroers! Omdat en oordat; al daai male sonder tal wat ek in die straat moes slaap – dit was altyd in die verdomde winter.
Winter beteken vir my…. dis weer ek en die teerstrate! Die buitenkant slaap soos ‘n weggooi hond.
Maar altyd die teerstrate. die verskriklike koudkry. Wintersnagte van ongemerk probeer skuilingmaak in die vuilstink toilet van 27/7 garage. lewersters in die nanag onsigbaar probeer wees in die belaglike veiligheid van ‘n skaduverwronge deurloop. Alles lyk mos maar net 18vsnl in die middel van die nag. Hmm, kan nogal so wees ook; en erger
Die bendeverkragting was in elk geval. Die donker, die bang… Of toemaar, los dit liewersters – dis ingewikkeld, jy sal nie honor bright verstaan nie.
En hoekom weet ek nie, maar vandag kan ek myself nie keer om weer aan daai een spesifieke yskoue nag te dink nie…. Bokkie my babie; ek weet tot vandag toe nie hoe ek dit reggekry het om Johhny Mes en Spykerman te ontvlug nie. Ek kan nie veel onthou nie – honor bright, ek kan eers nie. ‘And can’t the band play on.
Just listen, they play my song;’ onthou net – daai mes het nog vaster teen my keel kom lê. Asem, ek kon beswaarlik asemhaal. Terwyl sy anderhand angstig en lus my jean se zip afgetrek het. Met sy rukkende vingers probeer plek maak het in my pantie vir Spykerman wat soos ‘n abominasie uit sy broek uitgepeul het. Die laaste hupstootjie teen my regopgeskiet het; ‘ash to ash.
Dust to dust’ ……. Enne….. Die diaboliese drif om my lank en onmenslik te verkrag, het sy hand laat sukkel om Spykerman by my vagina in te stamp! Die……. Sy dierlike asemstote het elcheappo geserenade. Spykerman wat gejaagd en spasties in sy hand daai gaatjie bly misstoot en.. ‘n gatjie wat lek word ‘n gat.
‘n Storm in ‘n wynglas sal spat;’ maar die draak se helse wellus het in ‘n waansinnige (byna) geroggel teen die muur vasgespat! Vas. Gespat. Af grondtoe gewiggel-waggel….. Ek was nie meer daar nie! Nie ek of my piepiegatjie nie!……. ‘n duisend dankies, my Hero. Liefling van my siel – my God. My Enigste. Liefste Messias! My ALLES!!!xxxx
‘Fade to black;’ met geen persepsie van tyd of presiese plek het ek tot verhaal gekom. Soos ‘n morsdooie kadawer onder ‘n iewerster geparkeerde kar gelê. My pantie geskeur (wish I was a teddybear) en my jean se zip nog los. Slegs my twee oë wat met ‘n ampertjies gevoellose vrees bly kyk het na die skoene en stukkies bene wat langs die kar gestaan het…… Wie?!
My hart het bly bid sonder dat my verstand die woorde gemaak het; geweet het van daai bidwoorde. Net aanhou bidwoordemaak…… Liewe Jesus, seblief…….. Bokkie my babie, sê nou dit was Johnny Mes wat geweet het ek lê onder die kar! Sê nou….. dan….. Hy en Spykerman en sy vlymskerpblink-mes….. Sê nou; ‘Say you.
Say me;’ iewers. Iewersters tussen later en nou het die voete begin wegloop. Die gloeikooltjie van sy sigaret het naby my ingerol. ‘n Flentertjie-stuk liggie wat dapper die donkerte probeer uitoorlê het. ‘n Krummeltjie gloeikoolgenade. Net ‘n bietjie se vuurtjie wat stil in my siel kom kruip het. ‘n Faikontawarmte deur my lyf gespoel het….. ‘Hartseer konsertinas vir die gloeikool balarinas.’
Konkaconcertos…. Ag, Liewe Here tog; Bokkie…… Versmoor – nee….. Ek…. Versmoor…. Dit voel asof die kar nader kom, kom; al nader kom…… Nader. Al. Nader.
Die kar word die lyf van ‘n man wat bo-op my wil klim – rieparaai. Blikaspaai.………. Spyker.
Hamer-spyker……. Spykerman wat eerste my lyf tref; en dan die man se volle gewig – DOEF! Die teer onder…. Onder my rug faikonta satyn
….. Tula, tula, stil, My kind……. JESUS GEE OM.
Huh-uh. Is eers! PITSBURG GEE OM; spyker…… ‘Dwergieman wat reën gaan haal en teen my venster mors;’ die simpel vroumens (ekke) het gehuil; en probeer uitklim onder die kar. Maar die duiwel het my trui aan iets laat vashak…. Geruk. Weer; maar dit wou eers nie losgekom het nie!…… ‘Lay down beside me. Love me and hide me;’ in ‘n bondeltjie opgekrul bly lê. ‘ppKiss all the hurtin of this world away;’ aan die slaap geraak net daar in die nag se koue donkerte onder die kar…….. ‘Hold me so close.
And never wander away’…. Wakker geword. So twintig minute later weer wakkergeword. Miskien se per dalks was dit ‘n uur of twee, drie se later eers. Per dalks wat dit als net vyfminute se vasgryp aan Klaasvakie se broekspyp….. ‘Vyf bottles bier staan op die muur.
Hand me down that bottle of Black Lable, Abel’ ……. Ek het my koue-stram lyf reguitgemaak. Wat ookal aan my trui vasgehak het was nou weer los – per dalks het Liewe Jesus ‘n Sho’t Leftengeltjie gestuur. Dis toe eers wat dit tot my deurgedring het – ek lê onder ‘n geparkeerde kar! Iewester? En as wie ookal besluit dis nou tyd om huistoe te gaan; dan is dit verby met Doris Day!…. Maar. Liewe Jesus, aan die anderkant.
Net lê. Dan sal die kar my morsdoodvrek trap! All’s well that ends well. Vir altyd in die Hemel by Liewe Jesus en Meneer….. Ek sal weer met my getroue honde kan speel. My kinders vashou. My ma sien – ‘in die arms van my moeder en daar wil ek bly tot die dood.’
Bokkie, sal jy; of toemaar. Dis ingewikkeld, jy sal nie verstaan nie…… ‘Come back, Liza, come back home’ ….. Dis so stupid; maar ek het een moerawiese swakplek in my karakter: Dêmmit! Ek weet nie wanneer om moed op te gee nie. Sal verdeksels blêrrie aanhou hoop al is die heellaaste stukkie hoop in sy malle maai in vir altyd (en altyd) wegverloor. Sal bly glo. Glo, al word die teendeel swart (ag Vadertjie tog)… wit op…. Kom ons probeer weer – al word die teendeel swart op wit onder my neus gevryf.
En hierdie oulike dogtertjie kry net so horriebaal anderster lief ook. Dis so Bybelsemanier van liefkry – ja, ‘n swaard sal deur jou eie (persoonlike)siel gaan….. eina, Hero. Honor bright, jou siel lê flenters en tjank voor jou voete, maar jou freakin wise-ass hart neuk net doodeenvoudig voort; aan – wat ookal.
Oor berge, deur diep blêrrie riviere. Gaan skreeu die Hel aan die brand. Skop elcheappo se misrabele, patetiese troon totdat jou gees voel hoe jou tone potblou word. Jy maak asof jy mal is, omdat….. omdat en oordat jy ‘n amper heilige obsessie het met ‘n droom wat kleintyd al gloeikool binne-in Jou Hero se oë gevlamvuur het…… Hero, don’t let my vision die….. ‘Dance then wherever you may be.
I am the Dance and I still go on’ …… Ek het styfseer onder daai kar uitgesukkel. Minute lank helemal en toetentaal verdwaal in Pitsburg se teerstrate. Die swartnag druk my binne-in sy baadjiesak en loop met my die donkerte in. Die gek-god op sy gitswart, forse reisiesperd…. Skielik bekend! ‘n Stukkie Pitsburg wat padkaart word voor my voete; maar Liewe Jesus…. Hoe de ongeluk kom ek híér??!! Dis nou nie eintlik ‘n deel van die dorp waar jy vrou-alleen iewerster in die middel van die nag moet ronddwaal nie! As ek vannag ongeskonde – sonder ‘n mes, koeël of Spykerman in my lyf – oor daai brug terug in die stad kom; sal dit net ‘n honor bright GODSWONDER wees…… Hero!
Angs word ‘n inhibisielose dwelm wat als in my binnekant half verdoof; selfs die vrees. Bokkie, het jy die sout….. Johnny Mes se koueblink lem teen my keel.
Voel nou vir die eerstekeer, my keel is blêrrie seer! Of ‘n tou te styf om my nek geruk was….. ‘Bokka….. nou moet jy klou, nou moet jy hou; nou moet jy styf aan my lyf vashou!’ En Spykerman wat sy hand se stotende bevel gehoorsaam. Die nag is donker. Die donker is swart. Gitswart….. Toe begin ek terugloop stad toe. Dink Koos Doep was reg – ‘as jy aanhou stap, tienduisend ure sal jy wel daar kom,’ dis die moeërefrein van my voete wat sonder ‘n oomblik se huiwer moes aanhou stap…. Geen Sprokie vir hierdie Stadskind nie. Omdat en oordat ek nie aanhouspore maak na daai ‘land van blou saffiere’ nie; ek’s oppad brugtoe.
Oor die brug stadtoe. Die brug wat nog wegkruip in die nag se slaapkamer. Onder sy bed bly wag tot hy my voete hoor aankom. Hoor kom….. ‘I loved you, baby, way back when and all the bridges are burning that we must cross but’ …… my voete hoor. Hoor kom. ‘Not a sound from the pavement;’ voetjie vir voetjie. Tree vir tree. Brugtoe.
Maar van die res van Janus in sy swartmanel en al die stukkies als tussen alles kon ek nie veel onthou nie; net my linkerhand se spierwit kneukels. Hoe ek gesukkel het om my krampagtig-vuisgeklemde hand weer oop te kry. En die drierand se losgeld op Bakersfield se toonbank neer te sit. Iewers……. Iewersters na vyf in die oggend.
Pitsburg het stadig die slaap uit sy oë begin vee. En die groot slukke kokendewarm koffie het salig en half snoesig om my toegevou. Pitsburg se tydelik vryspraak vir hulle walglike Skarlakenvrou!
Sporadies toet-toet die taxis…… ‘Just another day in Paradise.’

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie; en mag genade en liefnes vandag in jou lewe val; aanhou val – soos sagte, deurdringende geelperske-reën.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed