Jongste aktiwiteit:

Laat Lente

Laat lente

© Ans Botha van der Merwe 15/11/2019 11:38

sou ek nie graag in jou arm wou wurm nie
jou liefde teen my hartklop kon voel klop nie
sou en nie graag jou warm asem teen my nek wou vasvang nie
jou liefdes melodieë in jou stem wou hoor prewel nie

sal ek nie vir jou kon koester met lewens akkoorde
in die wingerde van ons liggame se boorde
wanneer die maanligaand se strale ons vasboor
in gister se woeste stormjag se woorde

sou ek jou nog kon voel as die winde om ons vou
as ons polsende liggaams hitte deur die storms kou
vasgevang in stormwoorde se harde knou
sou ek jou nog kon voel pols wanneer die wind ons los in sy vou

sal ons die onheilspellende smartwoorde van gister oorleef
om vandag in ons laat lente hand aan hand te wandel in verwoeste velde
gesaai met dorings woorde wat ons voete vermorsel
om ons laaste laat lente te begrawe . . .




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed