Sonne’droom
Ek stop langs die pad om die laaste
van lente diep in te asem
met my fiets heuwels op en heuwels af
nog ‘n genade dag vir ‘n kaalvoetkind wat eenkant langs die pad sit en wag….
wag
Hy wag daar elke dag vir sy ma
sy’t hom daar gelos toe hy nog klein was
teen die einde van nog ‘n dag
omvou die vrees hom soos ‘n donker nag
Godverlore sit hy daar
met een groot verlange in sy hart
en wanneer die son wegsink in die vlaktes
hy ken die stiltes en die eensaamheid, en wag….
wag
Soos my wiele al verder wegrol van hom
sien ek hoe die son ‘n silwer glans oor sy kop skyn
en ek voel hoe die reën oor my stroom
in hierdie laat lente se sonnedroom
2 Kommentare
-

Seirdna
Mooi gedig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek - Laat-lente