Jongste aktiwiteit:

Uitverkoping

grootjies is gemaak
tussen harde kantoen lakens
hoë kwaliteit materiaal was so gemaak
die labels is ook met sterk garing vasgenaai
en so oumas dra almal op hul rue
sonder enige gekreun of steun

vandag lê ons tussen Sjina lakens
die plastiek garing goringlos
en steek mespunt deur
ń verlede jaar label
onbereikbaar, seer
tot ek skree

in na seisoen
lê onverkope klere
deurmekaar in bondels
in alle mates nou ewig uit die mode
met nuwe winskoop, weggooi etikette
in vrot agterstraat rakke

wisselend in mode oor 2500 jare
eers verbaal toe in boeke en nou digitaal
verkondig mense deur geslagte nuwe modes
eers onbekostigbaar en waardevol beskou
dié lê waardelos en verslete
op die ashoop

© Koos Elsum ♾️




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak