Jongste aktiwiteit:

na wat was

 

 

ysig waai die wind en sny

deur die golwe wat storm

oor die wit sand duine op

spore van skuim en skulp

 

so wyd lê die diep blou see

dat die horison daarin duik

verre skepe verberg in mis

wolke opslurp in diepe uitsig

 

daaronder staan hy op ’n duin

verdwerg in ontsaglike natuur

eenvoud van enkelheid getref

gesig na Bo gerig in stil respek

 

onder meeu se eensame roep

verberg hy homself onder sand

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed