na wat was
ysig waai die wind en sny
deur die golwe wat storm
oor die wit sand duine op
spore van skuim en skulp
so wyd lê die diep blou see
dat die horison daarin duik
verre skepe verberg in mis
wolke opslurp in diepe uitsig
daaronder staan hy op ’n duin
verdwerg in ontsaglike natuur
eenvoud van enkelheid getref
gesig na Bo gerig in stil respek
onder meeu se eensame roep
verberg hy homself onder sand
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.