Jongste aktiwiteit:

Ode-Gister weer besoek

Brons gradering- 109 woorde

Ode: Gister weer besoek

Ons almal was bly,

toe jy na ‘n lang gewag,

uiteindelik die sleutels,

van jou nuwe woning kry.

Vandag wil ek ons gister weer besoek,

herinneringe saam jou wat my roep.

Onthou, onthou begin my vaart,

in die verlede in, sonder kaart.

Jou tuin besoek ek een laaste keer,

onthou ek hoe jy my hier geduld moes leer.

Ek dink aan jou stoute lag gesig as jy my roep,

om skelm lekkers te kom eet op die stoep.

Jou lewenslesse is iets wat ek altyd sal onthou,

hierop sal ek elke dag my lewenspad bou!

Jou plek hier in my hart sal altyd leeg bly,

maar ek weet by die Here is jy werklik vry!

© Wilmari Marx




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed