Jongste aktiwiteit:

Ek onthou

Brons gradering- 133 woorde

Ek verlang

Ek verlang na die dae,

toe kinders se aandklok die son was,

skermtyd nie getel was,

Procydin net vir grootmense was,

‘n kind se seer net van val was,

kerk toe gaan ‘n prioriteit was,

stories om die kombuistafel gedeel was,

kultuur nog ons trots was,

familietyd belangrik was,

geld nie alles was,

‘n boks, speelgoed was,

dood nie so alledaags was,

diefwering nie nodig was,

piekniek langs die paaie nog moontlik was,

niks drome te groot was,

kerk toe gaan saam jou ouers ‘n moet was,

die Here nog in skole was,

toktokkie speel nog pret was.

Ek verlang na die dae

wat die wêreld nog heel was,

die mooi waardeer was,

tyd nog kosbaar was,

die Here genoeg was!




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed