Jongste aktiwiteit:

meet

 

 

om te peil

om afstand te bepaal

jou teenstander se vermoë te skat

al metende gaan ons deur hierdie lewe

so word ons elke dag gemeet aan standaarde

meestal aan lukrake persoonlike indrukke

soms word jy te hoog aangeskryf

en dikwels te lig bevind

 

deur kognitiewe waarnemings

van ‘n situasie of persoon te maak

inligting in te win daaroor en eers daarna

beredeneerde gevolgtrekkings of keuses te maak

kom die redelike mens dikwels tot beter uitkomste

en in hul metingsproses word hul maatband

ook die een waarmee hul graag

gemeet sal wil word

 

© Tearlach.

(Kognitief. ‘n Term wat dui op aspekte en funksies wat verband het met die denke en idees)

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak