Jongste aktiwiteit:

noms de plume

 

 

 

 

skryf jou rympies maar rustig voort

op die tafels van die skisofreniese kokke

weerklinkende simbale van hul eie barokke

jou verse bly altyd weg van die nom de guerre

hoewel dit dikwels gesien word as nom de scene

jou staccato klanke soos dryfhout op wilde see

stamp soms fyn bas af van gevoelige stingels

waar selfopgelegde morele waardes heers

steur jou nie aan moratorium van verset

wat jou omgewing wil inhibeer met

gekonnekteerde skuim van

fibromialgiese sisteem

skryf net voort

straatdigter

jy skryf

nie

vir die

blikgehoor

 

© Tearlach.

( Noms de plume: digters en skrywers met skuilname

Fibriomialgie – rustelose bene sindroom

Nom de guerre is basically an alias of war,

Nom de scène is a theatrical alias

Tearlach is a Scottish Gaelic name, the equivalent of Charles. It is ultimately derived from the Germanic name Karl, meaning “free man”.)

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed