Jongste aktiwiteit:

puritein

 

 

in Totius se 1911 rede

was sy pleidooi dat die

Gereformeerde Kerk in Suid Afrika

puriteinse vorm van geloofs-gemeentebou

sal beoefen

 

Thomas Cartwright (1535-1603) en John Owen (1616-1683)

Die bekende Bunyan is ’n Puritein genoem

Spurgeon en dr. Martin Lloyd-Jones

is in die vorige eeu die laaste Puriteinse prediker genome

 

wat was hul puriteinse siening:

pneumatologies van karakter

kennis van God en die kennis van die mens

uitvoerig aandag gegee aan gesinsgodsdiens

onderhouding van die Sondag as die dag van die Here

aandag gegee aan gemeente-opbou

 

Die drie kernpunte van Puritanisme

die praktyk van godsaligheid

‘n gesonde teologie, en

‘n kerklike lewe volgens die Woord van God

 

wat van vandag se kerk:

een kant ‘n dooie ortodoksie met klem op verstand

ander kant charismatie met oormatige klem op emosie

tussen hierdie twee vure, kan gerformeerdes

net baat vind by die waardes van die eertydse puriteine

om ‘n heilsame balans te vind tussen die hoof en die hart

 

© Tearlach.

puritein: Iemand met ‘n streng Calvinistiese lewensbeskouing

Puritanisme as Versetsbeweging : In Engeland, waar ons die oorsprong van Puritanisme vind, sien ons dat die Puriteine hulle nie kon verenig met die planne van koningin Elisabeth (1558-1603) nie. Sy wou die kerk van die Reformasie “hervorm” in ’n meer episkopale rigting. As hoof van die kerk het Elisabeth diktatoriale gesag oor die kerk uitgeoefen. Die kerkregering is opgedra aan biskoppe en aartsdekens wat deur die hoof van die kerk benoem is. ’n Hele reeks van tradisies uit die Rooms-Katolieke Kerk is behou, wat onder andere tot uitdrukking gekom het in allerlei liturgiese gebruike soos kleding, altaar, kniel by die nagmaal en dergelike. Daarby was die geestelike gehalte van die Anglikaanse kerkleiers ver benede Bybelse norme gewees. Dit alles het by getroue, toegewyde Christene weerstand opgeroep. So het langsamerhand die Puriteinse beweging ontstaan.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed