bose oë
oor my duin loer ek na ons land
suidpunt van afrika kontinent
oertyd se skeppingsgrond
van alles en nog wat
verteenwoordig
van alle stamme
deur geboorte, inplanting
migrasie van volkere, tradisies
elkeen eie aan sy eie gebrokenheid
toe kom die afrika renaissance
gierige sub-profetiese oë
wat beginsels verruil
vir eie gewin
byna net
dieselfde effek
as die fabel van kommunisme
doodgebore in onwaarskynlikheid
sonder alle Afrikaners kan dit nie werk
so onwaarskynlik as pynappels
aan ‘n druiwe prieël
toe kom die val
die verval van die idee
in fatale korrupsie-mars
sneeubal-effek van sleg na slegste
korrup na mees korrup
waarop afrika renaissance
sy fondasie wou bou
vervalle in slegs dekades
van gierige duiwels oë
barbarisme en onheiligheid
gesteun deur nog meer gierige
oë van geldmag-outokrasie
wat in alle kleure
die reënboog
se essensie
opskep
dan
bly daar
minder as
krummels oor
vir die skape
van Sy
wei
© Tearlach.
(Die Afrika Renaissance is die konsep dat Afrika-mense en nasies die huidige uitdagings, wat hulle op die kontinent mee te doene het, oorkom en kulturele, wetenskaplike, en ekonomiese hernuwing bereik.)
2 Kommentare
Lewer Kommentaar
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek