boetie
my boetie gaan gym toe
nie die ene waar jy gaan oefen nie
nee, die een waar jy in blou klere gaan dril
hy gaan Lugmag Gym toe
waar die seuns manne
gaan word
so het boetie ook gegaan
eers was hy net ou-boetie vir my
na hy gym toe was, was hy soldaat-boetie
vors en regop met stroewe gelaat
maar sy glimlag was nog daar
sy blondekop net kort
kort op sy hakke was ander boetie
maar hy het nie gym toe gegaan nie
hy het maar ander-boetie gebly
sy geaardheid het ander-boetie gebly
selfs na hy onderwyser was
toe kom my beurt
om van seun na man te gaan word
geloot, nie geloot, maar nie in die sloot
ook maar klein-boetie gebly
tot ek self gaan dril het
om te kon gym toe gaan was hard
maar dit was ‘n voorreg
vir die wat daar was
vir die ander maar net ‘n gemis
van wat man-wees is
© Tearlach.
(In digkuns is woorde belangrik. Maar wat van dit wat nié gesê word nie? Wat van die wit spasie — daardie stil stukke bladsy tussen die reëls, rondom die strofes, en soms selfs binne-in die gedig self?)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.