Jongste aktiwiteit:

As my tyd uitloop

AS MY TYD UITLOOP
Die tieker tik die tyd af
en staan nie ‘n breuksekonde stil.
en met elke sekonde wat hy aftik,
word nog iemand in die wêreld stil.
Een word gebore en een gaan dood
en gister se môre word vandag se oomblik.

Dae, weke, maande, jare vlieg verby
en tyd neem weg die wat hy soek
Wie is volgende? Dalk ek? Dalk jy?
Wie is die volgende naam in die doodsengel se boek?

Maar ‘n meer prominente vraag
is nie of jy volgende is op die lys,
maar wat is daar wat jou lewe kan wys.
Want as jou bouwerk die toets deurstaan,
kan jy nou met vrede deur die doodshek gaan.

Ook vir my gaan die aardse tyd sy gang
en met vreugde loop ek hierdie pad
vir die doodsengel is ek nie bang
en vir daardie dag wat hy my kom vat,
want dan is my aardse taak voltooi.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Braam het n geregistreerde lid geword

  • Paul Kloppers het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak