dogma
dogmatiek, dogter van dogma
grootoog meisiekind wat almal bekoor
gebasseer op beginsels deur owerhede
as onteenseglik waar gepubliseer
basis van geloof en ideologie
dogmaties kom jou verse
deurspek van onheilige beloftes
van selfontdekte profetiese redes
ek is die verkose een – ek is gekies
bo almal om my, slegs “ek”
na die enigste Verlosser
sal geen “profeet” verskyn
wat openbaar kan maak soos Hy
van “vals profete” is die wêreld vrot
elkeen verkondig sy eie bankrot
“In die land van die blindes is die Eenoog koning”
“Ken eers die Evangelie van Jesus Christus – dan sal jy ook
jou vyande kan herken”
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.