Jongste aktiwiteit:

Guadalupe se getuienis (Goud)

opgewonde word die reëlings finaliseer
maats wag vir Kamp Mystic om te realiseer
afwagting groot en niemand kan meer wag
daar is soveel om na uit te sien en nog meer

almal arriveer en die spanne swaai hul vlag
in saamstaan en kameraderie lê daar krag
aankoms word gevier, gereed om te leer
van ryke tradisies in Guadalupe-rivier se prag

***
die lug is warm en swaar, gevul met sipres-geur
tasse is afgelaai en verfraai stoep in vrolike kleur
almal storm slaapsale binne, elk met sy eie naam
die kamp lewe van lag en gesels in somer fleur

die grasperk getuig van vorige kampe se faam
groepies kom bymekaar en reik die hand, skaam
begin vriendskappe stadig vorm as jy deur
die leiers uitgeroep word – een vir een se naam

***
die nag van 4 Julie verskuif alles van vreugde na vrees
in bliksemstrale se flitse is angs op gesigte te lees
“is ek wakker, of is hierdie net ’n nare droom?”
stemme skril bo totale chaos van stemme – hees

woedende watervlak wat rivierwalle oorstroom
sirenes wat kermende skree sonder om te skroom
die natuurramp vul ouers met hul se grootste vrees
“Heer, help ons deur die vloede, vul ons met u Gees.”

©MarleneErasmus
08/07/2025




1 Kommentaar

Lewer Kommentaar

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rikus het n geregistreerde lid geword