Jongste aktiwiteit:

heimat: ʼn sonnet

my ou woltrui bly soms agter in my kas
terwyl ek deur die nuwe wêreld wroeg
die kleur is glo passé die styl word vermy
vir dertig jaar alreeds

beter om meer buigsaam om te gaan
iets meer modern aan te glip vir gemak
geen afkeur geen gekopskud en geklik
van tonge en geen dutchman-grappe nie

maar ek reik gereeld na diep agter in my kas
hou die gefrommelde woltrui teen my wang
asem sy bekende geure diep diep in
trek hom aan en sug en staan verstom
oor (selfs al krap hy soms my vel)
hoe volmaak hy my nog pas

© Cobus Kruger, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed