Jongste aktiwiteit:

Tweestryd

vryheid in gebondenheid
as jou rugbeeld al kleiner word
op die paadjie na jou nuwe lewe
huil-juig my onafhanklike afhanklikheid

duet in solostem gesing
jy was siende-blind aan my gebind
maar die vashouknoop het losgedraai
en die klippe gooi het ver uitgekring

liefde in getraande haat
as ek my vashou-uithou knip
ek laat jou gaan omdat jý wil
want jou siel het my reeds verlaat

Etna Wepener ©️




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed