Laaste wens
Waar lewe stom blom
onder die rooibruin sand
van duineland
tot reën se druppels kom
oor die duin se rand
waar die hemel kobaltblou
aan die ewigheid klou
en nostalgie op die horison
jou aan stilte toevertrou
daar waar my spore ophou
stories vertel in die sand
ónthou
dáár
moet jy strooi my as
as ek na die hemel verkas
—ooOoo—
(©Pieter Mostert)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2026 - OOP projek