Jongste aktiwiteit:

tekel


jy is geweeg
maar te lig bevind

my duin weerkaats
van eeue oue woorde
wat soveel hartseer bring
verbeurde geleenthede
wat skeure uitspoel
uit die verlede

verkeerde keuses
onsuksesvolle strewes
maar uiteindelik tog daar
al was die weg so swaar
alles self moes oorbrug
ervaar om te kon leer

soveel goeie wense
stuur ek jou my jong vriend
dat jy tog die goeie weg probeer
uit ander se foute sal wil leer
sodat jou antwoord nie
net tekel sal wees

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed