Jongste aktiwiteit:

Noenieput – Goud 411 woorde

Noenieput

Ongeveer 14 km oos van die Suid Afrikaanse grens met Namibië, in die Kalahari-woestyn, is daar ‘n klein dorpie met die naam Noenieput.  Die naam “Noenieput” het sy ontstaan as gevolg van ‘n put wat naby ‘n Noenie-boom gegrawe is.

Lewies Engels en Piet van der Westhuizen het in die 1900s die plaas Diamantputs van De Beers gekoop na hulle onsuksesvolle prospektering na diamante op die plaas. Piet  en Lewies het daar ‘n eenkamer skool van dakplate opgerig.  Later het die ouers van die leerders nog ‘n kamer vir die 13 seuns bygevoeg. ‘n Dam langs die skoolgebou is as ‘n badkamerfasiliteit vir die klompie seuns gebruik.

Tussen 1929 en 1930 word daar ‘n enkelkamer-skool met bakstene gebou en die lokaal word met ‘n muur van hout verdeel. Mejuffrou Nellie Luyt sluit by Meneer Piet van der Westhuizen aan as onderwyseres.

Na die vloed van die Molopo rivier in 1934 het mense van sover as Namibië in die distrik kom boer. Die voorsitter van die skoolkomitee Adriaan Badenhorst, tesame met Jack Fourie en Dawid van der Merwe het met die regering onderhandel om ‘n nuwe skool, en koshuis te bou. Die ou skool kon toe as ‘n kerk gebruik word. Lusernbale en mieliesakke is as stoele ingespan. In dieselfde jaar skenk Dawid van der Merwe ‘n gedeelte van sy plaas om ‘n ordentlike kerk vir die Noenieput-gemeenskap te kan oprig.

In 1939 sluit die Suid Afrikaanse Spoorweë ‘n busdiens na Noenieput in. Reisigers, pos en goedere word na Noenieput en omliggende plase vervoer. Plaaseienaars het elkeen ‘n doeksak vir posdienste gehad.  Die pos word op Maandae en Donderdae afgelewer en weer die volgende dag met terugposgeld afgehaal.

In 1950 verskuif die polisiestasie, wat op die plaas Obobobgorag gestasioneer was na Noenieput. Die Kalahari word gepatrolleer met kamele wat hulle by die Witdraai-polisiekantoor (die teelplek vir kamele) naby Askham gekry het.

In 1953 word ‘n nuwe kerk op ‘n stuk grond op Noenieput, wat deur Adriaan Badenhorst geskenk word, gebou. Die gemeenskap het pannekoeke en kos met geleenthede verkoop om inkomste vir die fondse te genereer. Op 18 Augustus 1962 word die kerk ingewy.

Met die bou van die R360 pad na die Gemsbok Nasionale park en die sluiting van die Namibiese grens het Noenieput gesukkel om ekonomies te oorleef. Die skool is in die 1990’s gesluit en deesdae word die plaaslike besighede in Noenieput slegs deur die paar oorblywende boere ondersteun.

Kopiereg Amanda de Meilon

*Bron Inligting  – Wikipedia Vreemde dorpsname




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak