Jongste aktiwiteit:

Tannie Baba en die Bagasie

Tannie Baba en die Bagasie

Ek onthou haar goed, die tannie met die gelapte rooi hoed.

‘n Boervrou van formaat, het sy haar kinders streng grootgemaak.

‘n Rasperstem en grys boor-oë was haar kenteken.

Een oog op die dop, die ander op ander se lewens.

Nie om te krap nie, maar om te kan help.

Almal se laste het sy gedra, soos gepakte tasse vol bagasie.

Mond gesnoer, tong gebind…

Ander se stories sou jy nooit by haar vind.

Geheime het sy bewaar, soos skatte wat sy in harte gebêre het.

Sou jou laaste dag aanbreek, het jy geweet Tannie Baba is langs jou bed.

Sy doen selfs saam met jou die laaste gebed.

Die dorp sou haar oordeel oor haar slukkie te veel.

Maar sou die nood hulle knyp, het almal geweet ou Baba sal betyds daar wees.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed