Vrou van die wind
Vrou van die wind …
Min kon haar verstaan … soms ’n briesie, soms ’n storm, het sy deur baie mense se lewens gewaai.
Die smaak van sukses het sy geproe, tog het sy die gat van leemte in haar hart gevoel.
Die lewe se wind het haar self ook rondgewaai, soos ’n papiersak in ’n warrelwind laat draai.
Skielik was haar winde stil, die vrou van die wind was weg. Ek het gewonder: het die wind haar weggewaai?
Een aand laat bid die boer vir ’n bietjie wind en dink aan haar.
Haar stem antwoord terug sonder wind, maar met strome waters van rus.
Iewers het die wind haar neergesit en daar het sy haarself en haar God gevind.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.