Jongste aktiwiteit:

Dawid en Jonathan
vir

Dawid en Jonathan

‘n  Oubaas daar uit Pelgrimsrust se wệreld bel my en hy sê vir my hy wil my ‘n leeustorie vertel wat vir hom ‘n besondere boodskap inhou.

Ek sệ: “Maar Oom, lat ek hoor wat die boodskap is.” Hy sệ nee, lat by eers die storie vertel; dis uit die mond van ‘n oorlede ou oom van hom.

Nou, die ou kêrel vertel lat toe by vroeër dae daar in Pelgrimsrust se wereld ingetrek het, toe was daar vrees¬lik baie ongediertes. En kort-kort dan pla daar die een of anner ding – veral die leeus.

Hy sệ maar hy boer vorentoe, en later het hy ‘n lekker plaas en ‘n gerieflike huis en ‘n buitekamer en ‘n waen¬huis en ‘n skuur. En dit gaan goed. En die leeus is later redelik uitgeskiet en die wat oorbly, is sommer heel skaflik.

Hy sệ en toe op ‘n dag begin daar sommer ‘n on¬smaaklike vangery net toe hy meen hy kan nou maar vergeet van die leeus. Dan’s dit ‘n koei en dan’s dit ‘n os en dan ‘s dit ‘n kalf. En sommer kortby die huis ook. Hy sệ en een more lê daar ‘n kalf, jy kan sệ op die werf doodgebyt en opgevreet.

En hy en sy volkies kyk daar rond en hulle kry die spoor. Toe’s dit nou net na so ‘n motreëntjie. Die ou sệ en hy gryp sy Mauser en hy en ‘n paar van sy mense vat die spoor en in ‘n ruigte teen ‘n klipkoppie kry hulle die leeu. En hy sệ met ‘n geluk gee hy die boosdoener ‘n dood¬skoot.

En hulle kom nader en toe sal hulle nou maar sien dis ‘n leeuwyfie, en sy het melk. En hulle soek daar rond en hulle kry haar boerplek en so kom hulle op ‘n welpie af. Die oubaas sệ en daar’s die ma dan nou dood en hier’s die pragtige, onskuldige klein leeutjie totaal moeder¬loos. Hy sệ en ‘n vreeslike jammerte en hartseer oorval hom daar. Hy sệ: so lat hy al sy beeste wat al opgevreet is, vergeet en die leeus vir alles vergewe. En hy besluit hy gaan die wesie aanneem. En hulle vat die klein leeutjie huis toe.

Hy sệ en hulle het dae lank gesukkel en proefnemings gemaak voor hulle eers afkom op die regte dieet vir hom. En dit was nie lank nie, toe het die leeutjie heel goed ingepas by die huishouding. En die leeutjie maak so met verloop van tyd maats met almal – met die ander huisdiere ook. Maar sy boesemvriend is die hansvark.

Die oom sệ en die bure en ander mense wat kom kuier, het begin waarsku. Hulle sệ vir hom: “Jong, jy maak hier ‘n adder aan jou boesem groot. Eendag is eendag en dan neem die leeu se natuur van hom besit en dan oorwin dit oor hierie vreemde kultuur, en dan  weet jy nooit wat hy aanvang nie. Dis ‘n verkeerde liefde hierie wat jy vir die ding het.”

Die ou sệ en die leeu is later ‘n halfvolgroeide leeu¬mannetjie en die hansvark is later so groot en vet dat hy, jy kan sệ, sy gewig in ivoor werd is. Hy sệ maar wie eet nou ‘n hansvark?

En buitendien is die twee toe al soos Dawid en Jona¬tan, en hulle het toe ook al in die familie die name gekry. En hy sệ: Eenmaal moes ‘n Dawid met smarte en hartseer ‘n Jonathan verloor. G’n mens durf dit weer laat gebeur nie.

Hy sệ en die predikant kom daar op huisbesoek. En die het hom vreeslik gekapittel. Hy sệ vir hom: “Broer, dis ‘n bose ding wat jy hier doen.” Hy sệ vir die oom: “‘n Leeu is ‘n wille ding, en hy hoort in die natuur. Nou’s hy soos ‘n goeie hond, maar die dag gaan kom lat hy nie meer so trou is aan jou nie en lat hy getrou word aan sy aard. En die een wat jy die liefste het, die ontneem hy dalk vir jou.” En die name staan hom ook nie aan nie, se die predi¬kant. Dis een ding om Dawid ‘n leeu te noem, maar dis ‘n anner ding om ‘n leeu Dawid te noem. En om ‘n vark Jonathan te noem – nee, dit mag net nie. Die oom se en hy’t gewonner of die dominee nie tog reg had nie. En hy’t so in die stilligheid gehoop daar kom weer leeus in die omgewing lat hy kon sien of Dawid nie dalk in sy eie mense belang wou stel nie. Maar toe hy wens daar kom leeus, toe kom aas nie eens een daar in die omgewing nie.

Hy sệ en wat kon hy dan  nou verder doen? Want op die werf het almal vir almal lief: hy en die vrou en die kinners mekaar, en hulle vir Dawid en Jona¬tan, en die nog weer mekaar ook. Hy sệ en as hy dit nou oor sy hart sou kon kry om Jonathan to slag, maak dit nog nie vir Dawid minner ge¬vaarlik nie. En as hy Dawid aan ‘n dieretuin sou skenk, sou die stomme dier daar van hartseer sterf. En in die natuur sou hy ook omkom om hy vir hom¬self nie kon sorg nie. Die oom sệ en om Dawid dood te skiet, was totaal buite die kwessie. En as hy dit sou kon regkry, sou hulle met die be¬droefde Jonathan gesit het.

Hy sệ en later is al twee mooi uitgegroeide wesens. En hulle het elkeen sy eie manier van doen gehad, maar hulle andershede het hulle nooit van mekaar laat vervreem nie. Want hulle het saam rondgeloop en alles saam ge¬doen wat in ‘n leeu en ‘n vark se wêrelde eenders is. Maar die slapery was heel verskillend. Bedags as dit warm is, dan  het Dawid in die buite¬kamer op die koel klipvloer gelê en Jonathan het buite teen die muur in die skaduwee in ‘n lekker klam holte in die grond gelê. Veral as dit ietwat modderig was, was dit vir hom tog to lekker. Die oom sệ en hy’t vir hulle baie dae so sit en bekyk en dan  snaakse gedagtes gekry, want sy Mauser staan daar in die einste buitekamer. En dan’t hy met ‘n rilling gewonner of die geweer dalk eendag ‘n onmoontlike en onhanteerbare familietwis uit die weg sou moes ruim.

Hy sệ maar alles gaan goed; vir baie lank. En toe gebeur die vreeslike ding amper. Hy ry eendag dorp toe en hy kom trug en toe hy naby die huis kom, toe sien hy daar tussen die lang gras bult Jonathan se rug uit waar by aan die vroetel is. Hy sệ en hy kyk rond, maar hy sien nie vir Dawid nie. Hy sệ en hy ry nou maar so rondkyk-rondkyk aan, en toe hy so omtrent regoor Jonathan kom, toe raak die pêre onrustig. En hy kyk weer mooi rond. En toe sien hy die ding wat hy gehoop het nooit sou gebeur nie. Daar in die lang gras is Dawid besig om vir Jonathan te bekruip. Die ou se: “Maar ek is op die plek so kwaad oor die dag moes aanbreek wat ek nie wou beleef nie, lat ek die leisels daar en dan  styf pluk. “En ek knoop hulle vas. “En die pệre wil nog diekant toe en dariekant toe. Maar ek steur my nie aan hulle nie.

“Ek gryp die sambok en vlie daar van die kar of en ek dink: As jy dan nou ‘n wille nuk in jou kop wil kry, sal ek dit uit jou uit foeter.” Hy sệ en by loop Dawid van agter of by met die sambok. Hy se en hy’s so vol moordgedagtes lat by nie eens dink aan moontlike gevaar nie. Hy sệ en die leeu is ook net so, want hy is so ingestel op Jonathan se clood lat hy nie sien dat daar van agter of iemand op hom afkom nie. Die ou sệ: “Ek slaat hom met so ‘n lang hou van sy blad of oor sy ribbekas tot op sy boud.”

Hy sệ: “En toe hy opspring – pleks van tot sy sinne kom, vervies by hom vir my en hy vlie om en hy trek ‘n gevreet en hy wys tanne lat dit soos ‘n brommer lyk wat daar op sy bolip sit as jy na sy neus kyk.” Hy sệ: “En ek stryk hom hot en haar deur sy bek lat die spoeg so spat. En toe sien hy ek is kwaad. En hy vlie om en ek streep hom nog weer so ‘n slag oor sy agter¬wêreld. “En hy hol daar innie rigting van die ruigte waar ek sy oorle ma doodgeskiet het. “En ek dink: Net daar gaan jy ook bars. “Want toe’s ek darem kwaad orie ding wat ek nie wou gehad het hy my moes aandoen nie.”

En Jonathan vlug huis toe. En die oom sệ: “Ek dink: Jou lewe is gered, maar as Dawid sy lyf dan rêrig wille leeu wil hou, moet ek heden vandag nog met hom klaarspeel.” Die oom sệ maar toe het die pệre ook al weggehol huis toe. En daarom pak hy die laaste entjie pad te voet aan. Hy se: “Maar ek het net een ding in my kop, en dis my Mauser.” Hy sệ: “En ek loop bars daar hy die buitekamer in op pad na die geweer toe. “En ek slaat daar neer oor ‘n ding.” Hy sệ: “En toe ek so uit die val uit omkyk, sal ek sien dis bo-oor Dawid. Die lig toe net sy kop op en toe by gewaar dis maar net ek wat so haastig kom kuier, gee hy ‘n steun en slaap verder.”

Ek sệ vir die oom wat my gebel het: “Maar Oom, hoe bring die storie vir Oom by ‘n boodskap uit? Al bood¬skap wat ek sien, is dat daar amper ‘n lelike ding gebeur het weens nalatigheid. Want die vreemde leeu moes nie met Dawid verwar gewees het nie.”

Hy sệ: “Nee, nefie, jy kyk na die storie net so sleg soos daardie oorlede ou oom van my na die wille leeu. “Die boodskap staan so: As jy op ‘n gevaar afkom, en dit lyk vir jou na iets gewoons en jy pak hom ook of hy nie iets waffers is nie, dan  dink die ding jy’s gevaarlik, en dan  skrik hy. “Of, om dit vir jou annersterom te stel: As jy dink jy loop vir Dawid storm, maar dis allie tyd Goliat, dan  moet jy maak of jy Simson is.”




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed