Jongste aktiwiteit:

Jan en die aardbewing
vir

Jan en die aardbewing

Nou die dag was daar mos ‘n aardbewing hier in Pretoria, van alle plekke. Ek onthou dit nog so goed, ons was almal by vriende hier in Hatfield, sommerso ‘n braai en kuier, soos vriende in die geweste ook maak. My voertuig was in die garage vir herstelwerk en ek reel toe om saam met my goeie vriend Jan te ry. Nou soos almal weet, as daar kos geëet gaan word, van enige soort, dan is Jan voor in die koor, en later sing hy natuurlik ‘n ander “dreunende” deuntjie.

So ry ek en Jan die middag oppad na die kuier en ons lag nog oor die vlieg wat van stinkstuipe gevrek het die vorige week in die bakkie, toe hy my vertel van ‘n soortgelyke situasie in Mapoepallakal waar hy in ‘n gastehuis gebly het. Jan reken hy moes daar gaan werk doen, waste werk weet ek nie, en ek vra ook nie, want Jan is ’n baie privaat mens wat nie graag sy persoonlike dinge bespreek nie.

Ewenwel, Jan sê my hy is hier weg om in Mapoepallakal te gaan werk en moes daar oornag in ‘n gastehuis. Ek dink nogal by myself dat die benaming van die provinsie nogal gepas is vir hom, maar ek bly liewer stil, want dis my vriend en ek waardeer sy vriendsakp. Hy vertel dat hy daar in Witbank se geweste moes goed oplaai en daar oorslaap in so ‘n plek waar vreemdes en verdwaaldes bymekaarkom, saam eet en saam suip maar selde saam slaap. Jan sê hy doen nie sulke dinge nie, maar hy het ander “talente” en ek kan maar net wonder waarna hy verwys.

Die aand was daar blykbaar ‘n muskiet of twee in Jan se kamer. Die goed het gezing en gezoem en gezzz soos net muskiete van daai geweste kan, totdat Jan dit nie meer kon vat nie. Hy lê toe nou al ‘n hele ruk wakker as gevolg van die gezingery en net daar besluit die ou die muskietnet en die muskietgif en die sogenaamde “spesiale muskietkers” is sommer twak. Hy sê hy het so paarmaal oor sy maag gevryf, net om die ou darem ook te laat verstaan daar’s werk om te doen, en toe draai hy op sy linkersy. Blykbaar het hulle by aandete so ‘n heerlike tamatie en uie sambal gehad as bykos by die braaivleis, wors en braaibroodjies. Jan reken uie werk goed, maar wors tesame met uie is net die beste, amper so goed soos twee garage pies en ‘n coke.

Hy vertel dat toe hy op sy sy draai toe roggel dit, en toe hy so bietjie skommel en skuif toe grom dit nog meer. Hy sê hy konsentreer toe so vir ‘n minuut of twee en toe gee hy bietjie “force” net om seker te maak dinge gebeur soos dit moet, en met dié toe dreun dit. Dit dreun ‘n dreuning wat die muskietnet laat skud, die mure laat skud en die ander gaste almal wakkerskud. Toe kom daar blykbaar so ‘n onaardse donkerbruinbevlekte reuk agterna. Jan reken die muskiete se gesingery het in hulpkrete van korte duur verander. Dié is blykbaar die volgende oggend dood in die badkame raangetref waar hulle probeer het om deur die ruit te ontsnap.

Op hierdie stadium kraai ek natuurlik van die lag. Jan vertel dat die ander gaste in die gastehuis behoorlik gegas was en party het selfs die volgende oggend hul geld teruggevra. Die een vrou wou weet of daar ‘n myn in die nabyheid is wat snags met plofstowwe skiet. Jan sê hy het rustig geslaap en nie ‘n muskiet het hom hepla nie.

So kom ons toe by die kuier aan die betrokke aand daar in Hatfield. Die manne staan om die vuur en gesels rugby, die dames kuier binne op die sagte stoele, die kinders is voor ‘n televisie in ‘n ander vertrek. Almal is rustig en bedees en skielik dreun dit en als skud. Ek skrik my boeglam en storm uit die kombuis op soek na Jan. My liewe mens, dit kan mos nie so aanhou nie, die man is ‘n gas in ander mense se huis en dan gaan hy so tekere, kan hy homself nie bedwing nie, wonder ek so in die hardloop. Toe ek buite kom staan almal daar met verwondering op hul gesigte, Jan inkluis. Ek bly stil, maar ek kyk vir Jan met daai kyk wat wil sê ek gaan jou netnou moer, amper soos ‘n skoonmakyk.

Net toe draai een van die manne om en sê: “Bliksem, dit was mos ‘n aarbewing!” Weer kyk ek na Jan, en hy begin lag, trek sy skouer sop en sê laggend: “Hey Tjomma, ek is goed, maar ek’s nie so flippin goed nie”

 

© Grootvissie

Julie 2017




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed