Koos Kombuis
Lisa se klavier
Ek het ‘n vriendin ver by die blou see
Teen die hang van Tafelberg, as die son sak, speel sy die mooiste melodiëe
Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange, verstaan die hart se diepste smart
Koortjie: (x2)
Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se Klavier
En Lisa kannie ophou as sy eers begin het nie,
En sy laat my nooit huistoe loop of afskeid neem voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon, ek drink haar appelkoostee
Kyk uit na Kaapstad in die nag, die liggies, en die swart, swart see
Koortjie (x2)
En onder op die sypaadjie, sien ek die bergie en sy maat
Staan op en opkyk ver na bo, vanuit die vullis van Oranjestraat
Hul ken al lank die klanke wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf, met die deure oop, al moan die bure ookal hoe,
Word Lisa elke boemelaar se droom
Koortjie
Onder in my whiskey glas
Onder in my whiskey glas sien ek jou weer
onthou ek hoe ons was, maar nou’s my hart so seer
Die kroeg se deur is toe, wasem hang in donker lug
Ek lig my glas op om te proe, maar voor my sien ek jou gesig
Koor
Onder in my, onder in my,
onder in my whiskey glas
is jy nog aan my vas
Ek het jou verruil vir die droom van ‘n duisend kontinente
maar nou sien ek my glas se boom en ek tel my laaste sente
Jy’s orals in my hier vannag, ek voel jou in my lewe
whiskey is hard en jy is sag, jy is bo drank verhewe
koor
Drie skepe moes my wegvoer na lande ver van hier
maar daar’s skimme op die vloer en visioene in my bier
Ek weet ek was verkeerd gewees, my oë traan, my maag wil draai
my drome was nog vis nog vlees, drie skepe het my hart verraai
koor
Kake van die Leeu
Ons is die profete van ‘n arm, arm tyd
Ons wandel in die strate van vergetelheid
gebore in die storm, gelouter deur die dors
vasgevang op stadsbalkon tusse pitte en gemors
Chorus: ons is die troebadoere, die dwangarbeiders
die priesters van ‘n eeu
ons hardloop en ons juig
in die kake van die leeu
dis die millenium van bedrog, die kurwe van ‘n geel seisoen
waar liefde skaars en goedkoop is, ‘n gesuigde ou lemoen
en veraf op die einders hoor ons hienas skel lag
maar ons skryf donker gedigte in die dieptes van die nag
Bridge: verland jy na die son in die Noorde
wens jy ook vir groter krag as woorde
sien jy die spieels in die basements van verlang
slaan jy ook die dromme in ons land se swanesang?
barokbekfluitjie in e
my nooi is in ‘n nartjie
my ouma in ‘n fles
‘n berggaans het ‘n veer laat val
en nou’s hy semi-bles
the rise and fall of the afrikaans empire
“You reached for the secret too soon –
You cried to the moon” PINK FLOYD
Langs die ou grondpad
Het ‘n doringboompie gestaan.
Ossewaens en Model T’s
het elke week verby gegaan –
Families het later
Piekniek gehou in sy skadu,
By die water
Van die stroom
Met hampers en kiste bier.
So is die Afrikanervolk gebore;
Babalaas en loom,
‘n Burp wat eggo
Verby dorindraad, blokhuis
En die verveelde doringboom.
Geen Engelse wa het hom vertrap nie –
Hy het homself ingeperk, verdors, verknel,
Toe, op ‘n dag,
Die bouers in hul blikhuisies kom werk
Aan ‘n nuwe hoofweg; glad en snel
Vir môre se toeriste
In hulle fur-en-chroom-ses-silinder-doodskiste
Vandag weet niemand van die doringboom
En slegs ‘n skelet
Is sigbaar in die nag
En, as jy naby genoeg stap
Tussen die kliperts en die kriekies
Hoor jy nog die gelag van kinders
Waar families vleis gebraai het –
Die doringboom is dood
En gister se geskater
Met blikkoppies by die water
Is versteen vir ‘n nuwe nageslag
In muf swart bladsye
En geel kiekies.
‘n Stukkende stofpad
Bak nog agtermiddags in die son
Met disselbos en klitsgras geplavei
As afgeleefde monument
Vir reisigers uit die ou tyd
Maar ‘n eeu moes end
En inkeer op homself, going, going, gone…
Stil, herders van die volk, leiers van die warboel-trekkery
Want die era van die doringboom is klaar verby.
Johnny is nie dood nie
onderkant die wind by die spoor, by die spoor
hang jou reuk in die lug wat na trane ruik
onderkant die wind by die spoor, by die spoor
onder hierdie maan le my vriend se lyk
met ‘n storie op die voorblad,
met ‘n kiekie van ‘n kar, net ‘n byline
maar by nr22 is dit stil
by nr22 was die laaste pil in die pipeline, in die pipeline
Koor:
Johnny was ‘n cowboy, Johnny was ‘n rushkop
Johnny, Johnny, Johnny maak ‘n groot geraas
Johnny was ‘n genius, Johnny was ‘n fokkop
Johnny, Johnny stadig nou, Johnny,Johnny kap dit flou
Johnny is nie dood nie, Johnny is nie dood nie
Johnny is nie dood nie, hy’s net uitgepass
Onthou jy nog die aande daar in Birdstraat, Birdstraat
Onthou jy nog die maande van fokkol doen en kak praat
Onthou jy liewe jesus met sy vuil blou jeans
tussen asbakke en bottels, al daai weird, weird scenes
weet jy dalk die rede hoekom is dit alles oor
weet jy dalk die rede hoekom ons jou moes verloor
is daar hoop vir ons wat oorbly, is daar troos vir al die junkies
kan ons doen wat ons wil
is daar ‘n lig daarvoor, of is die party oor,
is daar buttons in die hemel
koor
Lente in die Boland
Daar’s ‘n dorpie wat ek ken daar tussen die blou berge
En die lower van die eike oor die straat
Dis die land van Adam Tas en Simon van der Stel
Waar die mense van Gauteng soos die Capies kan leer praat
Dis daar waar ek gewot het, ek het daar leer skryf en lees
Maar die meeste van die tyd was ek in ‘n party gees
Wie kan die werk verstaan, wie kan die drank weerstaan
As die onderdorp jpou roep vir ‘n groot, groot fees
Koortjie:
Dit was lente in die boland, in ons mees gesuipte jaar
Daar was Tassenberg in elke glas, al die hormone het baljaar
Stellenbosch was niemandsland, eksamens ook net om die draai
Maar ons was jonk gewees en ons was dronk gewees
Die hele lewe was ‘n bring en braai
In die Akker en Die Dros het ons oor naweke gedrink
en vir vriende en mooi meisies hulle glase vol geskink
Na die riviertjie by Die Laan het ons al steierend gegaan
om te kafoefel en te vry in die lig van die maan
Ek het haar daar ontmoet, sy was so oulik en so soet
Die nooentjie van my drome, ja, dis waar
Nou woon ons in ‘n huisie, maar ek onthou nog daardie wysie
Van die gejol en die gefuif van ons beste jaar
Koortjie
Liefde uit die oudedoos
Ek wil lewe in jou skaduwee, ek wil jou blik oor alles voel
Elke oggend as die son opkom, oor my bed en kas en stoel
Ek wil weet net wie en wat jy is, ek wil jou fyn maal op die wal
Ek wil jou rook soos goeie kruie uit die diepste, diepste dal
Ek wil jou dophou as jy luister na die woorde van matrose
Ek wil saamgaan op jou strooptog, ek wil deel in jou psigose
Koortjie:
Kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans skadeloos
Kind van sonde, kind van troos, kind van Liefde uit die Oudedoos
Ek het ‘n suster net soos jy. Sy dwaal rond in ou, ou gange
tussen prente en portrette, en wardrobes van verlange
Die hemel is in LSD. Die hel ook as jy my vra
Die paragrawe wat jy brei, is ‘n trui vir Mamma Afrika
Ek wil jou rondwys in my hart, maar jy mag dit nie onthou nie
Die knoppie is op pause, maar my boude is nie blou nie
Koortjie:
Kuns is edel, kuns is boos, kuns is nogtans Goddeloos
Kind van sonde, kind van troos, kind van Liefde uit die Oudedoos
Dis ‘n bitterbessie dagbreek, dis ‘n uitroep komma-punt
Mabalel is huistoe, want sy mis haar eie kind
Ek wens ek kon jou teken met ‘n koukie of ‘n kwas
Ek wens ek kon onthou hoekom ek so bewerig was
Ek wens ek kon jou oopskryf, met my balpunt pen behaag
Ek wens ons kon saam wakker word in ‘n youth hostel in Praag
Koortjie:
God is edel, God is boos, God is nogtans skadeloos
Kind van sonde, kind van troos, kind van Liefde uit die Oudedoos
Lalie
Lalie, jy’t vir my gesê, so lank soos die lepel in die papbord lê,
Solank soos Ouma nog kleinkinders wil hê, sal jy my by jou laat lê
Maar Lalie, nou’s dit donker maan, en daar’s goed wat ek nie kan verstaan,
Wat nou gebeur het, was mos nooit ons plan, Lalie, jy weet jy erf my van
Lalie, amper is nie stamper, en wie dra nou jou yellow jumper,
Daar’s ‘n nuwe sticker op jou bumper, daar’s ‘n ander ou wat jou nou pamper, pamper
Lange nagte’s jy al fort, lange dae wat weke word
Ons pap begin al koud word innie bord, Lalie, life is gans te short
Ek sien jou Sondags oppie stoep, en ek sweer jy hoor die dorpseuns roep
Lalie, Lalie kom tog terug, true love druk deur soos ‘n poep, poep, poep
La-la-la-la
Jou boyfriend dra jou rose aan, maar roos blare sal gou vergaan
En stadsgedruis mos straks verslaan, soos seker soos ie lepel innie papbord staan
Lalie, kom terug na die veld toe, stuur hom terug na die land van geld toe,
Ek was van hoeka af jou held, toe, Lalie, stuur hom na sy hel toe
Mmmmmmm
Lalie, jy’t vir my gesê, so lank soos die lepel in die papbord lê,
So lank soos Ouma nog kleinkinders wil hê, sal jy my by jou laat lê
Kytie
Ek onthou haar nog soos gister. Vandat ek so klein was, was sy daar gewees.
Met haar oë soos Kafferbier laat sy jou dink die Mona Lisa was dalk bruin gewees
Kytie Adams was die vrou geïnstalleer in ons kombuis
Sy kon dishes doen en klere was, die kinders oppas en vir ons maniere wys, maniere wys
Koortjie:
Kytie, Kytie, Kytie, jy’t nie verniet vir 20 jaar by ons gebly
Kytie, Kytie, Kytie, jy was nie net ‘n meid nie, maar ‘n ma vir my
Kytie was ‘n klimmeid, toe’t my ma-hulle haar gevang duskant Riversdale
Nuwe klere en Gesangboek, vir die weerlig was sy bangbroek, maar sy’t nooit gehuil
Sy kon lekker lag en speel met my, ‘n troos as alles opfok
Of die bure se familie oor die draad baklei, oor die draad baklei
Koortjie
Later het die skottelgoed net skielik vuil gebly.
Kytie was oorlede, die dokter sê sy het swaar gely
Haar ouma so vol kreukels het gevloek met spierwit kneukels
By die hostel het haar familie gewag dat ons kon bye se soos tevore
Maar my pa kon nie besluit nie, waar kry ons nog ‘n Kytie?
Niks meer mieliepap ontbyt nie, waar kry ons nog ‘n Kytie?
Toe’t ons verby gery, verby gery
Koortjie
Maar ek onthou nog hoe’t sy my vol Puretee gevoer
Pens en pootjies op die tafel, “Oop jou bek klein baas, dis lekker”
Etiket se moer, etiket se moer
Koortjie
Atlantis in jou lyf
Op die reis deur die woestyn verdwyn ons trane in die sand
Op die gravelpad na die see soek ek die unicorn se strand
daars ‘n roos in elke doring en’n leuen in elke feeverhaal
Hierdie oomblikke van waarheid glim soos neon deur my taal
Ek weet jy’s hier iewers in die klei van afrikaans
maar ek ken nog nie jou naam nie, jy sing waar die flaminke dans
Koor:
Jy’s die voodoo wat my vashou
jy’s die vloek wat my laat skryf
die Sahara’s in jou oe
en Atlantis in jou lyf
Ek sien die buitelyne van jou skip, ek lees jou kaart so dof
Jy’s ‘n ruine tussen klip, ‘n rivierbedding vol stof
Ek grawe kaalhand in die grond op soek na woorde en witblits
maar Vader Tyd se uurglas sak soos ‘n deurkosyn in Luderitz
Al volg ek jou lugspieelings deur die rotsblokke van smart
val die reen steeds oor my pyn en is dit winter in my hart
Koor
Op reis deur die oestyn verdwyn ons trane in die mis
ons verruil ons laaste pyn vir wilde liefde op die ware kus
Ek volg jou spore deur die vure waar droee geraamtes lag
my drome flikker soos die vure van oases in die nag
Koor
Boer in beton
Ek’s ‘n Afrikaner in die stad, ek dra my masker in De Kat
deur donker stegies en geboue, vat vyf, my bra, vas vat
maar iewers in my onder bewussyn sien ek nog die Karoo sonskyn
waar die springbok troppe spring hoor ek die grensdrade wat sing
Ek rook tuisgerolde fags, ek lees al die unbanned mags
ek gaan nooit klubs toe nie, nie eers in drag
Koor:
Ek’s ‘n boer in beton soos Oom Paul in ou Kerkplein
niemand weet van my pyn, want dit is goed vermom
ek’s ‘n boer in beton (x4)
Daar’s ‘n ketel wat nog kook, daar is junkies wat nog rook
iewers in my klink die stem van Antjioe Krog en Breyten ook
elke voorvader ‘n pionier maar ek weet ek hoort ook hier
al sit ek laat in kroee rond en ken ek skaars die reuk van grond
Daar’s iewers nog ‘n boerestoep, daar’s iewers velde wat nog roep
my handpalms is wit soos jy, ek bedel troos waar ek kan kry
Koor
Swart September
Plant vir my ‘n Namibsroos, verafgelee Velvitchia
hervestig hom in Hillbrow en doop hom Kayalitcha
September is die mooiste, mooiste maand
viooltjies in die voorhuis en riots oral in die land
Die aand was vrolik om die vure, Gatiep was olik by die bure
Die tyres het gebrand daar aan Mannenburg se kant
al die volk was hoenderkop, die Caspers was vol guns gestop
en die vroue by die draad het eerste die gedruis gehoor
tjank maar Ragel oor jou kind, die boere het hom doodgemoer
Groot masjiene oor die land, September ’84
die seisoen wat brand en aanhou brand,’n lente bleek en dor
waar swartes sonder pas nog skuifel langs die mure
en Niemandsland se as nog waai oor Niemandsland se vure
Die swarte sonder pas, ja die swarte sonder pas
skuifel langs die mure, verlustig hom in derde klas
In Langstraat waar die cafes nog oop is tot laat in die angry nag
het ek my dolla slap tjips gaan koop ek moes half an hour staan en wag
Van Tafelbaai tot in Transvaal loop hensoppers weer deesdae kaal
maar is jy wit, bruin, swart of geel, kak almal in die symste taal
Sou jy haar nog liefhe, die ongerymde moedertaal
besef jy sy’s met clones en pigeons landwyd op die paal
Oooe, die hart is bitterkos, oooe, met pap en wors
dat liefde so tot haat kon gis, dat reforms so kon afwas
Gonna, AIDS en sifillis groei wild waar eens beloftes was
Groot masjiene oor die land, September ’84 wat oorkook in ‘n noodtoestand
‘n lente bleek en dor
waar swartes sonder pas nog skuifel langs die mure
en Niemandsland se as nog waai oor Niemandsland se vure
Travel in staail
Maak los daardie boortjie en haal af jou das
want dies nie die bloutrein nie ons ry derde klas
gooi weg daardie soetkys en drink liewers Tas
dis nie goeie wyn nie, dis nie goeie wyn nie,
maar dit proe eerste klas
Koor:
So you can wear, so you can wear my shoes, bra
and walk one more mile and walk one more mile
ons woon hier, ons woon hier, ons woon hier in Afrika
ons travel in staail
Jou ma’s ‘n ousie, jou pa dra nog pas
los jou politics by die huis, don’t make such a fuss
If you were my brother, I must be your friend,
we’re stuck on this railway line to go to the end
Koor
Die Gypsy in jou oë
Ek hou nogal van jou, en jou liggaam is okay
Die plek waar jy nou woon is nogal nice vir my
Dis fine as jy hier rond is, ek like jou, dit kan jy maar glo,
Maar ek’s net werklik verlief op die Gypsy in jou oë
Koortjie
Ek’s crazy, crazy, crazy, al my vriende sê ook so
Maar dis nie my skuld nie, wat wou, dis daai Gypsy in jou oë
Daar’s altyd koffie op jou rak, en lekker goed in jou kombuis
Jy maak my stadig mak, maar ek raak net meer uitgespace
Hoe meer jy stilsit, hoe meer wil ek weghol,
saam, tot waar ons so windvry kan wees
Voëls wat ver vlieg soos daai Gypsey in jou oë
Elke mens het ‘n obsessie, en myne is nie jy nie,
Maar troos jou daaraan donker kind, ek hoef nie verder te ry nie
Want iewers, iewers tussen ons maak ‘n fantasy my skoon bewoë
Dis daardie vreemde mens diep in jou, dis daai Gypsy in jou oë
Koortjie
Jou gesprekke is heel gangbaar, jou company is nice
Ek hou van saam uitgaan, en saans ruik jy na sugar en spice
Maar jy bly ‘n pel, niks meer nie, die feelings is maar sus en so
Tot die oomblik dat ek connect met daai Gypsy in jou oë
Jy dink dat ek jou liefhet, want ek volg jou waar ek gaan
Maar ek wag vir daardie oomblik, total eclipse van son en maan
Ek’s verslaaf aan toorkunste, magic van onder of van bo
Ja, ek hou die hele aand dop, net vir daai Gypsy in jou oë
Koortjie
Ek vra my dikwels af waar die wonderwerk vandaan kom
Is dit ‘n wingerd in die Boland, of ‘n mite in beton?
Hoe kan jy so ver wees en so naby tegelyk?
Ja, so ‘n raaisel van ‘n tweeling, wie’s die Gypsy in jou oë?
Verslaaf aan ruk-en-rol
Ek word wakker in die oggend langs ‘n Guiloises-blonde
My eerste koppie koffie is moer ongesond
Sewe lepels suiker vir my klem-in-die-kaak,
‘n lyn cocaine en Benilin na smaak
Ek is verslaaf aan reggae
Ek’s verslaaf aan soul
Ek is verslaaf aan Kent, JPS, Paul Mall
Ek is verslaaf aan Worcester-sous en Welconall
maar die beste van die lot is die ruk-en-rol
Koor:
Ek is verslaaf
Ek is verslaaf
Ek is verslaaf aan ruk-en-rol
Wil jy weet wat my geheim is,
waar kry ek my idees
Ons moet eers kyk wat’s die skedule,
dan die klein skrif lees
Daar’s ‘n tot in elke drankie
Daar’s ‘n skop in elke trek
Daar’s baie goed wat jou laat uitpass op die regte plek
Ek is verslaaf aan tiete
Ek’s verslaaf aan ….
Ek’s verslaaf aan alles wat my siel verwoes
Ek’s verslaaf aan alles wat te koop is in die Somerset Mall
maar die beste van die lot is die ruk-en-rol
Koor
Was ek al quite sober iewers in die land
Was ek al op ‘n paartie sonder ‘n drink in my hand
Gee my nog ‘n slukkie
Gee my nog ‘n pull
Gee my nog ‘n stukkie van daai opstyg-afkoel
Ek is verslaaf aan drank
Ek is verslaaf aan zol
Ek is verslaaf aan alles wat eindig met ‘n ol
Blameer dit maar op Ringo
Blameer dit maar op Paul
Blameer dit op die beat van die ruk-en-rol
Koor
Sukkel-sukkel deur die dag
nood apteke in die nag
maar dis die hospitaal en AVBOB
wat die laaste lag
Hangovers en kopseer
fokol werk en fokol geld
steroids vir die eindstryd
Maradonna is my held
Ek is verslaaf aan techno
Ek’s verslaaf aan jol
Ek is verslaaf aan whiskey
en aan alkohol
Ek is verslaaf aan couch-rugby en leopard-crawl
maar die beste van die lot is nog die ruk-en-rol
Koor (x2)
Ek is verslaaf….
FLORAUNA
Ek wil vir jou ‘n gewelhuisie bou
in die boland van my hart
met ‘n peerboom in die tuin
en vaatjies wyn in die kombuis
en ‘n tuinhekkie met krulle
en boekrakke met sartre.
ek wil vir jou ‘n gewelhuisie bou
in my onderkaap van smart
met skepe in die hawe
en donssaad op die berg
en jy, in lewende lywe
op die stoep, in jou kombers
in die winterboland van my hart.
jy kom van ‘n groot glaskasteel
met kandelare en wolkatte
en toffies toegedraai in bordjies
en poedels op plaveisel
jy’s ongewoond aan kaapse weer
jou tekkies is geparfumeer
maar ek wil vir jou my lewe gee
in die wit afdophuisie van my hart.
BLOU I
Al lê die berge nog so ultra-violet
(iewers op die spektrum tussen twyfel en gebed)
Weet ek eind’lik wat presies ek aan jou het
En hoekom hierdie skema nooit sal werk in ’n sonnet
Jou kombers en my matras en almal se rymdwang
Is beter as die grappe wat my oupa nooit kon vang
Maar daar’s soveel redes waarom ek na jou verlang
Maar dis eintlik net verskoning vir hierdie samesang
Viooltjies in die voorhuis, gangsters in die straat
Die tyd is lankal ryp, ons moet nou begin praat
Oor die plek van Afrikaans in hierdie stotterstaat
Tussen boewe en betogers trek ons digters (kort van) draad
My nooi is in ’n nartjie, my ouma virtueel
Ons kinders weet nie hoe om Hammond-orrels te bespeel
(Wat het geword van saamsing-aande, wat het geword van vrugte-steel?)
Die FAK se liedjies is verbleik, vergeet, vergeel
Maar nogtans sal ons jubel, nogtans sal ons drink
As Voëlvry tevergeefs was, is daar altyd nog die blink
Hotelle van Sun City waar dobbelaars rinkink
Of die sterre in die Melkweg wat my aan dié vers laat dink:
Al lê die berge nog so
BLOU II
ek wil die see ruik
tot die ganse oseaan
soos ’n spieël binne
-in my hart kom
nesmaak met al sy sout-
reuke en vissersbote en
wilde woeste wind en die
blou, die blou, die e-
wige blou van die uit-
spansel troos en broos
gedagtes aan ruwe toue
en skulp-oorgroeide ankers
en die ganse tafereel
van wit wolke, turkoois
tirades en die geel
eindelose strande van
al my uitgestrekte kin-
derlike gebede om lafenis,
vertroue en wandelinge
langs die water van rus
en vrede
en son
en nat tone
myne
joune
anemone
amen
Lady van die Bodorp
Ek kuier in jou voorhuis tussen mikrogolwe se gesuis
Jou pa rook pyp, jou ma is kuis and each status symbol’s in it’s place
Julle kennis en kultuur, die wys in elke meubelstuk se prys
Jou broer studeer nou in Parys, jou ouma maak groentesop en vleis
Die bediende is ‘n mental case in die nuut her-ontwerpte hout kombuis
Ek het jou op Koelbaai ontmoet met “Frankie goes to Hollywood”
Met ons eerste soen was ek vol moed, al was my klere vol stof en roet
Van Langstraat, Hillbrow en Goodwood, daar was olie vlekke op my hoed
En my hande was vreemd en benoud op jou sagte lyf, jou asem soet
Jou aksent en jou mooimaak goed, teen al die ander was jy tog te cuteKoortjie:
Jy’s my Lady van die Bodorp, jy verstaan
My Lady van die Bodorp na wie ek snags kan gaan
Jy’s my quality en class, jy maak liefde sonder om te raas
Ek maak nooit weer ‘n ander pass
Toe het ek julle buurt leer ken, almal was mal of into Zen
Ge-patchde T-Shirts, jeans, Hang-Ten, in elke sweater sak ‘n blink vulpen
Almal smile so vriendelik en vra my wie’s nou sonder pen
Nou’s ek nimmer meer alleen, want ek weet ek het jou hart gewen
Dis soos ‘n sprokie van Hans Andersen, ver van gewere, haat en sten
Hulle ken van Classics en Jacques Brel, hulle weet hoe om boudoir te spel
Hulle lees boeke soos “Een vir Azazel”, en gesels oor Sartre se private hell
Hulle is vriendelik as jy hulle bel om jou al die nuutstes te vertel
Van so en so se “kiss, don’t tell”, jou paspoort is jou ryk, wit vel
Selfs die professore is jou pêl, dis so anders as in Brackenfell
Koortjie
Daar is baie ander net soos jy, wat met hulle Japanese tape-decks ry
Wat partytjies hou en warm vry op champagne breakfasts en Cabernet
En almal gaan ryk erf soos jy, elkeen dra tekkies en ‘n oorhangtrui
Hulle gesprekke gaan oor fuifery, wind surfers, sauna’s en perdry
Hulle doen kursusse in pottebakkery, en ken die werk van Claude Monet
My Lady van die Bodorp, dit promise ek vir jou,
Solank jy straight bly, sal ek altyd van jou hou
My liefde sal jy nooit berou, ek sou al gewaai het as ek wou
Maar ek is moeg van swart en blou, ek kom nog onlangs uit die kou
Met jassakke wat toppers binne hou, hoe kan ek weggaan, selfs al sou so iets gebeur?
Laters of nou, wie anders kan ek in my hart vashou?
Koortjie