Jongste aktiwiteit:

Die water sak en ek gaan jag so bietjie
vir

Die water sak en ek gaan jag so bietjie

Die sand wereld van Botswana het die waters opgeslurp en dit het my drie dae by Nyati vasgehou wat vir my baie sieldodend was. Jeannie kon my irritasie later nie meer verduur nie en John Gleeson moes eers weer gif in sy are kry, my boesmans was lanklaas in die veld en daar was n baie primitiewe groep siekelike boesmans in die basis. Hulle was regte !Kung boesmans maar van n ander stam en hoe meer ek die mense gesien het, hoe minder het ek geweet en hoe meer het hulle my deurmekaar gemaak. Die spul se honde was baie maer en ek en Bruce het die arme goed gedoseer en gedip en ingespuit vir siektes en genoeg gegee wat ons kon gee. Boesmans was gewoonlik erg oor hulle honde want hulle het gejag met hulle en was tot n groot mate afhanklik van die spul maer brakke. Die mense was siek van malaria en nagana en die nonne het hulle dae gehad om te probeer lewens red wat hulle mee baie goed was. Die spul was bykans almal getatoeer met sulke blou strepe op die gesig en selfs op die rugte en sykante en het baie verwaarloos gelyk. Hulle het die seekoei en krok wat Piet geskiet het verslind en Katwindi het n waterbok bul gebring wat hy gewoonlik gedoen het as hy so effens keelvol was en die het hulle baie slim gerook met nat Mopanies. Katwindi het gese dat hulle toordokter nog in die heuwels agter die basis was want hy was te bang om in te kom weens my houding teenoor die wesens. Ek het vir Jan Hugo opdrag gegee dat hy die man moes laat haal en die reels verduidelik aan hom. Sy toor gemors kon hy in die veld gaan beoefen maar nie tussen heinings wat ek laat oprig het nie. Hy moes kom om ook sy behandeling te kry.

Hy het gekom en ek het teen die middag uit verveling en nuuskierigheid na die wese gaan kyk. Daar was nog genoeg vleis vir die een nag en selfs die hondepille wat die weermag goedgunstiglik afgelaai het is van domheid of honger deur van die mense geeet. Die toordokter was n ou man en kon Afrikaans praat en hy het my vertel van dele van die ou SWA wat ek geken het en selfs van die Campbell boere wat ten suide van die Odendaals by Ghanzi geboer het. Hy het my by Tsau gesien toe ons die eerste mensvreters daar nog met die Ford bakkies geskiet het. Die swerf vermoe van die mense het vir altyd n raaisel gebly. Dit was baie ver van die Chobe na Ghanzi en baie groot dele het nie n druppel water gehad nie en tog het hulle geloop en oorleef en jy kon die swaarkry op hulle sien. Dit was bykans soos die migrasie van wild waar hulle net n rigting ingeslaan het en begin loop het sonder n eintlike doel. Ek het die parke en grense aan hom verduidelik en dat hulle veilig binne die gebiede sou wees, hy het net geluister en ek het geweet dat hy hom afvee aan my. Hy het selfs die Gemsbok park geken en al vir prof. Fritz Eloff ontmoet. Hy het later aan my verduidelik dat hulle nie eintlik toordokters is nie maar genesers en dit was maar om hulle self te beskerm vir hulle ou dag dat hulle nie agter gelaat word as hulle trek en nie kan byhou nie. Hy kon ook met die voorvaders praat en die weer en maan lees en n hele spul bygelowe wat ek nie aan geglo het nie. Hy was nou by ons en moes die standaard behandeling kry en kon dit los of loop uit ons basis uit. Ek dink die baie vleis het hom gemaak bly want hy het soos n honger jakkals geeet.

Ek is na John Gleeson toe waar hy nie te lekker gelyk het nie maar sy gemoed was baie opgeruimd en sy trofee was al klaar aan die opstop want ek wou he die taksidermie manne moes dit so gou as moontlik in sy land laat aflewer en indien moontlik nog voor hy self daar sou arriveer. Dit sou n byna bomenslike poging verg maar hulle het sy toestand verstaan en sou dit net vir hom doen. Hy het sy bloedtelling baie beter as sy dokter geken en gese dat hy besig is om gesond te raak. Sy mediese man het ook gedurig gekonsulteer met mense van ander lande per satalietfoon en sy behandeling het blykbaar gewerk. Ek was baie dankbaar vir die man wie se droom dit was om n natuur fotograaf te wees, ver verwyder van die navorsing van ruimte tuie waarvoor hy eintlik opgelei was.

Selby was op die radio met my doenig. “Boertjie see that you be here tomorrow for the whole day. The United Nations are coming to have a look at the work that the South Africans did amongst the local population. Bring miss Autio and Kabous with you and you can sleep at my place. You must be here and the president and some of his cabinet will also attend the meeting, see that you bring the right clothes for the occasion. What type of clothes Oom? You be the judge of that. The officials usually wear clothes like safari suits or real suits. Just see that you are neat and respectable.” Ek het vir Kabous geroep en ek sou my boesmans saam neem sodat hulle van hulle familie kon sien by Makuku en ons sou by Selby se vorige safari plekke slaap. Van Nyati tot op Makuku was dit n nuwe pad wat hoer as die veld gebou was en dit het so drie uur geneem om te ry en ek en Kabous wat op sy eie wou ry het die middag gery en teen vyf uur by Selby gekom. Die wereld het nog baie water gehad maar meer in die vorm van panne en watergate en die natuur was normaal en alles baie mooi skoon gewas en ek het wou by my ou kamer gaan intrek waar ek by Selby begin het, dit was nie beskore nie. Sy gaste gedeelte het n groot gebou gehad waar die eetplek en kroeg was en dan ses chalets waar ek en Jeannie die een en Kabous hulle die ander een gekry het. Selby het vir Kabous altyd Kebooos genoem en ek kon my altyd vrek lag daaroor. Hy was in n baie goeie bui.

“ Tomorrow the world will see for themselves what has been done by hunters and who is the people responsible for the local communities. I believe your father will also be here Kebooos, then it will be time to see for all of them what had been done by white racists and according to Peter they will fly with the chopper as well for a sightseeing tour. Boertjie you will have to guide them and show them the gardens and the cattle flocks and everything that they must see. I am not prepared for this Oom, you could have warned me in advance. Then you would have had sleepless nights, after all, who is the U N ? You did what you did, go show them, that’s all. Easier said than done Oom. Ok Boertjie I will personally introduce all of you to these people.” Ons het lekker gekuier saam met Selby en hy kon lekker kuier as die geselskap reg was en ons het gesels oor die begin dae en selfs toe hy op ons plaas was.

Ons was vroeg op en ek het maar net my gewone skoon klere aan gtrek en Jeannie en Kabous ook en ek was nog by die boesman tuine toe die eerste mense opdaag en hulle sou van die skool gebruik maak as n plek van samekoms. Die nonne wat ek almal geken het, het die plek skoon gemaak en dit was netjies. Daar het n paar voertuie opgedaag en twee helikopters en die weermag met hulle menasie geriewe en ons is almal in die skool in. Dit was bykans te klein vir almal en ek het maar by die deur gestaan en Kabous se pa het maar verduidelik wat aan die gang was en daar is inspeksie gehou van die terreine en tuine en die kliniek en hospitaal. Peter Williams, wat nou darem weer vriendelik was met my het saam met my geloop en ons het gesels oor die landerye en die vee getalle van die inboorlinge en die hele afvaardiging was baie tevrede en toe moes daar gevlieg word. Die visie president was by en ek het met die voorste helikopter gevlieg en oor die mikrofoon maar gese waar ons was en die tuine en opheffing aan die geselskap gewys en die geweldige troppe wild beskryf en die water wat so mooi was uit die lug uit. Ons het nie twee ure gevlieg nie en was betyds vir middag ete waar die weermag baie uitgehang het en ons kon lekker eet en met die mense wat van oor die hele wereld was gesels. Dit was nie vir my nie en ek het maar en kant gestaan en die politiekery dop gehou. Die VVO manne en vroue was baie tevrede en die opheffing is as die model opheffing vir 1978 in Afrika aan gewys. Dit het ek later by pres Kghama gehoor toe hy my laat kom het.

Ek was dankbaar toe die laaste voertuie ry en ek het my boesmans gaan waarsku dat ek die volgende more teen skemer sou terug ry. Ek wou sommer met Jeannie en Kabous teen die Delta op ry tot waar ek my eerste olifant geskiet het en omdat die stasiewa genoeg plek gehad het vir Selby en sy vrou saam genooi. Dit was pragtig langs die Delta en die grasvlaktes het baie wild gehad, baie varke en lecwes en baie olifante en ook die leeuwyfies wat daar gebroei het en natuurlik die derduisende voels wat op die eilande gebroei het en hoe nader ons aan die Wildevye bos gekom hoe meer het ek weer die ou tipe hartseer in my gekry. Ons het gaan stop bykans by die plek waar ek die twee olifante geskiet het en die son het laag begin hang in die weste. Selby kon ook hartseer en romanties raak en terug dink oor dinge en hy het n wonderlike geheue gehad. Ons het uitgeklim en n whisky gegooi en hy het die storie vir almal vertel. “Did you ever thought that you would still be in Botswana more than two years later Boertjie? No Oom, not in my wildest dreams, a lot has happened since then, and I came here all the way to thank you for that. You made it all possible and you’ve made all my dreams come true. I will never be able to thank you enough. Spare your voice, give me a hug and pour more whisky. After all, this is the very place where it all started, it must be celebrated, and you are not going to cry again.” Die whisky het begin trek en hy wou my siel uit mergel. “ Did you know Jeannie that I had to wipe the tears from his face with my own hat? He could not stop crying, what a mess of a hunter I thought, crying for shooting a jumbo. He was almost lame and I had to carry him and his rifle back to the car. I almost fired him that day.” Dit was Harry Selby op sy beste, die middelpunt van belanstelling besig om iemand se siel uit te trek met n whisky in die hand. Wonderlike leermeester en baas en n man tussen die manne. Ek het hom net so lief gehad soos my eie Pa en sou my lewe lank die man met die grootste respek behandel. Hy het dit verdien.

Op pad terug het hy vertel van die week op die grens saam met my en die soldaat dinge wat so n blywende indruk op hom gelaat het en omdat ek hom “Oom” noem en nie Uncle nie. Die whisky was nou aan die praat. “ There’s a huge difference between an Oom and an Uncle, I spoke to Boertjie’s mother when we were at their place, I am telling you one hell of a difference. The Afrikaner people treats their elders with respect, something we know nothing about.” Ek het hom gelos, hy wou nou weer ou dinge ophaal en hy het dit goed gedoen, sy tong was los en hy het dit ook verdien. Ons het een van die lekkerste aande saam gehad en het alles wat ons oor wou praat afgehandel en sy administrasie was op die bol vir die eerste maal sedert ek daar gekom het want hy het n Matabele vrou gehad wat skool gehou het in Salisbury en boekhou gegee het en sy was baie knap. Haar naam was Tana en haar man het in Selby se huis gewerk. Ons het gaan slaap want ek het n hele spul honger boesmans behalwe my eie gehad om voor te sorg.

Ons is teen bykans nog donker weg by Makuku en ek het geweet dat daar baie wild sou wees langs die pad maar ons sou moes swaar diere skiet met baie vleis. Kabous se bakkie kon laai en toe ek by Nyati se afdraai kom was dit nege uur en het ek twee hartebeeste en n groot zebra op gehad en Luka het daar gewag met sy bakkie en ons kon oorlaai en Kabous kon sy reis verder voortsit. Dit was te min vir my boesmans en die verslete groep en ek en Jeannie en Luka sou met twee bakkies ry in die rigting van Tshikando Panne en van daar in n halfsirkel na die Maikalelo wat baie dig bebos was maar dit was al gedeelte waar ons nie sou vasval nie. Die veld het bykans by die dag verander en ek het geweet dat hy oor twee weke baie anders sou lyk. Ons het ook vleis nodig gehad en enige jong dier sou doen maar daar was maar altyd die eland voorkeur. Jas moes op die dak sit en kyk en ons sou reguit na die panne ry wat oos was. Ek het n baie mooi rietbok gesien en sy het saam met Jas bekruip en hom met die 270 geskiet en toe n rukkie later nog een. Dit was redelike ramme maar goed genoeg vir ons self. Ons het die bokke gebloei en pense uit gehaal en dit in die veld gelos en gery verby die panne na die Maikalelo bos waar ek geweet het groot elande geloop het en ook swart witpense wat ons nooit vir vleis sou skiet nie. Ons het sommer n weermag rantsoen pakke geneem en in die ry het sy vir ons worsies oop gemaak en Jas het my gestop.

Teen die oorkanste omaramba het n reuse blou eland bul gestaan, hy kon nooit verstaan dat ons nie sulke reuse kon skiet vir eie gebruik nie. Hy was n trofee in al sy glorie en ons het versigtig nader gery en ek het die 8mm by my gehad toe Jas weer teen die ruit tik. Verder vorentoe het twee blouwildebeeste gestaan en ek het geweet van hulle taaiheid om dood te gaan. Ek is alleen uit die bakkie met die 8mm en het dat die ander bakkies effens wegdraai en net Jas was by my. Dit was seker vierhonderd meter wat ek moes gaan tot by n groot Jakkalsbessie wat so honderd of meer meter van die beeste af was en die boom het lekker skaduwee gehad en n groot mik en stam en ons is bykans plat op die grond nader. Ons is drie maal oor leeuspore en dit het my so bietjie bekommer maar dit was nie baie spore nie, dit het soos drie gelyk. Ek kon by die boom kom en die beeste was dwars en lekker teen die son af langs n skaapwagters boom nie meer as honderd meter nie. Ek het op die stadium al baie blouwildebeeste geskiet en het geweet dat hulle swaar dood gaan en dat jy sy hart of sy werwels moes breek. Ek het hulle deur die klein Nikon dopgehou en hulle was basies dieselfde, nie trofee nie maar groot bulle en die koppe wat op en af en vir die bakkies kyk wat ver voor hulle dreun. My eerste skoot het die voortse bul laat neerslaan met n skoot net onder die oor. Toe gebeur daar n snaakse ding. Die ander een wat ons nie kon sien nie hardloop n hele sirkel van seker goed meer as honderd meter en vlak by ons verby en gaan staan by die dooie een. Hy het sy kop nou baie op en af beweeg en gesnork en ek het gewag dat hy bedaar. Toe hy die ander een se bloed ruik het hy met n vaart weggevlieg en ek het gedink dat hy nie sou ophou nie. Hy het gaan vassteek en terug gekyk en ek het hom agter die kop geskiet bietjie nader aan my as die eerste een. Ek het geweet dat dit goeie skote was maar was tog bang dat hulle weer sou opstaan, gelukkig het hulle nie. Ons het gelaai en die pad huis toe gevat.

Jeannie het langs die pad by n pan drie bobbejane geskiet vir die honde en ek het gewonder hoeveel die boesmans daarvan ook sou eet. Toe ons by die huis kom het ek vir Jas gevra om te kies tussen die vleis en soos gewoonlik het hy die esel gekies en ons het twee rietbokke gehad en ek het net snitte van die ander vir ons gehou en die res by Jan Hugo se boesmans kamp gaan aflaai. Katwindi het vir ons ook n vet gemsbok vers geskiet en ons was eers geholpe. Toe ek die eerste bobbejaan gaan aflaai, want hulle was gekuip vir kliente, het hulle gedink dit was vir hulle. Die glimlagte was groot maar toe die ander vleis kom het die gerookte waterbok vir die honde gegaan en die bobbejane ook. Die mense was siek en hulle het tog die ergste eetlus gehad wat ek nog by n groep boesmans gesien het. Ons sou moes baie jag om hulle te voed. Dit was net lekker om weer n slag iets te kon skiet hoewel die tyd nie n regte jag toegelaat het nie. Ons moes maar van die bakkies af bekruip en skiet. Die leeus het dit ook nie makliker gemaak nie. Dit was werklik gevaarlik vir een alleen jagter om in die veld te gaan waag.

18 Maart 1978




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed