Jack Mullin se buffel en koedoe
Hy was n ouer as my pa op daardie stadium en kon nie baie ver loop soos sy twee medejagters nie. Tog n baie aangename man en baie wyd belese en ek en hy kon baie ure gesels en die natuur en die jagte geniet. Selby het gewoonlik die ouer manne na my toe gestuur omdat ek jagregte binne die Chobe reservaat gehad het en dan uiteraard die meeste wild en die hoogste populasies gehad het. Wild het egter uit en binne die grense gemigreer maar was meer genoe om binne die reservaat te wees as buite. Daar was nie heinings nie en ander konsessies was net gewone beskermde gebiede terwyl ons ook toeriste met die nodige kampe gehad het. Ek was egter nog by Jakkie langs die rivier en hy het geweet van n paar modderbulle wat by n watergat gehou het wat ons Fransmanspan gedoop het omdat n Franse jagter byna daar deur n olifant getrap was net toe ons begin het by Selby. Hy het gese dat dit ses baie mooi ou manne was met een besondere een met sulke lang lae horings met diep krulle. Ek kon in die Chobe ook geskiet het maar het besluit om die buffels te gaan probeer. Luka en die boesmans moes die volgende more reg wees en ons sou in die veld geslaap het as dit moes.
Ek het weer die aand met Jack die skootplasing op buffels veduidelik en hy sou met die 375 skiet en ek met die nuwe dubbel en Luka met sy 404. Ons het ooreen gekom dat indien die buffel gekwes sou word hy sou onttrek soos Selby se reels was en ek en Luka sou die opvolg doen. Hy was tevrede en ons het vroeg gaan slaap, Jas sou my slotgeweer ook saam neem en ek wou al drie boesmans by my gehad het. Hier was leeus nie so n groot probleem soos in die Chobe nie, meer was dit ongeskikte olifante wat ook maar deur jagters en die bevolking gepla was. Die noordelike olifante het ook reeds die smarte van oorlog konflik geken en het dalk vanaf die Caprivi of Angola of selfs Rhodesie gekom. Hulle was allermins vriendelik en baie selfs wild vir mense. Die uitskiet van siek bulle het ook nie die saak makliker gemaak nie. Ben Grobbelaar wat teen die Kavango die Gwai konsessie gehanteer het, het baie probleme met olifante gehad wat net n haat jeens die mensdom ontwikkel het. Ek moes gereeld permitte vir hom uitreik vir die uitskiet van die diere. Die roofdier kopseer hier was hienas wat op die vloedvlaktes van die Linyati en die Savuti baie was en ook in groot troppe en hier sou nie nomadiese leeumannetjies wees nie. Hulle was nie opgewasse teen die die groot hiena families nie.
Dit was al Mei maand en die blare het begin val hier en daar en die wereld het meer oop begin maak na die somer en dit het die jagte makliker gemaak maar ook die bekruip moeiliker. Ek het die spesifieke water goed geken en het al buffels lank gelede daar geskiet en ons het reguit soontoe gery en ek het eers vir Luka gestuur om te gaan verken en hy het vir Jas saam geneem wat nou my slotgeweer gedra het maar nog nooit met hom geskiet het nie. Hulle was teen nog vroeg son terug en die spore van buffels was volop om die water maar ons sou moes spore neem en hulle het die groep se spore kon identifiseer en geweet in watter rigting hulle gewerk het. Rondom en naby waters is die veld maar altyd baie getrap en die weiding het gou begin skaars en yl word. Die gedeeltes brand ook byna elke winter af en dan lok dit baie diere in die somer. Groot dele is gewoonlik te kaal gevreet om te brand en dit is die kolle wat ruig word in die somer en dit bied baie goeie skuilplek vir bykans enige dier. Veral die palm eilande het net elke paar jaar gebrand omdat baie diere in die somer die skaduwee om die bome skoon vreet en daar rus.
Ek het besluit om eers vir Jack te spaar en op die spore te ry tot hulle begin warm word en dan sou hy moes loop tot ons die buffels gekry het. Jas het voor op die neus gesit en ons het baie soorte wild gekry maar ek wou nie skiet nie en n geraas maak nie. Die spore het na n uur begin warm word in die rigting van nog n watergat wat ek geken het en ons is te voet soontoe met n ompad want die wind was reg noord. Luka was voor en het die pad geken en ons moes tot by n Maroela gaan wat meer as honderd meter van die water af was. Daar was baie soorte diere by die water maar die buffels het so op die verste kant in die modder gerol en die ander het gele en herkou. Probleem was die baie renoster voels waarvan baie in die bome was en party op n klompie rooibokke en ander by koedoes. Koedoes is baie waaksaam en as hulle by die water is moet jy maar wag tot hulle loop en die voels saam met hulle loop. Die kwevoel het ook sy geraas gemaak en ons het stil onder die Maroela agter die lae takke gesit tot die koedoes weg was en net n paar wildebeeste en rooibokke oor was met die buffels wat net vier was en meer ses nie. Die een met die lae krulle het op die droe grond gele en skuins weg van ons gele en herkou. Dit sou n moeilike skoot wees wat sou moes skuins op die kortrib na die voorste been moes gaan. Ek was nie hiermee tevrede nie en ons het probeer skuif om meer reghoekig met die bul te kom. Daar was lae palms wat reghoekig met die buffel was maar dit sou n skoot van sewentig meter wees. Jack was tevrede daarmee en ons het die plek gehaal sonder om opgemerk te word. Hy sou moes sit agter die skietstokke. Die bul het nou dwars gele met sy kop na ons linkerkant toe.
Die renostervoels was nog by hom en die ander drie het gestaan en herkou en ek sou baie graag die oue wou laat opstaan, n dier wat le op sy pens skiet moeilik. Dit was maar altyd die jagter wie se senuwees op die ou end baie beproef geword het by so n lang bekruip en hy het gese dat hy die bul kon omstoot waar hy gele het. Ek het dat Luka ook aan le en beduie waar ek die skoot wou gehad het wat beide die voorbene moes breek en ook die hart moes tref. Sy skoot het geloop en dit was n warboel by die water soos ander diere gevlug het en die buffel het probeer regop kom. “Hit him again, right on the shoulder!” Luka het nog steeds terug gehou toe sy tweede skoot klap en ek die stof duidelik te hoog agter die blad kon sien. Dit het die buffel effens laat swik maar hy was nou regop en het reguit na ons gekyk met Jack wat naarstiglik die geweer probeer oorhaal. Tipies die houding van n bul met die neus hoog en die linkerbeen wat hom nie wou dra nie en hy het gesoek na die jagters wat hom seergemaak het. Die derde skoot van Jack was onder die keel in sy kuiltjie en reg in sy lyf in en dit het byna nie n verskil gemaak nie, net nog n stofkol wat wys. Hy het oorgehaal en voor hy kon skiet het die bul geval en stadig op sy sykant omgekeer en die kop het het gesak en n rukkie later het die brul/steun geluid gekom. Ek het lank so gesit met Jack langs my en gewonder of n ander kaliber beter sou gewees het. Na die olifant vir Katwindi onder stof geloop het, het Selby niks kleiner vir ons as die 40 kalibers toegelaat nie en dit moes 400 grein wees. Ek het gewonder of dit so n groot verskil kon maak en of ons nie dalk moes holpunte gebruik het in plaas van soliede punte nie. Holpunte het op katte baie goed gewerk. Ek het gewonder of ons dalk te ver was en of die geweer dalk slaankrag kon verloor het en of ons ladings reg was. Ek sou by die slag stoor wel die antwoorde probeer opdiep.
Ek en Jas het die bakkies loop haal wat so twee kilometer weg was en baie en mooi koedoes gekry en ek was spyt vir Jack se onthalwe want hy kon n baie mooi bul geskiet het. Luka was besig met die foto sessie en ek en Jas het geloop en gesels. Hy het vertel dat hulle baie baat vind by Xolile se opleiding sessies en dat hulle nou al met groter gewere moes skiet en hy wou weet wanneer Jeannie terug kom, ek kon hom nie antwoord nie. Ons het n ystervark gekry wat hy baie graag wou he maar ek het hom verbied, daar was genoeg vleis aan n buffel. Ons het die buffel gaan laai en is terug na Jakkie toe.
By die slagstoor het ek die pad van die koeels gevolg. Die eeste een is deur die onderpunt van die hart en die gedeelte het gebloei maar nie sterk genoeg nie. Die tweede een is bo oor die longe en was eintlik net n hoe ribbe skoot en die derde een wat reg van voor was het die longe en die pens geraak en is in die pens gekry. Ek het die aand met Selby gepraat oor die skiet van soliede koeels met die 375 op buffels. Hy was onwrikbaar, ons moes hou by soliede koeels. Baie kliente het nie goed geskiet nie en ons kon deur olifante gepla gewees het waar ons dit sou nodig gehad het. Van die eerste skoot geval het tot die buffel geval het na drie skote was omtrent dertig sekondes, met n gat deur sy hart se onderpunt en daar sou bloed uitgepomp het. My respek vir buffels het al hoe groter geword. Tog het ek in my en Jakkie se eenvoud gedink dat n holpunt koeel meer skade aan die hart sou gedoen het, Jakkie het sy buffels net met holpunte geskiet. Dit was egter die eerste holpunte wat nog loodkerns gehad het. Hulle was ook baie hard en hy het selfs bulle voor die kop geskiet met baie sukses. Hy was egter n baie goeie en baie kalme skut. Jakkie was maar n man wat net in homself en so min as moontlik gewere geglo het, dit het beslis gewerk vir hom. Hy het net olifante met soliede koeels geskiet en alles anders met Barnes se holpunt loodkerns, hy was n aanbidder van die koeels. Ek het maar gemaak soos Selby my voorgeskryf het.
Die mooiste koedoe bulle was in die suide van die Chobe meer na die panne se kant toe waar daar meer minerale in die grond teen woordig was. Tog het die noorde ook mooi bulle gehad want hulle kon migreer soos hulle wou. Hulle het ook in bultroppe geloop en was baie moeilik om te bekruip en het soos die skimme wat hulle was net verdwyn tussen die Mopanies. Vir my was dit van die moeilikste diere om te jag in Botswana. As die jagter nie baie fiks was en saam met ons spoorsnyers kon loop nie het dit die jag baie moeilik gemaak. Elke klient wou n koedoe skiet en baie het ons by waters en lekke geskiet. Die konsessies wat in die suide was en veral na die Tuli se kant toe het baie mooi bulle geskiet en ook in die sentrale Kalahari.
Ons was op pad terug na Nyati naby die boom waar die luiperd die wildehonde gebyt het toe n troppie mooi bulle oor die pad gekom het. Dit was nog vroeg en daar was n watergat naby en ons het die spore gevat, eers n entjie gery om van die pad weg te kom en toe te voet. Die spore het water toe gelei en die wind was verkeerd en ons moes met n ompad loop. Die water het ek baie goed geken en Jeannie en ek het baie die wildehonde kom voer en dan by die water gaan sit en wild dophou. Ons het so af en toe sout hier gegooi wat baie vinnig opgevreet was. Hier was ook baie mooi swartwitpense en ek het nog op die vorige jaar se kwota geskiet. Die skoot sou n lang een wees want dit was kaal om die gat en ons het stadig uit die suide teen die effense noorde briesie die plek benader. Die spesifieke water het n fonteintjie in gehad en die olifante kon hom maar bemors en dit sou weer blink wees die volgende dag. Ek het gemik vir die groot Kremetart wat reg suid van die gat was so driehonderd meter weg en die plek se naam was op die kaart “Roonies Water”genoem na die landmeter wat die gebied jare gelede gekarteer het. Ons het by die boom gaan sit en ek het vir Luka en Jas gestuur om te gaan verken. Die doel hiermee was tweeerlei, daar kon gevaarlike diere wees, met n nie baie mobiele klient sou dit moeilik wees. Hulle moes ook kyk vir koedoes wat ons gedink het daar moes wees. Ek kon aasvoels sien draai wat dit altyd moeilik gemaak het. Hulle is soos skimme weg by ons en voor ons het n redelike oop deel gele voor die Kremetart wat n redelike skootvak sou bied indien hulle wild sou skrikmaak by die water wat dan sou windaf vlug. Luka kon die kras geskreeu van n berghaan baie goed namaak en dit sou die waarskuwing wees dat iets op pad was. Hulle sou regs om en dus noordwes die gat benader.
Ek het seker gemaak dat Jack se patrone reg was en dit was die slag holpunt koeels en hy het agter n omgevalle Mopanie gesit met n baie lekker rus oor die dooie stam. Ek het gewonder hoekom daar aasvoels draai, hier was ook baie luiperds en dit kon aas wees wat in n boom gebere was. Twenty en Sixty was by my met die slotgeweer en ek het die dubbel gehad. Ek het vir Jack laat in aksie kom want daar kon enige dier of dalk niks vanaf die water af gekom het nie. Die aasvoels het bly draai en daar kon ook roofdiere gewees het. Ek en Twenty het saam die berghaan se geskreeu gehoor. “ Be ready Jack, I will nominate what ever is coming.” Die vier koedoebulle het deur die lae bosse gedraf en die tweede een was werklik n baie mooi bul so sestig meter skuins regs van ons. “ The second one, take him!” Sy skoot het die bul laat val en ek kon die stof op sy blad sien uitslaan. “ Reload and be ready!”Weer het die berghaan geskree, meer benoud die slag en amper asof hy soebat. Ek het vir Luka al so goed geken en geweet dat daar nog iets moes wees. Die vier jong leeus het aangehardloop gekom, hulle was jonk met kort maanhare en was reguit na ons op pad. “Don’t shoot!” Ek het opgestaan en die leeus verskree en hulle is weerskante van ons verby en toe was dit stil en die leeus weg. “ Well done Jack, good shot, very well done.”
Luka het aan gestap gekom en gese dat hy die koedoes by die water gesien het en dat hy hulle probeer na ons kant toe werk het. Die leeus het n jong zebra gevang en was nie bewus van hom nie tot hy die wild begin verjaag het. Daar was rooibokke en zebras ook maar hulle het nie ons kant toe gehardloop nie. Dit was n mooi koedoe bul met wye horings soos hulle maar in die wereld gehad het en hulle het 54” gemeet volgens my dagboek. Ek was baie dankbaar dat Jack sy koedoe op so n maklike manier gekry het. Ons het die bul gelaai en is terug tot by Nyati waar Katwindi en die ander gewag het.
Kabous het my die aand op die radio geroep, Jeannie se pa sou saam kom maar hy sou eers by my ouers in die Karoo gaan jag. Daar was rooiribbokke, vaalribbokke, blesbokke en klipspringers waarvan hy n trofee wou gehad het. Die ander soorte wild wat ons gehad het het hy al geskiet. Ons het gesukkel met die stataliet verbindings en hy moes maar haar boodskappe herlei na my toe. Ek het baie male probeer bel maar kon nie daarin slaag nie.
8 Mei 1978