Jack Mullin se olifant
Johan Adriaanse het vir Jack en sy geselskap terug gebring met al die kuipe en skedels en velle wat hy geskiet het. Sy jag was verby behalwe vir n olifant, sy kameelperd het hy ook by hulle geskiet en die sou net die nek van opgestop word. Interressant was dat die staat vir my geluister het en die prys van kameelperde blouduikers gewone duikers en dikdikkies meer as n buffel gemaak het. Dit sou van die jagters afsit om die weerlose goedjies te skiet. Tog het hy sy volle kwota geskiet en ons het nog ses dae gehad vir die olifant. Die weermag het vir Steve Edwards geskuif na Gobabis Hills en ons was nou weer min of meer normaal. Bruce Kinlock en Steve het baie ure ingesit om die renoster dinge op datum te kry en hulle sou dit saam met met Ben Grobbelaar doen wat hulle so mooi opgepas het. Peter Williams se opdrag was dat renoster stropers op sig geskiet moes word, Steve is met militere wapens uitgerus vir hom sowel as sy Matabeles. In 1978 was daar nog meer as 300 renosters oor waarvan ons geweet het, tog het daar nog vanaf Rhodesie in gekom met die uitskiet van olifante en die gewapende konflik wat daar was. Dit was net swartrenosters. Ek het nooit wittes gesien in Botswana nie.
Die werklike skiet van bulle was baie ure en baie myle se loop op spore net om uit te vind dat hulle nie genoeg ivoor dra nie, dan moes jy omdraai en baie male gejaag word. Sou jy die bulle skiet was daar die meelopers wat die wereld kon baie warm maak, dit het my oorgekom dat ek van hulle moes skiet, net soos my eerste een saam met Selby. Waar ek leeus se stormlope kon in n mate voorspel was dit anders by olifante. Jy sou op die laaste nippertjie eers weet of hy ernstig was of nie en of die geskreeu en geraas hulle werklik laat afsien het van wat hulle mee besig was. Buffels en luiperds het nie skynstormlope gehad nie, as hy op pad was het hy dit deur gevoer. Hulle het ook nie almal gestorm nie, baie wou net wegkom. Elke jag en elke stormloop het verskil en baie male sou die reuk van bloed die diere in n ander rat plaas wat die wereld kon ongemaklik maak. Tydens die middag uur en veral as dit warm was en naby water was het baie olifante gestaan en slaap. Dit was die beste tyd en as die windjie nie gedwarrel het nie kon jy baie naby kom. Ons het n baie groot kwota bulle gehad en die vorige jaar se ekstras is oorgedra met die gevolg dat ons nooit werklik die kwotas vol geskiet het nie.
Honderd ponders was skaars en ek glo nie dat daar op n gegewe dag meer as honderd in Botswana was nie. Die land se ivoor was dikker en korter as in Zambie maar het tog goeie gewig gedra. Alles bokant 65 lbs was as goed beskou en ons het nie meer as vyf honderd ponders in al ons konsessies per jaar geskiet nie. Die grootste olifante het ten noorde van die Delta en langs die grens met Rhodesie geloop. In die suide en veral in die Tuli was ook olifante maar ek het nooit daar gejag nie. Tog was olifante volop en veral in die ruie gedeeltes van die Chobe en die Savuti en langs die Linyati was groot troppe met mooi bulle wat gewoonlik alleen geloop het met die paar jonges by. Langs die Delta was ook mooi bulle maar die herwinning van n trofee kon baie moeilik word met die water wat vir baie myle sou aanhou. Die jonges was die lyfwagte en hulle het die feite van die lewe by die ou manne geleer. Die getalle kon wissel van drie tot nege, dit was agter die ou bulle wat die trofee jagters was. Meeste van hulle se teeldae was verby, tog kon hulle lekker baklei en om dit te kon waarneem was werklik iets wat ek my lewe lank sal onthou. Dit was gewoonlik doodstil behalwe vir die bome wat breek en die asems wat jaag. Hulle sou mekaar met die tande gaffel en probeer mekaar omstoot en as dit gebeur het dan was die een wat op die grond beland het gewoonlik dood gesteek. Ek het dit net twee maal gesien gebeur maar het op karkasse af gekom wat die verhaal vertel het. Olifante is groot en hulle krag is geweldig, en hulle is taai, so is premuim koeels ook. Jy kry respek vir jou geweer as die ou grote sy slurp opwaarts gooi en sy bene knak. Tog het ek nie gehou van olifante skiet nie, dit moes gedoen word maar dit was nie vir my so lekker soos buffels en leeus nie, hoewel dit eintlik makilker was in die Chobe want dit was immers n reservaat waar ons gejag het.
Terwyl ons nie besig was nie het Luka en Katwindi die boesmans geneem en gaan verken en hulle moes by die Tuthla Panne gaan hienas skiet wat bykans van die bevolking wou vang in die nag. Dit is ook hulle eie slapheid want dit was van die mense wat nie hulle kampe toegemaak het nie weens die advies van toordokters. Katwindi het die toorman gese dat hy hom moes skaars hou as ek in die nabyheid was, hy sou sambok kry.Tussen die Makumba en Tambiko panne het hulle baie mooi bulle gekry en dit was n redelike ruie wereld en Jas het spore opgetel wat hy sou onthou, al probleem was dat Jack nie baie kon loop nie. Ons sou op die spore moes slaap. Dit was nie reenseisoen nie en ek sou by Gokori mense optel wat as draers sou dien. Die geselskap sou groot en lomp wees met drie boesmans, drie jagters , die klient en ses draers. Ek sou my voertuie by die Ngwezumba dam los waar daar n wit natuur bewaarder was en net die satalietfoon saam dra dat hy ons kon bereik indien nodig. Ek en Luka en die boesmans het al n paar maal so in die veld geslaap, die leeus was hinderlik maar nie onoorkomelik nie, ons moes net dinge reg doen. Die spul goed wat moes saam gekarwei word was baie en ek het geweet dat ses draers n regte vrag sou he, hulle sou ook moes rus. Jas moes my 8mm saam dra want hulle het geleef van vleis en rantsoen pakke. Ek wou drie aande op die meeste uit slaap. Jeannie was baie bekommerd en het ons gemaan om versigtig te wees.
Ons is vanaf Nyati reguit met die pad langs na Gokori langs die Ngwezumba rivier. Ons het op 8 draers besluit en het al langs die rivier tot by die dam gery aan die suide kant. Ek het die gebied nie baie goed geken nie en dit was ruig. Baie Mopanies, Mahonie, Worsbome, Kiaat en vele ander en dan die palmwoude wat hier baie hoer en groter was. Dit is n natter wereld as in die Laer-Chobe waar ons gewoon het maar tog ook baie yl bewoon. Tog is dit n baie mooi deel van die land wat ek nie regtig geken het nie. Hier was wild volop en baie soorte en het dit eintlik ook aan ons Bo-Chobe reservaat behoort en was hier bykans nooit gejag nie weens die ruigte en onbegaanbaarheid. Daar was baie olifante, baie meer as wat ek oor gedroom het. Die natuurman het my na die Poha waters toe gestuur en gese dat ek die grooste bulle daar en ten noorde by Chuma en Nogatsaa sou kry. Ons het die fone getoets en en het in die pad geval. Jack wou net die tande en fotos he en ons sou dus nie slag nie.
Waar dit so ruig is het leeus nie werklik baie van gehou nie, tog het ons baie spore gekry wat vir my meer na jong leeus en wyfies gelyk het. Olifante was volop en die groot groep mense het my tot n mate bekommer, daar was te veel om almal se veiligheid te kon waarborg. Jas en die boesmans het die gebied goed geken en Luka en Katwindi het ook al hier gejag en ons het teen vieruur begin vuurmaak want die mense moes eet en ek het n rietbok geskiet. Ek wou he dat hulle klaar braai en eet en dat ons dan voor donker op n plek gaan slaap waar daar nie vleis reuke of braai reuke in die lug was nie. Terwyl hulle gebraai het, het ek en Luka n plek gaan soek om te gaan slaap en n baie mooi plek gekry weg van water af en teen n redelike Kremetart. Ons het begin hout maak en van die draers het later n klompie swarthaak takke gekap en hulle was teen skemer baie meer fluks en van die rietbok was maar bitter min oor. Vir Jack was daar n kampbedjie maar ons ander het maar met komberse om die vuur geslaap. My gewere is in mikstokke gemaak staan langs my.
Daar was maar die gewone lawaai deur die nag, leeus en hienas en jakkalse en baie olifante en ver af seekoeie wat ek nie n idee gehad het waar hulle kon wees nie. Waar ons gebraai het, het dit deur die nag geraas van hienas en leeus. Luka het my vroeg en nog donker wakker gemaak met koffie en ek het lank die vorige aand gele voor ek kon slaap. Jack was nog in droomland en hy het omtrent fotos geneem van sy egte Afrika styl van jag. Hy het goed geloop en het omtrent vyftien myl gedoen en ons was nie te ver van Tshinga af nie. Van hier wou ek oos draai na Chuma en dan suid na Poha en dan na Namuchira. Rondom en naby die panne was dit meer oop en na ons geeet het het Luka die wereld gaan deursoek en op n baie groot spoor afgekom wat na Chuma gelei het. Hy het ons kom haal en ek het vir Jas met die geweer by die draers gelos om ons spore te volg want ons sou n ent voor hulle wees. Ek wou vir Sixry by my gehad het om saam spore te lees. Die jaggeselskap was nou baie kleiner en nie so gevaarlik vir olifante nie en ek moes op Jas vetrou om hulle op te pas. Hulle het baie van skiet en voertuie bestuur by Xolile geleer en elkeen het al n paar bokke geskiet met die 270 en van die 300’s.
Dit was n groot spoor en ek het werklik dit my missie gemaak om spore beter as my swart ewekniee te lees en te volg. Daar was die een grote en vier jonges, van die jonges het een n dieper spoor getrap as die grote maar sy spoor was kleiner. In die grys sandwereld is dit nie n kuns om spore te volg nie en ons is al op die spoor in die rigting van die Chuma panne. Ons het baie wild gekry langs die pad en dit moes een van die digste bevolkings van baie spesies in Afrika gewees het. Tog was roofdier spore skaars en die meeste was luiperds en hienas en dan die gewone jakkalse en kleiner spesies. Ons het teen elfuur al begin watervoels sien wat oor ons vlieg en ek het geweet dat die panne naby moes wees. Die mis was baie vars en ek het aanhoudend met Jack gepraat om hom kalm te kry, hy het darem nou al baie spesies geskiet en het geweet dat hy in die beste geselskap was wat Selby hom kon bied. Die spore was te warm en ek het die spook, Katwindi nader gestuur en ons het water gedrink en ek kon my pyp maak brand. Die rook het reguit in die lug op getrek en ons kon n bietjie rus. Jas en sy draers moes n myl agter ons gewees het.
Katwindi het te lank na my sin weggebly en ek wou net sy spoor vat toe hy opdaag. Hy het net sy hemp aan gehad en was kaalvoet en dors. Ons het in Matabele gepraat. Dit was n baie ou bul met mooi tande, baie dik maar mooi simmetries. Daar was n jonge by met langer maar baie dunner tande, hy was groter as die oue en dan twee jonges. Die een met die dunner tande was in “must” en het die wereld natgespuit. Dit was handig want dit het reuke verbloem. Ons was nog in die ruigte en die panne was so twee myl weg en die olifante was in die water doenig. Hulle sou drink en dan gaan rus oor die middag uur. Ons moes die spore neem en dan die water vanaf die noorde benader want hy was seker dat hulle in die jong Mopanies sou sou gaan rus. Dit was soos ek hom geken het, die meester jagter wat hy was. Hy se hy was so naby dat hy hy sy oe kon sien knip. Die twee jonges het geen bedreiging in gehou nie maar die ander grote kon ons pla. Ek het alles aan Jack verduidelik en Katwindi sou ons lei. Dit sou ons drie en Jack wees en die res moes nader kom na die water toe.
Die res van die jaggeselskap moes ons op n afstand volg en ek het dit aan Jas oorgelaat en ons is deur Katwindi gelei. Ons het al n rukkie geloop toe hy vassteek, daar was n pofadder, werklik n baie groot slang. Hy het die kolf van die geweer gewys vir die slang en hy het gepik, hy het soos in n blits die slang se stert gegryp en hom teen die grond en later n boom dood geslaan. Hy was bang dat die ander wat in ons spore geloop het gepik sou word. Hy het die dooie slang gelos en ek het geweet dat die boesmans hom nie sou los nie. Ek het die dubbel gehad en toe ons nader kom van my klere uitgetrek en net met my tekkies geweerbelt, hemp en kortbroek aan gehou. Katwindi en Luka het net kortbroeke aan gehad met patroonbande en Jack het ook van sy klere op ons spoor gelos. Ook ons water het ons gelos en alles wat onnodig was. Ek het twee patrone in my linkerhand geneem en oop oe geloop en bid. Toe ons by die kant van die water kom het hy ons daar gemaak skuil tussen die palms en weer het die spook weggeraak. Die pan was groot en ek kon nie sy einde sien nie en het aan geneem dat dit by die bome anderkant die water moes wees. Daar was nie werklik wild om van te praat nie, dit was warm en die olifante sou nou stofbad en gaan dut. Ek wou in n boom klim om verder te kon sien maar daar was nie maklike een naby nie.
Hy was lank weg en het terug gekom en die slag Engels gepraat. Die olifante was naby n Kremetart wat ek kon sien en het geslaap. Die oue was by die boom en die ander baie naby. Hy het n roete uitgewerk en en het ons gelei in die rigting van die boom. Ons is deur die lae Mopanies weg met hom voor en dan ek en ek kon weer die spoor optel en na seker tien minute van stilte met net hand seine het hy gaan hurk. Ek kon die gerammel van pense hoor en die twee patrone in my linkerhand was nat van die sweet. Hulle was nader as dertig meter en ons het seker gemaak van die gewere. Ver op die water kon ek kolganse hoor en ek moes ons geluk wens met ons bekruip vermoe. Hy het vir Jack aaan die skouer geneem en hulle is voor met ons op hulle hakke. Toe ons om die worsboom kom het die bul presies dwars gestaan op vyftien meter. Ek en Luka het langs Jack gestaan en sy skoot het die olifant geskok maar nie laat sit nie en ek het opgevolg met n skuins skoot bokant sy oog en ook Luka en hy was plat. n Onaardse lawaai het losgebars en ons het net stil gestaan en die ander groter een het n Anaboom se takke gebreek en probeer ruik maar ons was onderkant die wind. Die ou grote se bene het nog effens beweeg toe die ander drie met reguit sterte na die water se kant toe storm en toe hulle op die kaal gedeelte kom al langs die lyn bome af en weg van ons af. Ek het die lee dop uitgehaal en vervang en die duisende watervoels wat nou in die lug was dopgehou en die weereens die Skepper bedank.
Dit was Katwindi op sy heel beste en ek het hom nog laas so gesien by Paul Autio se bul. Ek het die meester bedank en Jack ook en Luka wat so vinnig geskiet het en ons het by die olifant gaan sit en Luka moes die kamera werk en ek het my pyp opgesteek en n entjie weg my oe gaan toemaak. Dit was n baie ou bul met n skurwe vel en diep duike langs sy wange met baie mooi dik en swaar tande wat by die huis 87 en 79 lbs geweeg het. Ek het probeer binne in sy bek sy malers bekyk, hulle was net enkele van oor en die res stomp geslyt. Die res van die voetgeselskap het opgedaag met Twenty wat die slang gedra het en ek het die foon geneem en die natuurman geskakel. Dit was omtrent drie ure se ry van hom af en hy sou nog drie mense bring sodat ons van die vleis kon herwin.
Ons het die aand by die dam gaan slaap waar daar rondwaels was en kon heerlik ontspan om die vuur. Die natuurman was Tom Gregory en sy vrou Gail, was al lank besig met navorsing oor dikdikkies en ek het sy kampies gaan kyk waar daar bokkies in was en vreeslik na my Ma verlang. Sy was net so lief vir die kleiner bokkies. Ek het haar geskakel op die foon en vertel van die bokkies en die olifantbul. Nog gaste wat daar geslaap het, het my gehoor Afrikaans praat en hulle kom voorstel. Ek het die man geken, hy was van Colesberg en ons het lekker gesels. Hulle was op n toer na die valle toe anders kon hulle na my toe gekom het. Ek het op my bed gaan le en my bandopnemer aangesit en met Jeannie gepraat en nog voor ek kon klaar maak het die slaap my oorval. Olifantjag met so baie mense in die groep was baie spannend en dit put n mens uit.
Weereens het Katwinidi aan my bewys dat sy gelyke baie yl gesaai was en dat ek nie sommer olifante sonder hom sou gaan jag nie. Hy en Luka was werklik twee van die bestes onder die swart jagters wat ek geken het. Ek het na twee en n half jaar nog bitter baie gehad om te leer.
24 Mei 1978