My eerste leeu met honde
Een of ander sot het in die reservaat geskiet en dit het al meer as n jaar so aangehou. Ek het die bevolking getrap daaroor en hulle was baie goed ingelig oor wat die strawwe was vir die onwettige skiet van diere. Daar was oral borde opgesit wat dit duidelik gemaak het dat daar nie na 6uur saans en voor ses in die more voertuie op die paaie toegelaat was nie en dat wapens wat nie by die hekke verseel was nie op beslag gele sou word met n baie hoe boete. Die skietery het vir meer as n jaar al voort geduur en ek was baie keelvol daaroor. As ons die bevolking gevang het jag het hulle lyfstraf gekry die eerste maal en die hoofman het sy salaris vir bepaalde tye verbeur. Dit het goed gewerk en die jag van inwoners was bykans tot n einde. Dit moes iemand gewees het wat die paaie gebruik het as n deurgangs roete en dan vir die lekkerte net geskiet het op onskuldige diere. Die bevolking het baie vleis en sekere kwotas van die verskillende konsessies gekry en hulle het nie werklik nodig gehad om te stroop nie, ook was vuurwapens verbied vir die inheemse mense.
So het n gekweste leeu my amper gehad en sy agterbeen was afgeskiet en ek kon nooit uitvind wie daarvoor verantwoordelik was nie. Tussen Txipo en Nangusa het ek op n luislang afgekom wat langs die pad doodgeskiet was en oor die pad gesleep was. Hy het n jong vlakvark in sy pens gehad en was nog vars en ek het die slang laat afslag om die vel in te lewer. Hy was sestien voet lank en vol jong eiers en dit het my nog meer die joos in gemaak. Een more het n gekweste koedoe bul by my water gekom en ek het hom geskiet, hy het n pens skoot gehad en dit was n baie mooi bul. By die luislang het ek gaan soek vir koeels want die man sou moes in die grond vas skiet, ek het drie 44 magnum koeels gekry en toe ten minste geweet waarna ek soek. Dit moes n hand wapen wees en die sot het net geskiet vir die lekkerte en blykbaar niks saam geneem nie. Ek het meer borde laat opsit met meer en beter waarskuwings, hy het hulle begroet met gate wat hy lustig in hulle geskiet het. Vir baie maande het die pes my nagte laat lank word en ek het geweet dat dit net n kwessie van tyd sou wees voor ek hom sou vastrap. Hoeveel diere sou ly onder die sadis se optrede sou ek seker nooit weet nie. Ek het vir Jeannie en Bruce Kinlock gese dat ek hom gaan doodskiet. Dit was in lyn met wetgewing en ons magte as staats amptenare. Vir lang rukke was dit stil en dan het dit weer kop uitgesteek. Die opstop manne het ek voor opdrag gegee om twee groot vlakvarke en n baie groot rooibok ram vir my so gou as moontlik af te lewer. Ek sou hulle as lokaas gebruik op plekke waar ek gedink het die misdadiger sou optree.
Ons het nie die mannekrag gehad om stroping op groot skaal teen te staan nie en dit was nooit eintlik n probleem nie. Die land se wette was so streng en dit was toegepas dat min mense dit sou waag, soos met alles is daar die uitsondering gewees. Toe ek by die president was het ek ook die lot by hom bekla en sy opdrag was om dit direk met die weermaghoof wat ook vir dir boesmans se logistiek verantwoordelik was op te neem. Dit was werklik n wonderlike generaal en alles wat ek vir hom gevra het, het hy meer as sy kant gegee en ek het hom gese dat ek eers sou self probeer die skieter vang en as ek misluk moes hy hulp gee. Hy was gereed daarvoor en het net vir my gewag, ek sou hom laat weet want vir lang tye was dit stil en dan sou dit weer begin. Ek het lank gedelf in die militere sy van lewe en die reservaat opgedeel in sektore en my planne was reg vir as die mal mens weer sy verskyning sou maak. Ek het nie baie lank gewag nie.
Daar het n groep boesmans gekom vir hulle mediese dinge en hulle het gekla van n leeu wat baie maer is met n pens skoot. Dit was n baie groot mannetjie en hy was baie lus vir hulle en hulle moes selfs in swarthaak bosse slaap. Die een man kon redelik Afrikaans praat en die nuwe benadering van boesmans het versprei onder hulle dat hulle in parke en reservate veilig was en gediens sou word en tot n mate gehelp word om te oorleef. Probleem diere was ons eerste prioriteit en dit het selfs voor die kliente gekom en ek moes die Amerikaanse jag staak vir n dag om die leeu te gaan soek. Uit ondervinding het ek geweet dat die boesmans nutteloos was by leeus en ek sou hulle nie eens oorweeg nie. Katwindi was die een man sonder wie ek nie sou gaan nie, toe die luiperd vir Ben gebyt het was hy en die twee honde, Nuisance en Vubu by en ek het het baie geleer by hom en vir die twee rifrugte baie respek gekry. Die ander drie honde wat ek by Serapa gekoop het, het hy al n vlakvark wat ook gekwes was mee gaan skiet en hy was baie tevrede met die drie honde. Ek het vir Jakkie gekontak maar hy was baie besig en Ben was te ver om vir een leeu na my toe te kom en ek het mos darem drie jagters gehad het Selby my toegesnou.
Ek het met Bruce Kinlock gereel dat hy moes saam gaan met die twee Amerikaners en drie van die boesman groepie om vir ons die plek te gaan wys en daarna kon hulle huis toe kom en Tom wou nog n groot koedoebul skiet wat hulle saam met my boesmans kon gaan doen. Hulle kon die bul maar met die bakkie ook skiet en my mense sou hulle alles kon wys. Dit was net die koedoe wat nog kort was op hulle jag en daar was nog n week oor wat genoeg tyd sou gee. Ek het dat ons vier reg maak om drie aande uit te slaap, ek het nie geweet hoe lank ons sou moes soek vir die leeu nie en kon nie saans huis toe kom op n spoor nie. Die bakkies was reg ingerig vir oorslaap in leeuwereld en selfs die honde kon nie afklim nie en sou op die bak kon slaap. “ I am always worried when you go after these rogue lions Pine. Please be careful. I always try my best to be careful, it’s just not always possible but with the hounds and my fellow hunters I will be fine. I am worried about my dogs too. That’s what they were bred for Lovey, hunting lions in the thick bush and to protect me. I saw with that leopard that they are virtually fearless and have not used them on lion but Selby says I will not be disappointed. Have you packed food and water for the dogs? Yes I did and I will look after your dogs, there is nothing to be worried about. Which rifle are you taking? I will take the 500 double and my 416. You haven’t used the 500 lately, will you be fine with it? Stop worrying Lovey, I will be fine and so will your dogs be. Who is this silly fool that wounds animals in the reserve? I wish I knew Lovey, but I will get him and hang on the nearest tree. We will try and flush the lion with the vehicles and make the risk just that less for us. It is also not possible to go in the thick scrub with vehicles and then we will have to go on foot. I’ve got a nasty feeling about this one Pine. Save that feeling for when I get home, I will make it up with you.”
Ons is met drie bakkies weg by Nyati, ek voor met die drie wilde boesmans om die plek te gaan wys en dan Luka met Katwindi agter by die honde om hulle stil te hou en dan Bruce met die twee Amerikaners en my eie boesmans vir as hulle dalk n mooi koedoe kon skiet. Temba het voor by my gesit en ons het Matabele gepraat met my tipe van gemengde Xhosa en ons kon lekker gesels. Hy het by Kazangula leeus geskiet saam met Jim Trollip wat die natuurbewaarder daar was en wat ek geken het toe ek die olifant uitdunning in Rhodesie se Wankie gaan besoek het. Hy het ook gese dat dat Don Heath net met honde leeus opgevolg het en n hele paar staaltjies vertel. Hy het met my 375 met Barnes se 300 grs holpunte gekiet en ons almal sou van die holpunt ammmunisie gebruik maak. Die ander twee het met 404,s geskiet en Luka het my 9.3 dubbel ook gehad. Ons was op pad na die westelike vloedvlakte want dit was die rigting van waar die groep boesmans getrek het. Dit was die gedeelte wat nog die minste boorgate en skuilings vir hulle gehad het en waar die boor die hardste aan die gang was met gate en heinings en damme bou want dit was leeuwereld by uitstek gewees. Die leeu sou ook vir die boormanne n gevaar wees maar hulle was ingerig om dit te kon hanteer en het leeus as alledaags beskou. Net n paar dae tevore het Jakkie hier n pragtige buffel geskiet en hy kon nie glo dat dat daar so baie leeus was nie.
Die vloedvlaktes was baie plat en gelyk en het maar elke winter spontaan gebrand en daar die redelik hoe Kameeldorings en dan soos gewoonlik die palm eilande waarin alles kon wegkruip en waar in die somer baie klein diertjies gebore was. Wild was soos altyd maar volop en ek het veral baie kameelperde met baie jong kalwers gesien en dit was die een dier wat nie n kalfseissoen gehad het nie. Dit was vir my altyd mooi as hy met sy lang tong die worsbome se worse afpluk en die hele lang wors vreet sonder om te mors. Daar was baie koedoes en mooi bulle maar ek kon nie aandag gee aan hulle nie en het gery soos die boesman gese het. Ek het n trop van vier leeu mannetjies gekry wat ek onder normale toestande sou geskiet het maar daar kon nie nou aandag aan ander dinge gegee word nie.
Dit was redelik ver van Nyati af en ek het my verwonder aan die oorlewings vermoe van die wilde boesmans wat al vir so vele eeue in die wilde wereld kon oorleef en ook gewonder hoeveel van hulle onnodig dood is met wilde diere en siektes wat verhoed kon word. Dit kon nie maklik wees om te oorleef tussen die roofdiere van Afrika elke dag sonder gewere en sonder mediese hulp nie. Daar was droe tye wat hulle werklik net so swaar soos die diere gekry het en baie swakkes sou omkom. Tog het hulle op hulle gelukkigste gelyk in die veld op hulle eie met geen in menging van ander mense nie. Ons het by die plek gekom waar die leeu hulle geskraap het en die spore was baie duidelik sigbaar en ek en Katwindi het gaan sit om die gebeure op die grond te ontsyfer. Ons kon beide goed spore lees en vir my het die leeu sy regter agterbeen gesleep, sy voorste spore was vlak in die grond en hy moes baie gewig verloor het tog was hy vinnig en waar hy weggetrek het kon ek sien dat hy nie so swaar gekwes was soos ek dit gehoop het nie. Ek het die bakkie van Bruce met my boesmans en die drie wilde boesmans terug gestuur en dit was net ons vier met die honde en die twee bakkies. Naby was n koelte boom en ons het gaan sit en kosmaak en planne gemaak. Die spore was n dag oud en sou nie so maklik gesny kon word nie maar ek sou bo-op die dakrak sit en Temba moes ry soos ek maar al die jare met my boesmans gedoen het. Die ander bakkie moes naby wees vir as ons dalk die leeu sou opjaag en dan moes hulle kon skiet want dit was onmoontlik om op die dakrak in die ry n geweer vas te hou.
Die spoor het suid geloop in die rigting van n watergat wat ek geken het en waar n swartwitpens n jong leeu doodgesteek het en ek het geweet dat ons in seker een van die digste bevolking areas van leeus was. As ander leeus hom sou opspoor was sy kanse baie min om te oorleef en met sy pens skoot sou hy wat vreemd was en op sy eie ook nie gebrul het nie. Dit was net die spoor op die rooi sand en tussen die gras en waar ek dit verloor het, het Katwindi dit weer opgetel en later het die bakkies sy aan sy gery met die spoor in die middel. As die spoor sou wegraak het ek daarop gedraf en ook Luka en af en toe Katwindi en ons het vinnig gevorder en die spoor het al hoe natter geword en ek het later die nat plekke gekry waar hy gaan sit het en ons was seker dat hy geweet het van ons op sy spoor.
Dit was baie warm en ek kon nie die honde aflaai nie en eintlik was hulle doel om die leeu vas te keer en hom terug te hou van n stormloop en ons meer skietkans te gee. Ek het my bedenkinge gehad met die honde en was bang dat hulle kon seerkry want uit ondervinding het ek geweet dat n leeu net so ver sou gaan en dan sy merk sou maak. Dit sou vinnig en doelgerig wees en op een jagter gemik en hy sou stert reguit trek en met geel oe sonder om te swaai sy stormloop begin en net n skoot sou sy handbriek optrek. Vubu was n groter hond as Nuisance en ook n meer suur tipe hond waar die ander een baie mensliewend was maar meer aktief en ook meer braaf was maar baie minder sterk as dit by baklei gekom het. Die drie ander het Katwindi mee gejag en hy kon met honde werk en hoewel hulle ook saam met Jeannie gedraf het in die more het ek min kennis van hulle gehad want hulle het by Katwindi se huis gebly. Hy was baie trots op die honde en het net goed gepraat van hulle. Hulle het mekaar verdra en verstaan en sou kon lekker saam werk. Die palm eilande was nie groot nie, baie net so groot soos n netbal baan en omdat die wereld elke winter gebrand het was hulle nie so ruig nie. Tog kon geen mens daarin gaan agter n leeu nie en daar het nog ander diere ook geskuil vir die hitte van die dag. Die foxhound kruising se naam was Max en hy was werklik n baie mooi hond en saam met die foxies was hulle n goeie span wat mekaar geken het van Serapa se leeujagte. Die foxies se name was Spy en Ben. Ek was bang vir die twee rifrugte dat hulle kon seerkry en dan sou Jeannie die joos in gewees het en het besluit om eers die drie ander te stuur as dit sou nodig wees.
By die watergat het die leeu gedrink en sy spoor was duidelik sigbaar, op die stadium sou ek sy spoor tussen baie nader leeus kon uitken. Hy is verby drie palm eilande en ek het met die dubbel gedraf en die twee bakkies was binne dertig meter van my af en ek het geweet dat hy die ruigte sou opsoek. Dit was warm en sy humeur sou kort wees en hy het geweet dat mense hom seer gemaak het en mense sou die gevolge moes dra. Hy het probeer weg kom maar daar was mense op sy spoor en hy sou nie gelukkig wees daarmee nie. hy het so dertig meter voor my weggeraak in die palms en ek kon net sy agterkant sien. Ek was so vyftig meter voor die bakkies en ek het omgedraai en geweet dat hy daar sou wag.
Ons het so twee honderd meter terug gery en eers beraadslaag wat ons sou doen. Katwindi het gese dat ons die honde moes insteek en dat hy uiteindelik sou uitkom. Ons moes bymekaar bly want ons kon mekaar raak skiet en ons kon hardloop na die plek waar hy sou uitkom uit die ruigte uit. Ons moes nie die honde raak skiet nie want hy sou moeg word en dan met hulle wou baklei. Ek was werklik vreemd vir die soort van jag en het hom laat begaan. Dit was die foxhound Max, wat die spoor geneem het en met sy kenmerkende gehuil weggevlieg het met die hele spul agterna. Hulle is in die ruigte in en die leeu het gebrul en Katwindi het gese dat hy weet dat sy tyd het gekom en hy sou dit nie met die honde kon uithou nie en dan weer gaan vir die volgende palm eiland. Ek het steeds gehou by die dubbel met die patroon band voor my en die honde was doenig met die leeu en hy het gepraat en gese dat hy n leeu is. Ek was al hoe meer die joos in vir die naamlose skieter van diere en het gewens dat ek hom nou in die ruigte kon inforseer.
Met die gedraf was ek dors en ek wou net gou my pyp opsteek en bietjie rus want ek was nat van die sweet en die gebrul en geblaf van die honde tussen die palms het my dit gemaak los en ek het nader gedraf. Ek het geweet dat hy een jagter sou uitsoek en net op hom konsentreer, hulle doen dit bykans almal. Die lawaai was byna soos musiek in die ore van n jagter met die geraas van die leeu en die honde wat net uit sy pad moes bly en af en toe het een getjank, n foxie wat dalk n klap gekry het maar die leeu wou nie die ruigte verlaat nie. hy het geweet dat ons vir hom gewag het en sou eers genoeg van die keffende brakke moes uitstaan en dan sou hy wegbreek. Ons het om die eiland beweeg want hulle het na die agterkant beweeg en ek was seker dat hy sou daar uitbreek, hy het ook met Vubu wat aan sy lies probeer hang en Max wat werklik vreesloos vir die grote leeu se keel gegaan het en die slim Nuisance wat prbeer het om hom te keer om die volgende ruigte op te soek. Hy het nie raad met die honde gehad nie en gaan sit en Temba het hom geskiet deur sy ore want die honde was net te lastig rondom hom. Dit was werklik n baie mooi leeu maar met die skoot deur sy agterlyf net voor sy agterbene wat al n week of meer gelede deur n mal mens toegedien was het hy nog gedoen wat van hom verwag was.
Ons het die leeu sommer met die hande opgelaai en verkas na die die watergat waar die swartwitpens die jong leeu gesteek het en ek kon my verhaal deel met manne wat die veld net so lief gehad het soos ek. Ek het eland steak en bietjie klammigheid gehad en ons het gebraai en die honde het mekaar belowe by die dooie leeu want almal wou hom oppas. Ek het dat ons almal n eed neem by die vuur om die gemors wat net skiet vir die lekkerte van diere seermaak aan die pen te laat ry. Ons het nog n hele rukkie gewag.
4 Februarie 1978