Ons gaan jag in n koue wereld.
Die mense het gepraat van jag in Alaska waar hulle oorspronklik vandaan gekom het. Paul het baie belange gehad in Anchorage en was ook die eienaar van n groot houtsaag meule in Fairbanks en Fort Yukon. Om nie weer onvoorbereid te wees nie wou ek n kaart he en ek het nog my atlas gehad wat ek op Hartebeespoort gekoop het en ek het die plekke se name neergeskryf en gaan kyk waar hulle was. Paul se oorspronklike rykdom het gekom van sy broer wat n dinamiese sakeman was en hy en sy hele gesin is met n vlieg ongeluk uitgewis n klompie jare gelede op pad na Alaska. Hy het dit in Botswana al vir my vertel en dit was een van die redes vir my vrees vir vliegtuie. As so n ryk man se goed kon verongeluk kon almal op aarde verongeluk met vliegtuie. Ek het hulle baie mooi die roete gevra en ons sou op Vancouver in Kanada land en daar volmaak en dan vlieg na Anchorage en dan met n helikopter na Fort Yukon. Die helikopter was vir my die meer aanvaaarbare rit en ek het baie met die goed gery op die grens en gesien waar n loods hom vinnig kon neersit en hy kon nie net soos n klip uit die lug uit val nie. Ek wou weet met watter vliegtuig ons sou vlieg en dit sou die een wees wat hy my by Kabous se pa kom haal het.
Ek wou weet oor die spesies wat gejag sou word en hy het my n boek gegee met die naam van “Hunting Alaska and the Yukon.” Daar was ook tydskrifte by oor jag en hulle was genoem “ Alaska Hunting Journal.” Ek het van die wereld se spesies en gewere en skootplasings bitter min geweet. Paul het my in Botswana al genooi om te kom jag en hy wou he dat Selby ook saam kom en selfs my ouers. My Pa sou nie eens sy bakkie aanskakel om te gaan jag nie. Selby wat ook hier moes wees was nou in Botswana besig om seker iemand op die radio uit te vreet. Ek het die more weer die geel perd gaan ry en weer langs die paal afgeseil en was so effens lyfseer en blikners. Die perd was ook stywerig maar baie meer genoe en ek het die Meksikaan gese om hom nie te ry terwyl ek daar was nie. Ursula het die pilaar my ‘Emergency escape” genoem en hulle kon nie glo dat ek nie die trappe of die hyser gebruik het nie. Die mense het later as ek geslaap en ek wou hulle nie pla nie, Jeannie het nou in haar eie kamer geslaap want ek het darem al die pad geken en was meer aangepas. Elke kamer het TV stelle in gehad en daar was n horde kanale wat n mens kon kyk. Dit was vir my n nuwe ding want TV het maar met toets uitsendings begin in ons land in 1975 net toe ek toe daar weg is. Ek het wel op Vic Falls Tv gesien maar dit was maar met slegte opvangs.
Paul was baie besig en dit was eintlik net in die aand na ure dat ons kon gesels en ook sy seun was baie betrokke by die besigheid, hulle was min te sien. Jeannie het soos gewoonlik nie genoeg gekry van slaap nie, as sy egter sou wakker word sou die energie en lewenslus nie einde kry tot sy weer die aand net sou omval. Paul het my sy geweer verameling gewys en gese dat ek moes kies waarmee ek wou gaan jag. Die gewere het in sy trofee kamer teen een muur gehang en daar was seker meer as vyftig. Baie soorte en fabrikate en dit was net syne. Jeannie en Paul jr. het hulle eie gewere gehad. Vir die eerste maal het die manier van die Amerikaners om hulle gewere weg te gee aan ons proffesionele jagters vir my sin gemaak. Hy kon net geweerwinkel toe ry en n ander een koop en huistoe ry. Ons moes deur al die drama gaan, eers die landdros gaan sien en dan n aansoekvorm invul wat daai dae nooit afgekeur was nie, tog het jy nog drie of meer maande gewag vir jou lisensie, dan kon jy jou geweer gaan haal en was hy regtig joune. Ek was weereens Kabous se pa baie dankbaar want kliente wat via ons land na Botswana gekom het, het hy almal gebring en hulle was nie deur ons doeane nie en die gewere was nooit verklaar nie. Die skenker het net n brief van sy skenking gegee en sy pa sou sorg dat die gewere in ons land op ons name sou kom. Hy het sommer iemand gestuur na die polisie in Prtetoria en hy het met die lisensies terug gekom.
Ek wou by kundiges meer uitvind oor die jag in die deel van die wereld en ek en Jeannie het met haar motor gery na die “shooting range.” Daar was blykbaar n groot jagter van die wereld en hy sou my kon touwys maak. Daar was n plek met die naam van Woodburn en ons is soontoe. Sy het n geel plat Pontiac motor gehad en ek het al die geld wat Kabous se ouers en Selby my gegee het saam geneem want ek wou warm klere koop vir die koue wereld. By die skietbaan was n groot geweer winkel aan die voorkant, nie so enorm soos in Portland nie maar in ons land het ek nog nie so een gesien nie. Die man het van ons koms geweet en het ons ingewag. Hy was taamlik windgat aangetrek met n skietbaadjie met sulke leer stukke op en n paar slangvel stewels en om sy nek het sy oormowwe gehang. Ek het nog nooit die geld getel nie en Jeannie het gese dat daar meer as 10,000 Dollar was. Daai jare het ons 3,5 Dollar betaal vir n Rand. Dit sou nie baie geld in ons land wees nie maar jy kon n baie goeie bakkie daarmee koop in ons land.
Daar was baie gewere en almal nuut of dan was daar n paar gebruiktes wat nog nuut gelyk het. Ook baie ander snuisterye wat gehandel het rondom wapens. Jeannie het met die staat se 270 geskiet in Botswana en hy was n M-70 Winchester en ek het van die geweer gehou. Sy het n K 4 Weaver teleskoop gehad en ek sou graag wou bietjie groter gaan. Wapens was baie goedkoop, inteenstelling met ons land waar n goeie geweer jou sou R300.00 gekos het kon jy hier vir 80 Dollar n geweer met sy teleskoop en sy draband en sak koop. Patrone was 4 Dollar per 100 afhangende van die kaliber. Ek het genoeg groter kalibers gehad maar my kleiner kalibers was nie reg vir Karoo jag nie en het belang gestel in van die gewere. Ek het gese dat hy net moes Winchesters wys want ek het nie die ander soorte geken nie. Ek het besluit op drie gewere in 223, 270 en 300H+H kalibers. Ek het die 223 glad nie geken nie maar het al met Oom Buurman se 222 geskiet en hy was darem so bietjie vinniger. Ek het na die teleskope gekyk en hy het nuwe Bushnell’s gewys wat so pas op die mark gekom het.Dit was 3-9×42 en hulle het 8,40 Dollar gekos. Ek het sewe gekoop, Drie vir die gewere en een elk vir my 375 en 8×68 wat nog by Selby was en twee vir Jakkie. Ek het drie verkykers vir Jakkie en Katwindi en myself gekoop en twee afstandmeters wat in jaarts en meters kon wys, een vir my en een vir Jakkie. Ek het 300 rondtes vir elke geweer gekoop en dit was al beperking wat daar was. Jy kon nie meer as 300 per kaliber per dag koop nie. Dit was alles Winchesters en ek het ook 375 en Norma 8×68 gekoop.
Ek wou warm klere ook he en waterdigte skoene vir die koue plek en hy het in alles voorsien. Hy het my gese dat ek n mes kon uitsoek vir al my uitgawes en ek het vier gekoop vir my vriende in Botswana, almal Pumas en vier slypstelle. In die skietwinkel was soos oral in die V.S.A. ook n restaurant en hy het ons genooi om te kom saam eet. Ek het al die kwitansies gehou en die rekening by hom was 740 Dollar en die ete 1,84Dollar en ek het haar motor vol gemaak dit was vier gelling en vyf pinte en dit was 2,85Dollar. Die wapen smid sou die wapens skoon maak en die teleskope monteer en ons kon na ete die goed gaan inskiet. Die mense is gerat vir diens en toe ons die wapens gaan haal om te gaan skiet het die man eers die lope deurgetrek voor ons en elke geweer se skoonmaak stel was op die koop toe met olie. Die sakke was van “Bison leather” met die mooiste motiewe van Indiane wat bisons jag en ook leeus en ander diere van Afrika op gedruk en my naam en van. Binne in was n sakkie wat sou werk vir n jaar en keer dat hulle roes.
Ons het tien dollar per geweer betaal om in te skiet en dit sou verniet gewees het maar ek het daarop aangedring omdat die plek aan n man in n rystoel behoort het. Hy was ook n oud Vietnam veteraan. Jeannie het ook by die wapen winkel en op die skietbaan van ons pamflette gelos vir die kliente. Ek het die man in die rolstoel gevra om saam te skiet en hy het die voorreg gehad om elke geweer saam te skiet. Die wapensmid het klaar die gewere ingeskiet en ek kon op 100 meter min of meer gholfbal groeperings kry wat vir my goed genoeg was, Dit was net nodig om so hier en daar n bietjie te verstel. Die winkel eienaar het gese dat hy dankbaar was vir die klandisie en het my twee videos saam gegee wat oor jag in Alaska en in die noorde van die V.S.A gehandel het. Die man het selfs die aand weer geskakel om seker te maak ek is tevrede en of ek nog iets nodig gehad het. Ek was baie beindruk met die gewere veral die 223 het dadelik in my hart gekruip. Hy was nie vir Botswana se bos bedoel nie maar sou later my saamry-boer-geweer word.
Ons het langs die pad by n juwelier winkel gestop waar Jeannie van die klippies wat sy uit volstruispense gekry het laat set het. Daar was een vir my ook wat met n soorte van n tou om jou nek vas geskuif het en sy het een rooie vir haar aangesit. Ek het die aand by die braai gesien die manne van die wereld dra almal baie goete om die nek en ringe met groot klippe in, dit sou nie werk in Afrika se bosse nie. Net soos wat daar blykbaar modes was vir vrouens het die mans ook sulke goed gehad. Ek het die wensklip by die huis in my koffer gegooi en nooit weer gedra nie. Sy het met die rooi ring geloop en ook een om haar nek. Verder langs die pad was daar n wynstal waar ons kon gaan wyn proe. Ek was in n goeie bui want ek het mos nou speelgoed gehad en ons het gaan appelwyn proe. Ek het nog nooit wyn gemaak van appels gedrink nie, dit was egter baie lekker en ons het met n boot op die rivier gevaar. Dit was nie n groot rivier soos die Linyati nie maar n rustige kalme plek en ek kon die land vanaf die water deurkyk. Daar was oral huise en ek het gewonder of daar erens plekke was waar nie mense gebly het nie. Ons het baie diere gesien maar geen wilde diere nie en die mense het my laat dink aan meer n klienhoewe tipe lewe. Daar was niks lewe onder of binne in die water nie en ek het gewonder of alles opgevreet was deur mense. Hier en daar was eende en ganse op die water maar dit het soos mak goed gelyk.
Ons het teen skemer by die huis gekom en die tuin man het weereens al my goed afgedra en in my kamer gaan sit, ek het al hoe meer van die plattelandse leefstyl gehou. Jy was naby aan dit wat jy wou he en sou net n halfuur ry en weer die plaas se rustigheid he. Dit het my gepas, net die verkeers reels het my nie aangestaan nie. Ek het die man wat my goed gedra het gevra waar hulle woon en hy het gese dat hulle huise op die plaas was aan die agterkant van die geboue waar die pelse geteel word. Sonder om in te meng met hulle arbeiders het ek besluit om met die perd die volgende more te gaan ry en uit nuuskierigheid te gaan kyk.
Ons het die aand gesels oor die komende jagtery en ek het die mense wat my teen die tyd al so goed geken het alles oor my manier van jag vertel. Ek skiet nie trofee nie. Ek skiet nie n dier sonder n rede nie, hy moes of gebruik word of n probleem wees. Ek sou nie een dier skiet net omdat ek met n geweer kon skiet nie en omdat dit vir my lekker was nie. Ek het baie diere in my lewe geskiet, dit was waar, daar was altyd n baie goeie rede daarvoor. In Afrika het ons baie soorte jagters gekry, almal was mal oor skiet, nie almal was jagters nie en baie het n doodmaaklus gehad. Ons het trofee laat jag in Botswana, dit was ons werk en ons was daarvoor betaal. Iemand wou trofee he en ons kon dit lewer. Dit was oortollige diere wat nie meer n bydrae kon maak tot die spesie nie. Daar was die plaaslike bevolking wat by elke dier gebaat het, hulle sou die vleis kry en in ruil vir die jagregte het hulle diens van ons kant gekry in die vorm van baie lewens noodsaaklikhede. Daar was geen vorm van protein, of dan vleis wat hulle nie geeet het nie. Ek sou nie n beer gaan skiet nie want ek wou nie sy trofee of sy foto he nie. Ek sou n kariboe of n “moose” skiet as hulle hom sou gebruik en as hy oortollig was, ek sou n beer skiet wat mense vang en ek sou nie enige dier doodmaak wat dit nie verdien het nie. Hulle het dit so verstaan en dit al voor my gepratery geweet. Ek het Jeannie se trofee gesien en geweet wat sy gehad het, sy wou baie graag n kariboe en n soort skaap gehad het met sulke horongs soos n merino en sy vel was wit. Sy het my verseker dat die bevolking ook maar agtergeblewe was en elke moontlike vleis sou geniet, hulle het ook bere en selfs honde geeet. Ek het niks van die bevolking geweet nie. Politiek was nie vir my nie.
Ek is weer die volgende more met die perd wat nou al hoe minder koppig begin word het op n drafstap regs agter die stalle verby in die rigting van waar die fabrieke was en onder teen die kant was n hele groep huise. Dit het net begin lig word en die perd het my al hoe beter verstaan en die spore was net die ding vir hom. Die huise was netjies en ek kon mense hoor en daar het honde geblaf vir my en die een Meksikaan wat met die perde gewerk het het my tegemoet geloop. Dit het maar net soos die Wes Kaap se plaashuise gelyk, mooi skoon buite en minder skoon binne, ek het nie in gegaan nie en maar oor die perd gesels. Die kinders het uitgekom en in n groepie gaan staan en ek het dertig dollar by my gehad en gese dat iemand vir die kinders moes gaan lekkers koop en terug gery in n ander rigting. Die skrille kontras van mense het my getref en ek het gewonder hoekom ons land so gehaat word as die hele wereld maar net soos ons is. Ek het dit elke more gedoen en later was die mense baie lief vir my. Toe ek die dag gaan groet het hulle my n handgeweefde poncho gegee. Daar het weer busse vol mense opgedaag en almal langs die pad het my geken as die gas uit Afrika en baie hartlik gegroet. Na oggend ete het Jeannie my gese dat ons na die plek moes gaan waar die jasse en baadjies gemaak word en ek het die vorige maal wat ons daar was net so geloer en my eie gevolgtrekking gemaak.
Dit was werklik iets om te sien. Teen die mure het fotos gehang van baie bekende modelle en onder andere ook van haar en haar ma almal in pels aangetrek. Die werkers was baie vriendelik en het my omtrent alles gewys wat hulle doen. Die pelse was regtig pragtig en ek sou maklik ook vir n vrou so iets wou koop. Hulle het selfs Karakoel pelse weggewerk tussen die ander en ek het geweet dat dit van Afrika af kom hoewel die stempel gese het dit kom van Turkye, Windhoek was nie in Turkye nie. Jeannie se toekoms het in mode ontwerp gele en sy het my die rye boek en sketse gaan wys wat sy en vier ander ontwerpsters gedoen het. Ek het haar so lank geken en nie geweet dat dit haar belangstelling was nie. Waar die mense gewerk het was dit klinies skoon en rye naaldwerksters het met lewens groot poppe gesit en meet en pas om die pragtige goed te maak. Ek wou weet of daar ook mense teen pelse gekant was en sy het gese daar was baie. Die vang van diere met slagysters was ook n pelsbedryf op sy eie en elke pels wat hulle geteel het, het dus n dier in die natuur gespaar. Hulle het nie net hulle eie leer gebruik nie maar daar het n horde ander soorte leer ook gele.Die eintlike doel het ek agtergekom was om vir my en my ouers ook leerbaadjies te maak. Sy het hulle mates geken en ons baadjies was van so n ligte bruin sweedse leer en was klaar gemaak en ek moes myne aanpas. Dit was pragtig en my ma sn sou sy baie mal oor wees. Dit is verpak en gepos aan my ouers. Ek het skaam geword vir die mense en gewonder wat ek kon terug gee. Ons het die baadjies vandag nog en sal hulle seker lewenslank he.
Daar was n paar groterige dorpe naby aan die plaas en ons het op so n kort toer gegaan met die geel motor en hoe meer ek van die land gesien het hoe meer het die wereld my verbaas. Ons is na n rodeo toe waar van hulle perde wat daar geteel was moes optree. Op pad het ons verby n tandarts se spreek kamer geloop en hy was dr. F.J. Nienaber en die man se van het by my gespook, hy moes van ons land af kom en ek wou hom gaan sien en hoor of hy Afrikaans praat. Ek het die ontvangs dame gevra en sy het hom gaan roep. Hy was van Bloemfontein en net in sy dertigs en hy was net vir n jaar daar om bietjie geld en ondervinding op te doen. Dit kon nie hoer of laer nie en ons moes die aand by hulle kom eet. Sy vrou was van die wereld en hulle het mekaar op n studente toer ontmoet. Sy en Jeannie het lekker gesels en ek en hy heerlik in my eie taal. Weereens het ek besef dat ek nie in die wereld sou aard nie. Hier het ek op die regte boere manier gebraai en ons wou mekaar weer sien voor ek terug gaan. Ons is terloops vandag nog goeie vriende.
Ons het reggemaak vir die jag in Alaska en Paul het my weereens n geskenk gegee. Hy het gese dat ek nou baie gewere gekoop het en dat hy weet ek baie staat maak op my 8mm maar hy het sy klein boetie vir my raak geloop. Dit was n Vom Hofe in die kaliber 6,5×68. Ek het nog nooit van die kaliber gehoor nie en hy het vir my n herlaaistel met al my kalibers se “dies” en doppe gekoop en ek moes die geweer oopmaak uit sy verpakking uit. Dit was n pragtige geweer met n 98 aksie en hy het 500 rondtes gehad, 100gr gemaak deur RWS met n verdere 500 lee doppe. Ek het hom met trane in my oe bedank en die geweer het n Swarovski teleskoop op gehad wat hy vandag nog op het. Ek het gese dat ek hulle nooit genoeg kon bedank nie, hy moes weer kom jag, die slag in die Chobe by my nuwe basis. Ek het die volgende more by dieselfde skietbaan die geweer gaan toets en was byna onmiddelik verslaaf aan hom. Dit is vandag nog een van my beste en akkuraatste plat skiet kalibers wat ek besit.
Ek het Alaska as n yswoestyn voorgestel, dit is baie ver van die waarheid af. Dit is n onbegaanbare wereld, baie bergagtig en bykans geen paaie nie. Almal wat hier kom jag of besigheid doen kom per vliegtuig. Dit is afgesonder en ver van die wereld af en die bevolking is maar net soos baie in Afrika, nie beter gewoond nie. Dit is egter n wildparadys. Dit was vir my opmerklik dat in die koue streke van die wereld die meeste vis en wild sou wees. Ons het met die helikopter na n lang vlug in Fort Yukon geland en ek het my 300 en 6,5 by my gehad. Dit was n groen wereld en hier en daar was sneeu maar nie soos in Eskimo’s en Groenland nie. Die mense het almal Engels gepraat en was maar van Indiaanse of dan Eskimo afkoms en het ook anders as ons mense gelyk. Soos so baie inwoners van n agterlike land was hulle ook agtergeblewe teenoor die gewone Amerikaners. Hulle was egter meesters in hulle eie habitat. Spoorsny en jag was in hulle bloed en daar was baie jagte wat elke jaar plaasgevind het. Net soos my boesmans het hulle ook geleer om van die veld waar hulle noodgedwonge moes leef, te oorleef. Al verskil was dat hulle dit met moderne wapens en leefstyle gedoen het. Die wonings was modern maar die leefstyl glad nie. Dit was teen die wet om alkohol aan die inwoners van Alaska te gee. Net soos in Afrika sou hulle hulle eie planne maak. Dit was koud maar nie kouer as n Karoo winter nie. Al verskil was die son wat baie lank sou skyn want dit was noord van die Arktiese sirkel. Ons sou teen hoog son gaan slaap en dit het my eie lyf so bietjie omver gegooi en ek het gewonder of ek ooit weer in die warmte van Botswana sou aanpas. Wild was volop en ek het die eerste dag saam met n gids n baie mooi wit skaap geskiet met die 6,5 op meer as 200 meter of soos die meter gese het 244 jaarts. Opmerklik was die baie bosluise op die skaap in die koue. Daar was baie ander goed wat ek nie geken het nie, maar die skaap is met die helikopter kom haal en huistoe geneem en gekuip en dit sou Jeannie se trofee wees. Ek het baie lank laas berg geklim en was redelik moeg en die hoogte verskil sou ook sy tol eis.
Paul het my vertel dat hulle in die somer baie muskiete kry en ek kon dit bykans nie glo nie. Ons het gaan visvang en dit was volop met baie mooi berge en natuur om ons en die hele familie het dit baie geniet. Ek moes n Kariboe gaan skiet en dit is maar net n groot tipe takbok. Die goed migreer ook soos die wildebeeste en ander spesies in Botswana en ons sou net die groot bulle kry wat sou wag vir die troppe om terug te keer. Ek het n mooi bul geskiet die slag met die 300. Dit was weer n lang bekruip en die skoot was 177 jaarts. Weer het die meisiekind die bok laat kuip en ons moes gaan vir n muskus bees. Die beeste lyk byna soos n swartwildebees net met groter en meer sterk horings en hy het sulke lang hare en hy bulk net soos n mak bees. Bulle bly net soos buffels in ou man troppe en hulle het bykans geen vyande nie net blykbaar wolwe wat ek nooit gesien het nie. Ek kon die bees maklik met die 300 skiet op minder as n 100 meter. Die wild was nie so taai soos in Afrika nie en het maklik geval na n goeie skoot. Daar was baie bere wat die mense “grizzly,s” genoem het en hulle was bang vir die diere. Ek het van hulle getoets en hulle het gelyk of hulle nie goed kon sien nie, en het aanhoudend geruik teen die wind. Die goed eet blykbaar alles en ek het van hulle gesien wat aas en plante en selfs eiers eet. Hulle was baie groter as n groot leeu maar baie beslis nie so aggressief nie. Ek kon een skiet maar ek wou nie. Dit was vir my net te doelloos. Hulle het al klaar trofee van die goed gehad want dit was blykbaar die een spesie wat almal wou skiet. Hulle het nie baie lood gvat nie en Paul het gese dat die 6,5 genoeg sou wees. Ek het hulle vir ure dopgehou en daar was werklik niks snaaks aan die goed nie, ek sou liewer n jagluiperd in Botswana skiet en dit was geen uitdaging nie. As n mens egter die spore sou sien dan was Afrika baie ver agter. Ek het gewonder wat my boesmans sou doen as hulle op so n spoor moes afkom. Hy was groter as my gesig.
Ons het later gaan watervoels skiet, ek het nie geskiet nie want ek het niks daarvan geweet nie en dit het vir my ook maar doelloos gelyk. Ek het vir Selby gemis want hy was nogal lief vir voels skiet. Daar was n horde klein diertjies soos muishonde en ander goed wat nie gevaar vir mense ingehou het nie en die gids het n perd gaan haal en ons het gaan ry. Dit was maar sulke klein bossiekop gedoentetjies en ek kon sien dat hulle moed ook gebreek was en hulle sou op geen manier reageer nie. Paul het by n paar manne wat hy genoem het “trappers” pelse gekoop en ek het n paar nuwe spesies gesien wat ek nie geken het nie. Die een man het my kom roep en ek het n ystervark gedoente gesien wat kon boomklim. Hulle was baie mak en hy het die vark gevang aan sy agterbeen en sy tande vir my gewys. Hy was baie beslis ook n knaagdier en hy het die vark weer laat loop.
Sonder om lelik te wees was die jag vir my geen uitdaging nie. Ek was Afrika se diere gewoond en die goed was net te mak en te maklik. Behalwe vir die witskaap, het die res geen uitdaging getoon nie en ek het besef dat die mense in Afrika kom jag vir die baie spesies en die uitdaging wat dit gebied het. Daar was werklik niks snaaks aan hulle wild stapel nie. Diere was met n helikopter kom haal en ons moes net gaan bekruip na die vliegtuig die goed opgespoor het. Ek was dankbaar toe ons weer op Little Creek aan kom en die jag verby was.
20 Oktober 1977