Jongste aktiwiteit:

Terug na n meer normale lewe
vir

Terug na n meer normale lewe

Die hele groep, die weermag inkluis is die volgende more na Nyati en ek het werklik uitgesien om net weer by my huis te kon wees en dit te gaan doen wat my aanvanklike doel was. Die wereld was mooi skoon gewas na die vorige aand se donderweer en poele water het langs die pad gestaan en ons het die spul witjasse gaan groet by hulle kamp en hulle sou my laat weet wanneer die volgende fase van die skietery weer sou begin. Ek was werklik nog min kere in my lewe so dankbaar om mense te groet en net die Savuti vlaktes agter my te kon kry en ek het bykans te vinnig gery om by die huis te kom. Hier het John Gleeson bykans blakend gesond my in gewag met sy paar manne en ook Herman Bekker wat vir Xolile by Jakkie opgetel het en die hele basis het kom welkom heet. Die honde wou vir Jeannie opvreet en almal moes wegbly van haar af. Ons het die voertuie afgepak en my boesmans moes hulle kom skoon maak en ook ons wapens diens en skoon maak.

Ek het op die dek gaan sit en met Herman gaan gesels. Goeie vriend wat Kabous was het hy sy regterhand vir my gestuur. Hy was seker tien jaar ouer as ek en het al in baie dele van die land gejag tot Kabous hom raak gesien het en hy die gestremde jagte en ook sy lugballon vaarte gedoen het. Sy swaer was ook by Kabous en hy kon sy werk voorsit want ek het tot n mate skuldig gevoel, hy het vir Xolile geken en al saam met hom gejag, hy het hom in die klas van Katwindi geplaas hoewel hy baie ouer was en seker al in sy vyftigs moes gewees het. Xolile was n baie aangename man en jy sou altyd net die baie wit tande sien en hy kon die ander gereeld poetse bak en die man het dadelik op my n indruk gelaat. Jakkie het hom met n 404 gestuur en Herman het met drie gewere gekom. Hy het net soos ek met n 416 bykans alles geskiet en dan het hy n Heym 500 dubbel gehad wat hy maar min gebruik het en ook n 300 H&H met n 98 aksie. Die spesifieke 300 was een van die akkuraatste gewere wat ek nog gesien het. Kabous het altyd maar net ammunisie gekoop en Herman het nie geweet van herlaai nie en het bykans n paar honderd lee doppe gehad vir al sy gewere en ons het gaan sit en herlaai en ek het hom probeer leer. Terwyl hy herlaai het, het ek met die dagboek gaan sit naby hom om raad te gee en ook om myself weer op datum te bring. Ek het werklik genoeg herlaai komponente gehad om n paar jaar te kon skiet en Selby het gedurig ook aan gekoop en myne aangevul. Hy het gou geleer en ek was gedurig by hom maar baie met die foon besig en veral met Peter Williams en ek kon die skiet van bulle met hom uitsorteer, my span sou voortgaan en ek sou beheer behou daaroor. Sy opdrag was met my aanstelling dat ek die probleemdier skieter sou wees maar dat ek mense kon aanstel om dit te doen waar ek nie self betrokke kon wees nie. Ten minste was die staat nou tevrede en Selby se konsessies het baie gebaat hierby. Oom Harry wou dit ook nie self doen nie en was dankbaar dat dit opgelos was. Ek sou my Matabele jagters baie dankbaar bly oor hulle my hier uitgehelp het en ons het hulle ruim vergoed.

Die mense wat deur Kabous se pa aangestel was om die tuine en plantery vir die bevolking te doen was by Kabous en ek het met hulle beraadslaag op die radio. Daar was ook maar foute gemaak met sekere gewasse en soorte wat nie geaard het nie en dit was maar werklik net n gebrek aan kennis want hier was nog nooit geplant op n skaal van selfonderhoudend wees nie. Hoewel daar nie rekord oeste was nie was daar nou baie meer variasie en kon van alles darem genoeg geoes word, daar was egter plek vir verbetering. Die staat sou moes kundiges stuur wat ontledings en aanbevelings sou doen om die volgende reen seisoen meer effektief te kon maak. Wat baie goed gedoen het was aartappels en mielies en pampoene en dan die inheemse sorghums wat vir baie jare stapelvoedsel was. Patats het uitstekend gedoen en selfs kasawa wortel wat nog onbekend was. Somerkoring het nie goed gewerk nie maar tog genoeg vir eie gebruik en die winters was te droog en daar sou moes werk van gemaak word om beter variteite te kon kry. Die volgende somer was baie meer suksesvol. Ek het met Jakkie se ouers gepraat oor die boordery en hulle was nog volstoom op spoed en het werklik die wereld baie meer toeganklik gemaak veral in die suide en meer ten suide van Mababe se laaglande waar baie water in die somer was en niks in die winter nie. Daar was twee padbouspanne wat dit vir enige verkeer baie makliker gemaak het en dit het alles bygedra tot n beter infrastruktuur en daar kon baie gouer en vinniger by plekke wat afgelee was uitgekom word. Vir die eerste maal sedert onafhanklikheid was daar nou baie meer gedoen in die afgelee noordelike gebiede van die jong land en ek het werklik n goeie toekoms gesien vir die dele wat vir so vele jare afgeskeep was. Die tsetse spanne wat op n stadium moes kommando wurms spuit was nou weer aan die gang en net die beter paaie het al gemaak dat hulle vinniger kon beweeg en so ook die veeartse en die nonne.

John Gleeson was nou al so lank in Botswana en hy het werklik baie verbeter, sy dokter was baie ingenome met hom en vir my het dit gelyk of hulle nooit weer die land sou verlaat nie. Sy behandeling was al hoe verder uit mekaar gedoen en hy kon gaan draf saam met Jeannie in die more. Hy het my laat verstaan dat hy een of ander tyd sou moes terug gaan VSA toe maar dat hy sou gou as moontlik weer sou kom. Terwyl ek weg was het hy by Kabous gekuier en as daar een man was wat werklik verlief was op Afrika dan was dit hy. Sy dokter het my n geheim gedeel dat sy vrou besig was om die skeisaak te heroorweeg en dat hulle een of ander tyd sou moes terug gaan huis toe. Hy het ook na sy seuntjie verlang wat by sy ouers was maar hy wou nog n paar rolle film skiet en dan sou hulle terug gaan. Ek het die man baie geniet en hy was werklik soos n sonstraal elke dag al het hy baie dae nie goed gevoel nie. Hy het klaar al sy spesies geskiet en was baie meer verlief op die kamera as my gewere en het werklik die lewe vierkantig in die oe gekyk. Ek was baie dankbaar vir die klein rol wat ons in sy lewe kon speel en sy artikels in die VSA het ons baie bekend gemaak en baie blootstelling gegee.

Ek en Jan Hugo het gepraat oor die boesmans en dit het ook al beter gegaan en baie vertroue is gewen onder die nasie wat my so na aan die hart gele het. Groepe het gekom en gegaan en is medies gediens en gedokumenteer en die nasie was besig om tot n groot mate weer selfrespek te kry. As daar gevalle was waar hulle deur ander nasies uitgebuit was het Jan baie streng opgetree en swaar boetes is aan Tswana hoofmanne opgele en die staat sou selfs op van die hoofmanne se vee beslag le. Die meeste nomadiese boesmans het nou al binne reservaat grense gewoon maar tog het baie gekies om veewagters vir gematigde swart hoofmanne te wees onder goeie omstandig hede. Baie het op plase gewerk in die suide en die mense was baie goed na omgesien en het tot n groot mate verwesters wat maar onvermydelik was. Hulle was eintlik die beste af en baie het by die boere hulle eie vee aan gehou en in ruil die boer se vee opgepas. Die weermag het nog steeds voorsien in bykans alle behoeftes en ek het ook vir Herman Bekker en Xolile gevra om maar na die vleis kwessie vir hulle om te sien. Daar was bykans elke dag gejag vir boesmans en omdat die Chobe so n geweldige digte vlakvark bevolking gehad het was dit die hoofdis en dan ook zebras vir die velle waarvan ons n baie groot kwota gehad het. Trofee wat deur kliente geskiet was, was ook die meeste aan hulle gegee. In die suidelike gedeelte was nou meer water en omheinde kampies waar hulle bykans permanent kon woon en veilig van leeus was.

Bruce en ek het gepraat oor die renoster bevolking wat hy besig was om n tipe van sesnsus te doen en hy het nou al meer as 220 individue geken in die Chobe. Dit sou later na my tyd heel tot niet gaan wat n baie groot jammerte was. Die wild bevolking het baie gebaat by die kunsmatige waters en omdat die historiese migrasies nie meer kon gaan tot in Angola en die Caprivi nie was die deel en veral die Savuti baie dig bevolk met wild en dit was werklik n baie gesonde situasie. Langs ons in Rhodesie het die uitdunning van olifante aangehou en ook het Noel by ons Wankie konsessie uitdunning gedoen wat die getalle baie goed beheer het. Hulle het nie trofee diere geskiet nie en op die troppe en veral die tandlose koeie en verse gekonsentreer. Ons het na die getalle gekyk wat uit geskiet was en nog geskiet moes word en Bruce was tevrede. Hy was die opgeleide natuurbewaarder en het die kennis gehad. Olifante wat oor bevolk raak kan baie verwoesting veroorsaak en hulle is venielsugtig en baie Kremetarte het deur geloop, bome wat so oud soos Jesus was, was baie seer gemaak en dit was nie aanvaarbaar nie. Al die verslae moes maandeliks aan die staat voorgele word en ek het baie dae gewonder of hulle darem daarna kyk. Hulle het net hulle rekeninge baie getrou betaal en baie min ingemeng met ons werk. Ek was redelik op datum met my werk danksy die vrouens wat kon tik en verslae opstel en ek het uitgesien om net weer normaal te jag en te leef.

Ek en Herman en my boesmans het die middag gaan ry want ek wou n paar rooibokke laat skiet vir ons en dalk n lekker jong volstruis. Ons het reg suid in die rigting van Rooigrond gery want ek wou he dat hy die gebied so bietjie leer ken en ek wou hom van die boesman kampies gaan wys. Hy was baie beindruk en veral met die wild getalle wat nou met die stadige migrasie na die noorde toe op pad was. Hy het vier knypkopramme geskiet en twee jong volstruise waarvoor ek nogal lief was. Volstruise wat nie gejaag was nie was lekker veral as hulle jonk was en sy biefstuk as hy reg gaar gemaak was was werklik van die beter wild om te eet en hy het ook lekker wors gemaak saam met vlakvark as die ook jonk was. Ons het die jong voels se velle gehou want ek wou vir Jeannie n baadjie laat maak en dit was lekker dun leer veral op die rugte en die taksidermis manne het hulle vir ons gelooi en gekleur. Daar was al genoeg vir n hele spul baadjies en ek sou dit terug stuur saam met haar pa as hy weer sou kom kuier. Hier het ek gesien wat hy met sy 300 kon doen en hy was werklik n baie goeie skut. Ons het so bietjie gesels oor sy jagdae en daar was nie spesies behalwe renosters wat hy nog nie geskiet het nie. Hy het wel in Luangwa renosters gejag waar dit nog wettig was en kon my baie leer van die veld en sy manier van jag. Hy was baie beindruk met ons slag plekke en die vleis verwerking geriewe wat maar net n saag en worsstopper en n elektriese meul was. Ons het elke maal as iemand in die groot dorpe gekom het of in ons land maar derms en speserye gekoop en ons was later heel gekonfyt om n paar soorte worse te kon maak. Ons het selfs vark gerook en as ons die enkele bosvarke kon kry was dit n bonus, ek glo nog steeds dat hy lekkerder as n vlakvark is maar dis maar net my eie smaak. Jakkie se ma en ook die Odendaal mense by Ghanzi kon ons baie raad gee met resepte. Ons het werklik net wild gehad as vleis en het net so af en toe n paar vetstert skape gekoop by die bevolking dan by die boere in die suide beesvleis gekry of ook by die bevolking.

En Herman het gaan sit en hoewel Kabous gese het dat hy hom sou betaal vir die tydperk by my moes ons op n ekonomiese stelsel werk. Ek het die kaarte gewys waar ons konsessies was en waar ons die meeste gejag het en waar ons die meeste van sekere spesies wild geskiet het. Hy was baie goed met die skat van lengtes en gewigte en dit was iets wat ek tot op my laaste nog mee gesukkel het. Hy het ook in n baie wildryke gebied groot geword en het veral koedoes baie goed kon skat en gemsbokke. Hy moes die volgende more na Makuku toe ry om twee kliente te gaan haal wat eintlik vir Ben se Gwai konsessie bedoel was en toe na ons verwys is. Dit was weer twee Duitsers van Siemens en die een wat sou jag se naam was Lothar Hunling en sy metgesel het nie gejag nie. Soos gewoonlik het ek geweet dat die nasie heel eerste wou varke skiet, dit was vir hulle baie belangrik en dan ook koedoes en gemsbokke, springbokke waterbokke en lechwes het hulle by Selby geskiet . Hy wou ook baie graag n eland skiet en swartwitpens en as daar was n bastergemsbok. Dit was bykans n safari op sy eie met net nie groot en gevaarlike goed nie en van die spesies het ek genoeg gehad en baie op my kwota.

Selby het my op die radio gesoek, hy wou vir tien dae Kenia toe gaan vir besigheid en wou weet of ek nie wou saam kom nie. Hy het nog verbintenisse gehad met mense daar en het onafgehandelde sake gehad. Dit was baie skielik op my en ek het n paar dae gevra om te dink en eers huiswerk te doen. Daar kon nie gejag word nie in die land nie, dit was net n besoek aan vriende, hulle sou drie oud Oos Afrika jagters wees wat net weer wou vriendskappe hernu met manne wat hulle nog daar geken het. Hulle sou van Maun vlieg na Nairobi en dan gaan kuier het by Kisumu langs die Nakuru meer. Ek het besef dat ek nie hier sou in pas nie en hoewel Jeannie en Selby baie aan my getorring het om te gaan het ek daar teen besluit. Ek sou vir n lang tyd baie spyt wees daaroor, hulle het ver gery en baie gesien en kon weer gaan kyk waar hulle oorspronklik van daan gekom het, ek het nie verbintenisse of sentimente gehad in die deel van Afrika nie. Hy het vir my n hele spul skyfies gewys en dit was werklik baie mooi en het weer baie ou herinneringe terug gebring vir hom en sy trane het maar vlak gesit toe hy my dit alles vertel. “Boertjie you should have been there, you really missed out on this one. You should have seen Tsavo, the most beautiful place on earth. May be next time Oom, after all the whisky that you have consumed it is a miracle that you did not die of alcohol poisoning. There won’t be a

next time my son.” Ek het dit werklik waardeer dat hy my saam genooi het maar ek was agter met my werk en hulle was geswore vriende en ek sou net n ekstra wiel gewees het.

Lothar het met n 9,3 Blazer geskiet en hy het met Dynamit Nobel patrone geskiet in 286 greine, die koeels was vir my baie sag en het gou opgebreek en met die eerste gemsbok was ek in n mate teleurgesteld hoewel die bok dood was het hy skaars deur die bladbeen gegaan en n bloederige gemors gelos. Hy sou sukkel by elande en selfs koedoes en ek sou nie n blouwildebees laat skiet met die patrone nie. Ek het 40 van die patrone herlaai met Barnes se holpunte wat toe nog loodkerns gehad het ook in 286 grs en hy het baie beter gevaar, sy geweer het goed genoeg gegroepeer en ek het kans gesien vir n eland. Ek het van die koeels wat ek getrek het met n ystersaag gesaag en gesien dat die wand baie dun was. Hy het beloof om dit met die maatskappy op te neem en hulle het later vir ons monsters van nuwe koeels gestuur wat baie beter was en baie dikker wande gehad het. Ek het hulle na Barnes verwys en dit was nie lank nie of daar was n hewige briefwisseling aan die gang en Barnes het my bedank vir die advertensie en weer vir Selby n hele spul nuwe ontwerpe gestuur. Later het ek die patrone in my 8×68 geskiet en hulle het heel goed gedoen en veral die ou Dynamit Nobel doppe was goeie doppe.

Ek en Herman en Lothar het met twee bakkies en my boesmans en die slagspan gery in die rigting wat ons Lekgrond genoem het, hier was altyd baie mooi eland bulle en die wereld was nie so ruig soos ten noorde van Nyati nie. Ons het maar soos gewoonlik gery tot ons wild gesien het en dan verder gery en probeer bekruip. Die troppie elande was net n paar bulle en by die watergat het ons ook n soutlek bygehou wat redelik wild gelok het. Jas wat op die dakrak was het n baie mooi bul gesien en ons het n hele paar myl verder gery en terug teen die wind in probeer bekruip. Hulle is fyn diere in die veld maar naby water was daar ook ander diere wat jou posisie kon weg gee en veral die bosluis voels en selfs kwevoels was skuldig en party maal net n valk wat in n boom gesit het wat sou opvlieg. Ek het my 338 gehad met die lekker teleskoop op en Herman sy 416 vir die gevaarlike goed en ons is teen die wind in met Jas wat voor geloop het. Die res was by die voertuie. Duitsers is oor die algemeen goeie skuts en hy was ook en Selby het dit bevestig. Hy kon sy paar bokke by hom maklik skiet en hy het geluister vir die manne wat die jag gelei het. Op die skietbaan met die nuwe herlaaide patrone het hy goed gevaar en die skote was ook nooit so ver in die gebied nie, dit moes net baie male vinnig gedoen wees. Ons is tussen die lae groen Mopanies weg en het reg windop soos Jas beduie het geloop. Herman het geglo aan skietstokke en dit was goed wat ek nog min gebruik het, daar was gewoonlik genoeg bome of ander goed om oor aan te le. Jas het gaan vassteek en die leeus het so veertig meter voor ons gele en slaap onder n Maroela en ons moes n hele ompad loop en het nou effens skuins teen die wind bekruip. Reg na die water toe. Rondom watergate is maar altyd redelik kaal maar dit was so voor twaalf en al warm en ek kon twee elande uitmaak maar nie n mooi bul nie. Ek het geweet dat die skoot sou vinnig kom want in die middag het die luggie gewoonlik begin dwarrel. Ek het dat Herman die Duitser lei en hulle is voor uit en ons agterna en skielik kon ek ook die bul sien. Hy het reg weg van ons af gekyk op minder as sewentig meter en Herman het sy skietstokke gemaak staan en ek was so tien meter agter hulle. Hy het my iets hier geleer en die “Hoooeep” van n hiena geroep en die bul het gedraai en Lothar se skoot was hoog op die skof en die bul het neergeslaan. Hulle het nader gestorm en vir die eerste maal in my lewe het ek n eland n brul hoor gee wat bykans soos n buffel se doodsbrul was toe daar nog n skoot klap en dit stil word. Ek het my geweer leeg gemaak en nader geloop en die pragtige bul aanskou met die ander klomp wat glad nie ver pad gegee het nie.

Die foto nemery was aan die gang en dit was iets wat my nooit aangestaan het nie maar Herman was goed hiermee en selfs met die bandopnemer en die onderhoud en Jas het altyd gesorg dat hy nie mis gekyk word nie. Ek het rondom die watergat gaan stap om die verskillende spore te gaan kyk en dit was eintlik baie interresant want veral die klein goedjies het my gefassineer. Baie jakkalse en hienas en natuurlik leeus en baie wildsbok spesies en ook renosters wat baie vars was en ek het besluit om liewer om te draai want ek was alleen en kon die mis voel wat nog baie warm was. Die renosters moes baie naby gewees het en swart renosters tussen Mopanies is nou nie n goeie idee van ontspanning nie. Hulle sou sommer op die windrigting ook storm. Katwindi het altyd gese dat hulle so ongeskik was omdat hulle nie kon sien nie.

Ons het die eland gelaai en die pad huis toe gevat. Die Chobe het nooit baie mooi vlakvark tande gehad nie. Verder suid was hulle mooier en selfs by die Ngami meer langs die Boteti was baie mooi trofees. Ons het baie bere geskiet vir die boesmans en as daar mooies was die skedels gehou maar alle tande is gehou want Selby het n mark gehad daarvoor. Baie kliente het dus net n kuip geskiet en dan by ons mooi tande gekry wat ons maar versamel het so met die tyd. Baie wou hulle eie varke kuip en het nie so veel omgegee vir die werklike groot tande nie. Ek het nie een Duitser gekry wat nie n vark wou he nie, sommige het bosvarke gekry wat baie skaarser was en dan n ekstra bonus was. Bosvarke het in die dag geloop in die Chobe en veral langs die rivier was hulle nogal volop maar natuurlik baie meer skugter as die vlakvarke. Ek en Jeannie het baie varke geskiet met die 270 en ook die 6,5 en dit was genoeg geweer vir hulle. Moet hom ook nie kwes nie, hy kan lekker ongeskik raak en moet tog maar nie die honde op hom sit nie, hy maak n hond baie maklik dood. Sy oe is nie goed nie maar met sy reuk en gehoor skort daar niks en as hy wegvlieg is hy bykans onmiddelik op vol spoed. Hulle het groot swaar lywe gehad by ons en vir ons self het ons jong varkies geskiet want die ou bere het maar n reuk gehad wat ook maar sy smaak was.

Die drie varke het op n stuk vlei gras geloop op die kniee en Herman het n mooi beer gesien en ek het hulle twee afgelaai en verder gery met die bakkie as n misleidings plan en ek het hulle van so vierhonderd meter af dopgehou en die bakkie met die eland huis toe gestuur. Herman het teen die briesie in bekruip en ek het gesien hoe hy die sand optel en laat val bykans elke paar tree en nader beweeg, daar was nie eintlik dekking nie en hulle kon tot so tagtig meter vorder van die varke af en hy het die man laat sit en en hy kon teen die skietstokke se bene aan le en sy skoot het die vark omgedop. Ek het nader gery en hulle eers gelos met hulle fotos en dit was werklik n mooi vark en later is die pens uitgehaal en ons is huis toe. Op pad terug het hy na n lang bekruip n baie mooi tsessebe geskiet en dit was so naby die huis dat ons hom sommer net so heel gelaai het na die fotosessie. Soos maar bykans altyd was dit n bul wat op n miershoop gestaan het en die wereld dopgehou het.

Ek het weer gejag soos toe ek in die land aangekom het en Herman wat baie meer kliente hanteer het as ek het my n hele paar feite gewys waarop ek nooit ingestel was nie. Dit was altyd vir my baie belangrik om die klient se veiligheid te kon waarborg en ek sou werklik my lewe gee om hulle te beskerm, dit was ook belangrik om sy trofee te skiet. Tog het ek die kliente na die dier dood was afgeskeep want hy het mos nou gedoen waarvoor hy daar was. Dit was nie vir Herman en met alle reg aanvaarbaar nie, ek moes meer aandag gee met die fotos en die onderhoude wat op band opgeneem was en met die ou 16mm kameras afgeneem was want dit was wat hulle nog tot hulle ou dag sou beleef. Hy het my skerp aangepraat en ek het geweet dat ek skuldig was. Ek het beloof om my houding hieroor te verander en het werklik baie hard gewerk aan dit waarvan ek nooit gehou het nie. Na meer as twee jaar in die land het ek nog so baie gehad om te leer en het n jagter wat al baie meer as ek gejag het my weer geleer van etiket rondom kliente. Ek het gewonder hoeveel mense ek die joos in gemaak het langs my jagpad.

3 April 1978




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed