Jongste aktiwiteit:

Vossie Senekal
vir

Vossie Senekal

Lees meer oor Vossie Senekal

BRONSKLAS

Julie 2018 – Oop projek

Rubrieke

3.Bespoedel

Daar is heelwat in die media gepraat oor besoedeling van die aarde, en die gevoge daarvan. Veral onlangs is ons op T.V gebombardeer met grafiese tonele van see besoedeling, plastiek eilande en die gevolge daarvan. Meer interesant is die reaksie wat dit wêreldwyd opgelewer het. Daar was vinnig ‘n hele klomp kitskos restaurante wat op die golf daarvan begin het om baie publiek te verklaar dat hulle teen sekere datums nie meer plastiek strooitjies in hulle besighede sal toe laat nie. Hoekom het hulle nie dadelik gestop nie? Dit het ‘n ketting reaksie veroorsaak, wat mee gebring het dat die een na die ander besigheid die nuwe neiging volg. Mense het ook baie vinnig planne beraam om ‘n geskikte plaas vervanger te vind vir die nederige strooitjie. Daar word gepraat van pasta strooitjies, die ou papier strooitjies, en dan herbruikbare strooitjies van ‘n verskeidenheid materiale. Entrepeneurs het op die bus gespring, en daar word nou strooitjies gemaak van vlekvrye staal, getemperde glas wat amper onbreekbaar is en dan is daar die organiese pad, waar ‘n onderneming strooitjies maak van bamboes. Vlekvrye staal en glas, soos ons almal weet, is maklik om skoon te maak, en dus baie herbruikbaar. Die mense wat bamboes strooitjies maak en bemark, vertel dat dit ook baie geskik is vir hergebruik want die bamoes bevat natuurlike bestandele wat antifungiese eienskappe het, en maklik skoon maak ens. Ek is seker hulle maak nie ‘n sent uit die ondernemings nie. Hulle doen dit vir die planeet.
En mense is gaande daaroor, want dit hou plastiek, spesifiek strootjies, uit die wêreld se riviere en oseane. En ons is verheug deur elke poging wat so groot wêreld wye reaksie tot gevolg het en almal, ek ingesluit, het nou ‘n kans om iets positiefs op die planeet te impak, deur net ‘n plastiek strooitjie van die hand te wys. Die mense wat in die plastiek strooitjie fabrieke werk en binne kort werkloos gaan wees, moes van beter geweet het, en het net hulle self te blameer. En, wat die weg beweeg van strooitjies nog beter maak, dit is totaal passief. Deur iets nie te doen nie word jy ‘n hero vir bewaring en die planeet Vanaand, net voor jy aan die slaap raak, kan jy jouself op die skouer klop, en sê, mooi man.
Maar ek hoop, dat sodra jy aan die slaap raak, jy sal droom oor jou besluit om plastiek te los, en eerder iets soos vlekvrye staal of glas gaan gebruik. Droom oor hoe mense vir mekaar hulle strooitjies gaan wys, om in te wees. Droom hoe vriendskappe verbreek sal word as iemand jou afneem terwyl jy skelm met ‘n plastiek strooitjie ‘n coke drink, en dan die foto op Facebook sit. Droom hoeveel van ons gaan ons strooitjies begin saamdra, en uit sien om dit vanaand te was, terwyl ons kwyl oor hoeveel goed ons aksie vir die planeet meebring. Droom dan verder, dat die impak wat die myn van metale op die planeet die gebruik daarvan regverdig. Dat die besoedeling van die industriё wat die metaal vervaardig dit regverdig. Droom oor die strande waarvan die sand nou in enige kleur van die reёnboog voorkom, as gevolg van glas wat oor baie jare in die see beland het, nou op gemaal soos sand op strande uitspoel. Ook hier is fabrieke, rook besoedeling, en fosiel brandstof afhanklikheid. Droom van bamboes plase waar etiese boerdery praktyke gehandhaaf word. Waar bamboes geoes en verbou word volgens EurepGAP standaarde van volhoubaarheid. En werkers wat in die beste denkbare toestande werk en regverdig betaal word. En as jy na jou drome wakker word, kom ons praat vir ‘n slag oor dit wat regtig die moeite werd is! Dit waaraan slegs jy ‘n verskil kan maak. Waarvoor jy volle verantwoordlikheid sal aanvaar. Wat die wêreld en die media ten alle kostes wil verhoed, jy oor moet droom.
Jy sien, die wetenskap wil ons vertel die wêreld vergaan asgevolg van ons impak daarop. Dit is ook sigbaar net waar jy kyk. Daar is egter iets wat besoedel word wat almal ignoreer. Die wêreld se besoedeling word so aangeblaas, sodat ons heeltemal van die belangrikste ding vergeet. En dieselfde media wat so instrumenteel is om ons van die wêreld se doodsnikke in te lig, elke keer as ons op die internet gaan of na ‘n discovery kanaal kyk, is terselfde tyd die grootste besoedelaar wat die mensdom en aarde nog ooit gesien het. Die besoedeling word baie suptiel gedoen. Op so ‘n slinkse wyse, dat die blote oog dit nie kan waarneem nie. Dit begin in die oog, en van daar na die brein, en vorder na die mond. Dit kan in ons optrede waargeneem word, maar slegs deur die wat nie besoedel is nie. Dit verander waardes, veralgemeen ons manier van reaksie op gebeure. Dit verskuif die morele grense van hele gemeenskappe. Dit wat taboe en onaanvaarbaar was, is nou mode en word opgehef. Hierdie besoedeling word gedryf deur optrede van sogenaamde rolmodelle, wat jonk en oud mislei deur te koop, te loop daarmee dat dit deur die wêreld goedgekeur word. Daar word op grootskaal vir die mensdom gelieg oor wie ons is, wat ons wil wees, wat is reg en verkeerd. Wat ons moet eet, wat ons drink, wat ons moet doen. Selfs dat daar nie hemel of hel is nie. En ons glo dit. Ons siele is besoedel. So erg, ons kan nie meer die lig sien nie.
Ons wil die wêreld red, maar dit is nie ons tuiste nie. Die wêreld sal vergaan, nie wanneer wetenskaplikes so besluit nie, maar wanneer God so besluit! Niemand sal dit keer nie. Kom ons doen opruiming van die Rommel wat in ons siele lê. Maak ons harte skoon. Daar is emmers vol leuns, asblikke vol dooie gewetes. Doodskiste van smart wat ons ander aan doen. Daar is bloed aan ons hande, en onskuld verlore. Doen dit my vriend, en oor die aarde met sy besoedeling sal jy nie meer bekommerd wees nie. Van vandag af vertrou ons op God, en op sy belofte. As hierdie stukkende aarde eendag vergaan, loop ek op strate van goud.
Om die besoedeling om te keer begin by jouself. Ruim op in jou hart en gewete. Was die slik en olie van leuns uit jou verstand se strande. Skrop die graffiti wat die wêreld verkondig van jou optrede en taal keuses af. Trek die klere van verderf van jou liggaam af. Jy is die tempel van God. Jy is nie ‘n slaaf van die wêreld nie. Jy, my vriend, jy is ‘n prins. Jou Pa is die Koning van konings. Net die beste is goed genoeg vir jou, en daarom het God vir jou klere gegee. Die wapenrusting van God. Hy het geweet dit gaan ‘n geveg wees. Maar jeans en ‘n T-shirt is nie genoeg nie. Trek sy klere aan, en jy sal voor geen mens buig nie.
Hy het sy lewe gegee sodat ons gered sal word, Sy hand na ons toe uitgesteek. Moet nie Sy hand wegklap nie. Onthou, God is lief vir almal. Niks kan jou van Sy liefde weerhou nie. Daar is nog tyd, maar moet nie te lank wag nie, die tyd raak min!

©Vossie

VERHALE

Julie 2018 – Oop projek

1.Die foefieslide

Na my en Jannie se teer debakel, was daar ‘n verstaanbare kommunikasie stilte tussen die twee gesinne. Wat dit eindelik tot einde gebring het, kan ek nie meer mooi onthou nie, maar dit moes dalk ‘n troue of begrafnis in die familie gewees het, wat die twee susters weer na praat gedwing het. Hoe dit ook al sy, hulle het die strydbyl begrawe.
Nie lank daarna nie, moes my ouers egter van die plaas na Pretoria reis, en vir welke rede, het dit so gebeur dat ek by die Van De Venters moes agter bly. In daardie dae was so ‘n reis ‘n groot afêre. Die pad was lank, enkel baan, en het deur al die klein dorpies geloop. Dus het dit daardie dae baie langer geneem om die sowat drie honderd kilometer na die stad af te lê. Die hele pad, tot by Nylstroom, is ek ‘n ernstige preek af gesteek. Alle moet’s, en moenie’s was uitgespel. En ek moes belowe om ons naam hoog te hou.
Na my ouers daar weg is, is ek deur Jannie ingelig, dat hy ‘n sootgelyke preek ontvang het, en hy was ook die dood voor die oё gesweer, as ons droog maak soos die laaste keer. Ons het plegtig onderneem om binne sekere perke, hard te probeer om ons onderskeie ouers se voorwaardes na te kom. Vir die hele volgende vyf minute was ons gedrag onberispelik. “Ek belowe.”
Skielik het Jannie my gevra of ek dan al sy boomhuis gesien het. Jannie se ouers het ‘n mooi huis met ‘n baie groot erf gehad. Groot genoeg vir hoenderhokke, en ‘n klein woonstel agter waar sy oupa aan sy pa se kant gebly het. Aan die voor kant, was ‘n teer straat. Ek was eers te bang om daaroor te loop. My vorige ontmoeting met teer, en veral die nadraai daarvan, was nog vars in my geheue. Eers na Jannie my gewys het dit sit nie onder sy voete vas nie, het ek dit gewaag om oor die teer te loop.
Aan die oorkant van die straat was ‘n stuk veld, met heelwat groot bome. Verder, het Jannie my gaan gewys, loop die nyl rivier onskuldig deur die veld. Langs die rivier was dit meer ruig, met hier en daar groot bome. Die rivier self, het op die stadium nie veel water in gehad nie, en omtrent so half meter diep.
Jannie se boomhuis was nader aan die teerpad, maar ons kon die rivier van uit die boomhuis sien. Hier kon ons lekker speel, en onder die groot mense se voete uit bly. Ons het self vir ‘n kort tydjie boek gesit en lees. Dit was nou wel Ruiter in swart, en die Wit tier of Swart luiperd. Maar, in ons denke was ons heel voorbeeldig.
Op een stadium het Jannie laat val dat hy nou al ‘n keer of wat gewonder het hoe lekker ‘n foefie slide van die groot bome af, tot in die rivier nie sou wees nie. Ek het iets in die lyn van mens moet dit net doen, dan wonder mens nie meer nie. Jannie het saam gestem. Hy het ‘n stuk papier en ‘n potlood uitgegrou, en ons het ‘n materiaal lys begin saamstel om die “haalbaarheid” te bepaal.
Vir ‘n foefie slide, is die kabel die belangrikste enkele item. Na ‘n paar voorstelle, soos tou, of draad, het ons gou die materiaal se tekorte besef, en geweet. Niks behalwe kabel sal werk nie. Ons het ‘n rol kabel in die hande gekry, ek kan nie onthou by wie nie. Daarna, het ons vir ‘n katrol of so iets begin soek, en gou besef dat ons droom begin vervaag. Ons kon niks geskik in die hande kry nie. Ons wou nou ook nie so rond vra dat die groot mense snuf in die neus kry nie.
Die aand sou ons braai. Jannie het sy ouers oortuig dat hy en sy neef nou oud genoeg is om op ons eie te braai. Met ‘n stuk vleis elk, koerant papier en vuurhoutjies, sit ons af na die boomhuis. Daar aangekom, besef ons daar is ‘n probleem. Ons kan nie in die houthuis vuur maak nie, hoe nou gemaak!
Die as dromme in daardie jare was van yster gemaak, en dan gegalvaniseer. Die deksel van so drom, was ons antwoord. Met die deksel in die boomhuis, en klippe onder in gepak om hom stabiel te hou, het ons die vuur in die deksel gemaak.
Eers na ons begin braai het, kom ons dit agter. Die boomhuis brand. Die hitte van die vuur het die vloer planke laat begin brand. Ons kon daar in slaag om die brand te blus met ons koeldrank. En ons kon verder braai. En, net daar vind ons ‘n oplossing vir ons katrol probleem. Die stuk yster pyp wat ons gebruik om die kole mee te krap, is net die regte ding! Al wat ons nodig het om te doen, is om die kabel deur die pyp te voer, en te anker. Ons trek dan die pyp met ‘n stuk tou tot bo in die boom, hou die pyp vas in ons hande, en laat waai. Die pyp sal oor die kabel gly, en dieselfde as ‘n katrol vaar.
So gemaak so gedaan. Die volgende dag is ons na die rivier, en na ons die geskikte plek gekry het, begin om ons plan tot uitvoer te bring. Eers het ons die kabel in die boom vas gemaak. So hoog as wat ons dit kon waag. Daarna het ons die ander punt oor die rivier getrek, wat soos ek reeds gesê het, net ‘n stroompie was. Daar het ons ‘n yster pen in geslaan. Toe trek ons die kabel so styf as wat ons kan en maak hom vas.
Hier moet ek dalk noem dat twee maer gatte soos ons, nie die kabel naastenby so styf kon trek soos ons wou nie, en het die kabel maar met ‘n redelike boog gehang. Die feit dat dit dalk tot ons nadeel kon wees as die kabel dalk nie styf genoeg is nie, het ons min gepla. In teendeel, al het ons geweet wat die slap kabel tot gevolg sou hê, glo ek nie dit sou ons van stryk gebring het nie! Die stuk yster pyp is tot bo getrek met die tou, en toe moes ons besluit wie eerste sou wees. Nou dat ek ‘n volwassene is, en kan terug kyk oor my lewe, kan ek ‘n definitiewe patroon sien. Ek besef nou hoe die ongeluk soms nader aan my gekleef het as my skaduwee. Dit sou my beter dien as ek dit daardie dag reeds besef het.
Maar die lot val op my, en dit was ook nog ‘n herhaling van my lewenspatroon. Ek was ook altyd daai ou van wie ‘n voorbeeld gemaak moet word, as jy verstaan wat ek bedoel. Nou was ek egter gretig, en het belangrik gevoel, amper soos daardie eerste tree op die maan. Ek haal een keer diep asem, en dan trek ek weg met ‘n kreet.
Ek het later gehoor wat presies gebeur het. Heelwat later eers! Ek het, soos reeds gemeld, met ‘n kreet weg gespring, en aan die begin het dit blykbaar goed gegaan. So vir die eerste drie meter of wat. Maar toe, asgevolg van kurwe van die slap kabel, begin spoed verloor. Die kabel het ook ‘n kinkel of twee in gehad. Snaaks dat ons dit nooit voorheen gepla het nie. Die kinkel het die yster pyp net daar vas laat steek. Momentum het vir die res gesorg!
Ek het genoem dat ons die kabel so hoog as moontlik in die boom vas gemaak het, en die plan was om te laat los sodra ons oor die rivier gaan, en dan in die water sou val. Dit was die plan. Die werklikheid was anders. My hande ruk van die pyp af, en met voete wat nou vinniger vorentoe beweeg as my hande, beland ek op my rug! Dit opsig self sou nie so erg gewees het nie, as ek dit net tot in die water gemaak het. Ek het die Nyl rivier met ‘n meter mis geval.
Dit sou moeilik wees om te glo dat dinge nog erger kon word. Dinge het egter baie erger geword, onmiddelik na ek weer regop kon sit in die modder waarin ek geval het. Oom Frikkie, Jannie se pa was net betyds om my rit op die foefie slide van hulle huis se stoep af te sien gebeur. Toe ek tot verhaal kom, hoor ek hom sê “Nou gaan ek julle stert vere vir julle uitpluis.”
Al die pad terug huistoe saam my ouers, moes ek hoor hoe roekeloos, onbetroubaar, ondankbare en ongehoorsame kind ek is. Aai, ek mis my neef sommer al klaar weer! Net ons verstaan mekaar!

Vossie

 2.Plaasvakansie

Wat kan dan nou lekkerder wees as ‘n skoolvakansie op die plaas. Vir my, wat op ‘n plaas groot geword het, met die voorreg om elke dag met ‘n bus skool toe kon ry, seker nie so lekker, as vir die kinders wat op die dorp gebly het nie. Maar, reeds toe, het ek geweet, ek wil nie met hulle plekke ruil nie. Ek was ‘n plaasjapie in murg en been, en ek vermoed my neef, Jannie, het dieselfde gevoel oor sy dorpsjapie status.
Maar vir die week of wat, as sy ouers dapper genoeg was die jaar om plaas toe te kom, was ons twee onstuitbaar. Tot groot misnoё van ons onderskeie ouers was ons twee keer die direkte oorsaak van menigte familie twis. Veral ons moeders wat susters is, sou mekaar daarvan beskuldig, dat die ander se seun ‘n slegte invloed op haar seun is. Menigte maal het ons gehoor watter soet kinders ons was, tot die oomblik wat ons bymekaar uitkom. Daar is bitter min foto’s van ons twee, waar die ander in die foto ook glimlag. Ons het nie om gegee nie.
Die Van De Venter familie het een jaar by die Smitte kom kuier. Vir twee weke sou die filistyne, soos ons hulle genoem het, by ons op die plaas wees. Ons kon nie wag nie. Die kuier het slegs die eerste aand, en tot tien uur die volgende oggend gehou. Dit het nie eers ontbyt gemaak nie. Die skuld was direk op my, en Jannie, se skouers gepak.
Soos mens groot word, begin jy dinge beter verstaan. En dan eers kom jy agter hoe erg dinge vir jou ouers moes wees, en hoekom hulle besluit het om my en Jannie liewers net vir kort oomblikke in mekaar se geselskap toe te laat.
Die betrokke oggend, het ek en Jannie ‘n plan gehad. Presies wat die plan behels het, sal ons nooit weet nie, want soos meeste kinder planne, was dit nie regtig ‘n meester plan nie. Ons wou iets bou, en ons het materiaal nodig gehad!
Op die plaas was daar ‘n ou stukkende sement dam wat gebruik was as ‘n bêre plek vir sekere plaas verwante items. Dinge soos rolle draad, heining droppers, pype, en te veel ander dinge om op te noem. Ons trek reguit soontoe, om ons plan in aksie te stel.
In die dinamiek van familie is daar altyd groepies wat vorm, gewoonlik bepaal deur ouderdom. Ons huisgesin bestaan uit vier kinders. Twee susters ouer as ek, en ‘n broer jonger as ek. Die filistyne was ook vier, maar dit was broer, suster, broer en suster. Die ouderdoms groepeering was naby mekaar aan die begin, tot omtrent by my en Jannie. Maar toe het hulle ons verby gevat, en daar was ‘n groot gaping tussen hulle laaste dogter, en my klein boet.
Hulle was onpaar met mekaar, en ook met die ander. Maar omdat hulle moes kies by wie om onpaar te wees, dink ek het hulle maar by my en Jannie probeer aansluit. Seker maar oor dit gewoonlik meer opwindend was. Ons wou natuurlik niks weet nie, wie wou nou babas oppas. Ons het hulle maar gewoonlik verwilder. Hoe dit ook al was diè dag, kom roep hulle ons om ontbyt te kom eet.
Ek kan onthou ons twee was nogal omgekrap want ons was besig. Ek is ook seker daarvan, dat as ons eers na ontbyt na die dam toe sou gaan, dit nie so erg sou gewees het nie. Maar as is verbrande hout, en ons kom by die huis aan van die dam af. Met die instap het die bom gebars.
Later, maar nie baie later nie, het dit aan die lig gekom dat een item wat in daardie dam gebêre was, bestaan het uit dromme teer. Een of meer van die dromme, volgens die bewyse aan ons klere, het begin lek. Dit het op ‘n gedeelte van die dam se vloer uitgeloop. En toe net daar gelê en wag vir ‘n kaalvoet kind. Vir ons het dit nie gepla nie, al het dit onder ons voete en aan ons klere vasgesit. Dit kon selfs voordele hê, soos om te help keer dat duwweltjies ons steek.
Ons het nie eers geweet dat dit ook op ons klere beland het nie. Ons het ook nie gedink dit is so erg as dit op die honde vas sit nie. Ons het glad nie gedink nie. Dinge het vinnig hand uit geruk.
Ons is so te sê aan ons ore na die badkamer gesleep, en in die bad geboender. Toe begin hulle ons was. Toe was nie help nie, word die naelborsels gegryp. Na ‘n tyd van naelborsel skrop, sonder enige vordering, is daar in desperasie, na die skrop borsel gegryp. Die een wat gebruik word op matte en ander algemene swaardiens gebruike. En daarna is daar sterker seep gesoek. Boerseep, blou seep, sunlight seep. Niks help nie! Al wat gebeur is die ma’s raak al hoe kwater. Op die stadium het Jannie en ek begin paniekerig raak!
Dit was omtrent op hierdie stadium wat my pa sy kop by die deur kom in druk het. Ek dink hy het bekommerd geraak oor ons twee se gille in die bad wat al hoe harder word, of dit kon dalk te doen gehad het met ‘n voorstel, dat hulle ons dalk heeltemal swart moes verf. Dit sou ons darm weer in een kleur bring. Met ‘n pa se wysheid het hy besef, nou is die tyd vir ingryping.
Pa gaan haal ‘n bottel terpentyn uit die buite kamer, en op die grasperk voor die huis met die hele familie as getuies, word die twee van ons met terpentyn getakel. Sukses, die terpentyn werk, en nou kom die teer sommer maklik af. Ek en Jannie is dankbaar vir pa se hulp! Tot die seer geskropte vel en die terpentyn ontmoet. Die aanvanklike verligting skakel skielik om in erge ongemak, en ons begin keer en skree, dans en los ruk
Dit word deur die ouers as ondankbaarheid, moedswillig, en stout ervaar, en help niks om die gemoedere te verlig. Daarmee saam kry ons dan ook ‘n klap of twee, wat frustrasie en inspirasie aan hulle dikteer. Maar die terpentyn kry ons skoon, en dit werk selfs in ‘n mate op ons bevlekte kledingstukke. Ons is nogal verlig en vermaak as ons aangesê word om ook die honde met die terpentyn skoon te maak. Verlig, eerstens om te sien hulle kom ook skoon. Vermaak om te sien hoe dit ook hulle velle laat brand, en hulle in draaie te laat hardloop.
Na die terpentyn word ons twee weer deur die bad gejaag. Dalk oor die ouers toe vir ons begin jammer voel het oor die honde se reaksie op die terpentyn, maar eerder bloot net omdat my en Jannie se terpentyn walms hulle wou oorval
Ons was nog nat op party plekke toe Jannie in die Volksie bussie in geboender word. Sekondes later, was daar van twee weke se kuier, net stof wolke oor.
Later daardie aand, met boude wat nog ongemaklik styf voel na die mishandeling waardeer hulle was, kon ek net wonder oor my spontane opmerking terwyl ons die volksie se stof so agterna kyk. Was dit nou regtig nodig, of die regte tyd, om hardop te vra oor hoekom niemand dan eers net kon groet nie.

Soms kan ‘n kind net wonder of hulle ouers dan nooit, ooit self kinders was nie.

© Vossie

Augustus 2018 – Haikoe projek

3.Sy en saffraan

My naam is Berke Khan, en ek is die Generaal van die Mongoliese weermag. My land is die land van die ewige blou lug. Die land van die Bactarianse kamele, met twee boggels. Die wêreld se beste perderuiters, en ons roem daarop dat gedurende die Nadaam fees al die mans deelneem aan ons drie nationale sportsoorte, naamlik ruiterkuns, boogskiet kuns en stoei. Dit is hierdie deelname wat ons die magtigste nasie in die Ooste gemaak het. My oupa was Genghis Khan, en hy was die koning wat ons land op die pad van oorwinning gestuur het. Hy was ‘n slim man, en ook ‘n baie dapper soldaat. Sy krygs kennis het ons magte in staat gestel om nasies soos Arabiё enTurkye te dwing om voor ons te buig in die twaalfde eeu. Ek en my broers het sy Ryk verder uitgebou en ons beheer die Suidelike silk roete vanaf Siberiё tot die Europese steppe. My pa is die Generaal, Jochi Khan. Deur sy afrigting en ondersteuning het ek die Goue Horde van Mongoliё op die been gebring, en in stand gehou, deur die blou en wit horde saam te smelt. Ek is ‘n prins en is gebore in twaalf-nul-ses, en ek het my tande op swaarde en skilde gesny. Ek is een van die erfgename van Mongoliё. Vanaf die Gobi woestyn met sy klipvlakte en singende duine waar die temperatuur wissel van -40 tot +40 grade celsius, tot ons hoofstad met die koudste gemiddelde temperatuur van alle hoofstede in die wêreld -1,5 grade. Onder my persoonlike oorwinnings tel ek Rusland, die Moslem Volga en die Hongaarse weermag. Deur harde werk het ons beheer oor groot gedeeltes van die silk roete, en ook die van die stede waardeur die roete beweeg. Silk en goud, speserye en slawe, edelgesteentes en wyn. Dit is die olie wat ons weermag se ratte laat draai.
My volk het ‘n wonderlike en kleurryke kultuur, en vandag is minstens ‘n derde van die populasie steeds nomadies. Ons is lank reeds nie meer die gerekende ryk wat ons eens was nie, en alles beweeg nou teen ‘n rustiger tempo. Ons is steeds die wêreld se beste perderuiters, en tesame met kamele en skape maak die nomade hulle bestaan. Ons gee nooit ons perde of kamele name nie, en selfs die perde word gemelk, en is ook gereeld op die spyskaart. Veral nou terwyl ons feesvier, eet ons graag ons tradisionele disse, soos heelgebakte skaapkop. Die grootste eer is om die skaap se oё aangebied te word, en dit is kultuur dat die ontvanger van die eer, altwee oё moet eet. Om die koue te kan oorleef het ons ‘n unieke manier ontwikkel om vir ons verskuifbare huise te bou, wat ons ‘n “Ger” noem, en dit baie gemaklik in rig. Dit bestaan uit ‘n raamwerk van houtlatte wat in bondels gebind word om die mure te vorm en dan die dak soos ‘n ribbekas uit nog latte te bou wat self ondersteunend is. Alles word nou met velle of selfs felt bedek, behalwe die middel van die dak, wat oopgelos word vir rook om te kan ontsnap.
Vandag is Mongoliё die laags bevolkte land ter wêreld en van die eens magtige militêre ryk is daar nie veel oor nie. Dit is nou ‘n beskaafde rustige volk, wat steeds die uitdagende elemente van die koue hoek in die ooste ‘n tuiste noem. Maar kyk maar gerus rond as jy in ander lande loop. Selfs vandag nog is daar oor die drie-honderd rots etse, in lande soos Rusland en China. Daarop word ‘n kryger uitgebeeld, met ‘n gordel om sy middel terwyl hy vervoer word met ‘n vlieёnde rendier. Dit was Mongoliё toe ek nog die Generaal was.
©Vossie

 

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed