Wimpers (Willie Theron)
BRONS klas
Desember 2017 – Kersvieringe projek
2.Krismis konsternasie
Ding dong, lui die klokkie by die van Tonders se woning.
“Pappa, gaan kyk gou wie dit is. Ek is in die kombuis besig!” gil Susan, uit die warm kombuis terwyl sy die sweet van haar voorkop afvee. Sy weet nie of dit nou die oond se hitte, of haar oorgangsjare is, wat haar vandag so uitmergel nie.
“Ja mamma.” brom ou Frederik soos hy spook om uit sy La-Z-Boy uit op te staan.
Ding dong, lui die klokkie weer.
“My magtig ek is op pad!”
By die deur laat val Frederik wragtig die sleutel ook nog en buk stadig met sy seer rug, terwyl hy die sleutel ʼn unieke noemnaam voorsien.
“Pappa!” gryp Alexis haar pa om die nek en soen hom op elke wang.
“My liefste kind, hoe gaan dit met jou?”
“Goed dankie en met pappa? Pappa, ek wil pa graag voorstel aan my vriend.”
“Vriend?” frons Frederik. “Watse vriend is dit dan nou?”
“Pappa, dit Jonatan. Jonatan dit is my dad Frederik.” agter Alexis maak ʼn plankdun, jongerige mannetjie sy verskynsel. Sy lang swart hare hang los op sy skouers, met een vlegseltjie wat teen sy regter wang raak. Die sakkerige broek bedek skaars sy spelonk. Dan lyk dit skoon of hy nog onderbroeke ook adverteer, met sy BEAR broekie wat alle etikette kort van sy grote verklap.
“Middag, uncle.” groet die mannetjie, met ʼn amper riem slap houding. Frederik bekyk die vent op en af, dan rig hy sy blik terug na Alexis.
“Jeremia Gotlieb van Tonder!” mompel Frederik.
“Pa asseblief, nie weer nie.” Frederik sug en groet die mannetjie met ʼn stywe hand druk. Met dié, stop nog ʼn voertuig voor die huis.
“Aah Reghard.” sug Frederik verligtend en stap om hulle te gaan groet.
Met ʼn skril gil hardloop klein Marli die gang af in Alexis se arms in.
“Hallo my pop.” sê Alexis terwyl sy vir Marli, wat nou net haar oggendbottel kaf gedraf het, in die rondte draai. “Ek het jou so verlang. Sê bietjie vir oom Jonatan wat is jou naam”
“My naam is Marli en ek is twe..” met ʼn geblaf versier sy Jonatan se bruinsakkerige broek, met ʼn unieke roomwit skakering. Die surerige geur was een te veel vir Jonatan en hy antwoord haar terug met sy eie braak simfonie.
“Jeremia Gotlieb van Tonder!” mompel Frederik terwyl hy ʼn lang pad om die gedoente stap. Na ʼn paar gille en die vinnige reaksie van Susan se vloerlap-en-mop vaardighede, raak die gaste rustig en gaan sit uiteindelik aan die tafel.
Die rooi en groen kersversierings en die groot geel kerse, skep ʼn vreedsame atmosfeer. Die geurige lamsboud wat Susan aandra, tokkel almal se smaakpapille, behalwe Jonatan wat nog effens bleek lyk. Frederik vat hande en begin bid, na almal stil geraak het. Na die tafelgebed spring die klomp van Tonders weg en skep vir die eerste span. Dit lyk skoon asof hul nooit weer al die lekkernye sal kan smul nie. Susan let op dan Jonatan net van die groente vir hom skep.
“En nou seun, is jy nie honger nie?” vra sy terwyl sy met ʼn ongeloofwaardige blik na hom loer.
“Nee tannie, alles lyk baie lekker. Ek ontneem my self maar van die gesoogde dinge.”
“Hoe nou seun?” vra Susan verward.
“Hy eet nie vleis nie, ma.”
“Jeremia Gotlieb van Tonder!” mompel Frederik nors, terwyl hy sy oë rol.
“Arme mens.” simpatiseer Reghard sarkasties, soos hy ʼn stuk lamsvleis in sy kies druk.
Na die hoofmaal in ʼn skrapsie ongemaklike atmosfeer klaar geëet was, gaan sit Susan die gebakte Alaska vir die laaste paar minute in die oond. Marli huppel nader aan Reghard en Tanja, wat so lank hulle gemaklik maak op die rusbank. Marli se hande en gesiggie effens gesmeer met ʼn twyfelagtige substansie.
“Hi Marli, waar kom hierdie sjokolade nou vandaan?” vra Tanja terwyl sy vir Marli op haar skoot tel.
“Umm, Tanja. Ek dink nie dit is sjokolade nie.” sê Alexis benoud. Tanja se oë word al groter soos sy op spring, met Marli nog in haar arms, reguit voor haar uit gestrek.
“Maaaaaaa!” gil Tanja benoud. Dié gedoente was weereens een te veel vir ons vegetariese vriend wat weer, braaksel deur O Kotze resiteer.
“Jeremia Gotlieb van Tonder!” brom Frederik met sy hande in die lug, terwyl hy die rumoer aanskou. Susan begin skoonmaak terwyl Reghard vir Tanja bedaar.
“Wat stink so?” vra Frederik vies “Brand iets nie?”. Susan spring op en hardloop kombuis se kant toe. Met ʼn skree en ʼn gegil gevolg met ʼn groot slag, hardloop die familie ook kombuis se kant toe. Na die rook begin opklaar sien hulle vir Susan op die grond sit en gegil van moedeloosheid. Om haar lê die gebrande Alaska, waarmee ou Pottie, hulle geliefde Jack Russel, verder Krismis hou.
“Jeremia Gotlieb van Tonder!”
Wimpers