Die melkweg baar n stêr Goudklas
teen die kosmos hang sy…
’n engel wit soos sneeu
in haar hande hou sy die hemel,
die uitspansel blink in haar kroon
saggies fluister sy n hallelujah
en stuur dit op die wind se rug
’n boodskap van nuwe lewe,
’n Nova, ñ nuwe ster gebore – helder en blink
sy glimlag –
want aan haar voete
baan die melkweg hoop oor n donker aarde neer
© Amanda De Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir JANUARIE 2026 – NUWE BEGIN projek