Jongste aktiwiteit:

Êrens in NAMAKWALAND

Êrens in Namakwaland

Op die poskantoor

„Ja, meneer Bosman, dis dan sewe-en-twintig Rand ses-en-vyftig. Ons rond op op sestig.”

„Dankie meneer Kumalo. ‘n Kwitansie asseblief.”

„Seker. Totsiens en groete aan die vrou en kinders, hoor.”

„Dankie. Ok so. ‘Siens!”

„Goeie môre. Ek wil hierdie pakkie na oorsee stuur. Is daar…”

„Sorry Sir, you must talking isIngisi.”

„Hoeso? Jy het nou net…”

„If you want to be serving, you mus talking isIngisi.”

„Klasie!”

„Ja, meneer?”

„Jou vriend, meneer Kumalo praat nie Afrikaans nie. Kom, jy moet vir my vertaal!”

„Maar ek kan nie Engels praat nie.”

„Maak nie saak nie. Sê vir hom, ek wil hierdie pakkie oorsee stuur, en of ek nog ‘n posseël nodig het.”

„Meneer Van der Walt sê dat hy hierdie pakkie oorsee wil stuur, en wil weet of hy nog ‘n posseël nodig het.”

„Sê vir hom dis genoeg posgeld, maar ek raai hom aan om ‘n lugposplakstrokie op te kleef. Hie’so.”

„Hy sê dis genoeg posgeld, maar hy raai meneer aan om ‘n lugposplakstrokie op te kleef. Hie’so, meneer.”

„Dankie, Klasie. Vra vir hom wanneer dit anderkant sal aankom.”

„Meneer vra wanneer dit anderkant sal aankom.”

„Sê vir hom dat dit gewoonlik agt tot tien dae vat. Maar met hierdie blêrrie korrupte staatsdiens weet mens nooit nie.”

„Hy sê, dit vat gewoonlik agt tot tien dae. Maar met hierdie… Nee, meneer, soiets sê ek nie. Maar mens weet nooit nie.”

„Dankie, Klasie. Hie’so. Gaan koop ‘n sak lemoene vir jou kinders daar by Pietman op die hoek.”

„Ja, dankie. Totsiens, meneer.”

„Goodbye, Mr. Kumalo. Have a nice day.”

„Totsiens, meneer van der Walt. Mooi loop, hoor. En kom weer.”

©7e.Februarie2107………………(2013)tje




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed