ontgrendel
sigbaar is die groen
wat uitspruit na die reën
hoorbaar byna die groei
van nuwe blaartjies
mooiste van die natuur
die dankbaarheid na reën
selfs die bokkies baljaar
en spring van vreugde
tussen fronte lê koue
wanneer ceres se berge
wit van sneeu uitstaan
golwe hoog op slaan
grendel gaan ook oop
mense vier fees en sug
nog vyf dae om te wag
vir daardie kas wyn
soos die ietermago
is baie mense ook sag
onder om die pens
amper ontmens
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.