skraal
hoe styf stoot die wind vandag
bring yskoue antarktiese seelug
dit loei en dit ruk oor wit huisies
sproei seewater soos perdekoppe
wat jagend oor die baai sweef
hoe koud is die eensaamheid vandag
vir diė wat alleen in hulself moet wees
dit vloei en dit roei oor herinneringe heen
verwarm harte wat vermurwe in smarte
versag oomblikke van alleen wees
op my duin is daar stemme
kinderstemme en grootmens stemme
stemme wat vertel, geniet en vrolik klink
klanke wat onlangs nie daar was nie
maar nou met die fees hier is
so koud soos die windjie wat skraal
deur stegies en oor my duine kom waai
so koud is die wete van verganklikheid
van dit wat is, en nooit weer sal wees
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.