vorentoe
naskok is soms rieël
knars die nuwe dag se strale
oor my misbedekte skemer duin
om spoedig weg te brand in hitte
oral klink geluide van koppies
wat klingel om die koffie
met of sonder suiker
op te slurp
elke nuwe dag
is ‘n laaste dag vanjaar
nader kruip ligte van nuwejaar
dankbaar op duin vir nog een jaar
dankbaar vir elke vars asemteug
dat oudword nie net vir tawwe
ouens is, of verniet kom nie
ook vir my en jou
© Tearlach.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Dit is sp so mooi. Ek hou van die koppies wat klingel.