Jongste aktiwiteit:

Verwag

“Welkom, ons het jou verwag.”

Ek stap deur die eienaardige voordeur, hande vasgeklou in die voue van my mantel.

“Jy mag maar jou kappie verwyder,” sê die brandmaer man.

Ek sluk en ignoreer hom.

“Hierdie rigting,” sê hy en lei my vinnig deur ‘n donker gang, verby die pragtige trappe wat na die ander verdiepings oorstroom met lig lei.

Ons gaan ‘n vreemde kamer binne deur ‘n eenvoudige deur. ‘n Kandelaar van swart kristalle oorheers die kamer. Ek kyk vinnig weg; die vrou op die bed kreun.

Ek kyk haar vinnig oor en neem alles in – insluitend haar uiterste bleekheid.

“Wanneer het die pyn begin?” vra ek die man wat my ingewys het.

“’n Halfuur voordat ons vir jou gestuur het.”

Ek sug.

“Kook water – baie water. En stuur die man in wat wag in my koets.”

“‘n Man?”

“Ek het hulp nodig om die tweeling veilig te help gebore word.”




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak