Jongste aktiwiteit:

WIL JY DANS, BOKKIE MY BABIE?

WIL JY DANS, BOKKIE MY BABIE?

Uhm – jy weet eers wat, Bokkie my babie; nê – behalwe vir daai kort tiekie se bietjie tyd (waarvan ek danksy my geheueverlies soveel mooi goeters glad nie kan onthou nie) wat ek en Righ saam was, was hierdie amper kestamper se 23jaar wat ek tussen Satynlakens uit is in ‘n sekere sin byna erger as die 26jaar wat ek ‘n gevangene was in elcheappo se gatsak!
Joh… Al die verwerping, die vernederings, die sleg sê, die… die misbruik en gebruik van my menswees, van sommer my hele wees.
Ek’t in ‘n heilige oomblik letterlik en figuurlik net mooi als verloor – Righ, my meubels, my kar; sommer my als. Jy weet, Bokkie my babie, ek het nie eers ‘n foto van Righ, my kinders of eers van my ma nie. En na daai verloorslag het my swerwersbestaan begin: Blyplek. Voetsek. Teerstrate…. Blyplek.
Voetsek.
Teerstrate… Blyplek; dieselfde storie oor en oor. En. Oor en weer ‘n slag oor.
En die oorgrote meerderheid het (seker maar danksy hulle morele waardes of christelike plig – weet ek wat) nogal sekergemaak dat ek mooi besef dat ek nou danksy my swartdonker verlede nie eintlik rêrig-êrig ‘n plekkie in die son waardig is nie – ek moet net dankbaar wees ek is tussen daai Satynlakens uit; en vir die res moet ek my mond hou.
Hoekom weet ek nie, maar ek het dit naderhand onbewustelik begin glo as evangelie. Ek het my alles en nog meer vir mense opgeoffer, vir hulle behoeftes, hulle welsyn. Namens hulle en vir hulle baklei dat ek partykere se soms byna kon voel hoe die bloed letterlik uit my gees loop. Maar. Dis mos hoe dit hoort – ek is niks beters waardig nie. Hulle prentjie van my geglo: Ek’s lelik. Ek’s dom. Ambisieloos. ‘n Parasiet. Common… Net goed vir een ding. My menswees, my behoeftes; my vrouwees het glad nie bestaan nie – Liza het net asemgehaal, nie geleef nie – en ek het geglo dis hoe dit veronderstel was om te wees, dis goedgenoeg.
Nee!!!
Dit is nie!!!
Uhm – ek weet nog nie helemal wat gebeur het nie, maar ek’t ‘n dag of 2 terug in die spieël gekyk en…. Enne; iets…. Iets het binne-in my binnerste binnekant oopgebreek; sommer net stukkend gebreek. En ‘n stormwind van emosies het my hart behoorlik rondgeklap; waarvan die ergste seker die ontsettende hartseer was. Die eina, en die kwaadgeit oor al die vermorste jare – ek was so skuins bedonderd {skuus my klassieke Grieks, wou eintlik fuckenese praat – maar het terwille van die gewete en algemene deursigtigheid besluit om maar (feitlik)ordentlik te wees} jy kon met my ‘n afdraande spook by ‘n HipHop konsert teel! Ek is seker nou nog nie helemal verbruikersvriendelik nie, maar ek hoef darem nie meer te gaan vir anger management nie☺️
Maar nê, Bokkie my babie; ek’t voor daai spieël gestaan en die
graffiti het sommer aspris bo-oor hierdie wise-ass hart van my kom spat: Jy is meer as net waardig – dis jou plig om jou menswees, jou vrouwees te vier, die PasoDoble te dans met jou ganske wees. Omdat. En oordat – die Skepper en Eienaar van die hele-ganske heelal het gedink jy’s asemrowend genoeg om vir jou soos ‘n skelm krimineel aan ‘n stuk VloekHout gehang te word; jy is die Bloudruk van Sy Hart!
Toe….. Dit gaan nie help ek probeer verduidelik nie, ek gaan net my naam 2sent maak. Maar-uhm – kom ek stel dit so; almal wat my ken en of deel is van SPLIT – GhwarriegatQueen weet: Ek sal ALTYD (honor bright, ek sal) Swaard in die hand op my geliefde ou Ghwarriegat staan; tot die laaste druppel bloed baklei vir al daai kosbare siele wat daar weggesmyt word (ek is en sal ALTYD die GhwarriegatQueen bly); maar nou gaan ek ook vir Liza Daniells baklei – vir haar menswees, haar vrouwees; haar drome en behoeftes – haar stukkie asemhaal in die son! Vir haar Sprokie wat sy verloor het en weer wil terughê.
Nouja. Ek weet daar’s nogal baie mense wat nou nie juis gaan dink ek’s die 2de beste ding sedert peanutbutter nie; en wat nou glad en geheel nie saam met my sal stem nie, maar soos wat ek vir ‘n vriendin gesê het, dan moet hulle maar ‘n brug bou en oor dit kom of ‘n berader gaan sien; maar dié dans is nou mýne!
…..Omdat
En oordat; nê, ek’t besluit – ekke (Liza Daniells; die GhwarriegatQueen) is eers vreeslikbaie oulik en slim; om van sexy nie eers te praat nie. Ek’s sommer een blêrrie agtermekaar vroumens-mens en nog ‘n beterder warrior – hiehaa!!
Ek’s my Meneer se kaalvoet, blou-oog meisiekind en my Lord of the Dance se liefling; so there…. En sommer om die blok ook.
Ek’s ongetem; my passie is roekeloos; en ek is ‘n dragonslayer van formaat – elcheappo begin al meer na die wederkoms verlang as die meeste mense!!
Ek’s sommer ‘n koningin x 4. Is; ekke is tog eers – honor bright. Ek’s die Koningin van Faikonta; die Koningin van Koel en die nogals berugte, maar hopelik geliefde (by sommiges) GhwarriegatQueen.
JaJa – ek weet ek’s cheeky en verkeerdom-regom en wise;ass; maar ek’s ougat verby – toe stry😁
‘Oh Lord; it’s hard to be humble’…..Maar ek kan mos nie help as my Hero dink ek’s die heel beste ding sedert peanutbutter nie en as Hy mal is oor my net soos wat ekke is nie. So pê-whê aan almal wat nie van my hou nie; almal wat my nie na waarde skat nie. Ek’s die koningin van my Hero se hart en dis marvelstruct!!!
Ek gaan leef, vir die heel eerste keer LEEF!!! Ek gaan my menswees, my vrouwees (veral my vrouwees) vier en vuur. Ek gaan elke aand sommer aspris na die dimpels op my boude kyk en vir hulle sê: Julle is eers flippen gorgeous.
Kyk bitterbaie mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jou dag roekeloos mooi en goed wees. En mag Sy oë vandag jou spieël wees.
©Liza Daniells
Hmmm…. Daar’s net een ding; ek’s ongelukkig steeds nie bekeerd genoeg om op te hou kaalvoet loop nie ☺️Maar die PasoDoble – as jy wil dans, liewe Bokkie my babie; hier’s my hand….




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed