Verlore Drome
in droom en wakker sleep die gedagtes tussen aksie held en lui swakkerd ek onthou die lekker droomplekke met alles wat egter in die môre son in slaperige verhale vervaag as ek my weg tussen droom en wakker kan vind sal my gesoek dan op ń einde kom?
Die pyngedagte [Silwer]
die wêreld se stootskrapers reis in haar oë kettingsae laat haar reuse val reënwoude vleilande vlaktes berge hulpkreet bewoë boorgate sink die aardbal van haar hart haar ekologiese lyk sluimer sovêr jy kyk moederaarde se kinders is in nood politici verontagsaam haar vertoë bars bomme tot diep in haar boesem hulpkreet riviere van haar vlaktes […]
APRIL 2025 – AARDE projek
Beste INKers Op die 22ste April jaarliks, herdenk die wêreld Aardedag. In hierdie projeksiklus gaan ons poog om in ons unieke Afrikaanse manier daaraan deel te neem. Die opdrag is voorskriftelik en daarom wil ek jou aanraai om die opdrag deeglik te lees en aan ál die voorskrifte gehoor te gee. Versuim om hieraan gehoor […]
vlegsel (Goud) 365 woorde
Ek en my sibbes het onlangs ons ouerhuis gaan leegmaak, nadat my ma ook oorlede is. Ek het in ‘n ander wêreld inbeweeg soos ons die een na die ander bekende voorwerp, foto en speelding ontdek het. As volwassenes, het almal van ons die meeste van die goed in ons kindertyd laas gesien en hanteer. […]