Die pyngedagte [Silwer]
die wêreld se stootskrapers reis in haar oë
kettingsae laat haar reuse val reënwoude
vleilande vlaktes berge hulpkreet bewoë
boorgate sink die aardbal van haar hart
haar ekologiese lyk sluimer sovêr jy kyk
moederaarde se kinders is in nood
politici verontagsaam haar vertoë bars
bomme tot diep in haar boesem hulpkreet
riviere van haar vlaktes sweet-kreet berge
rommel word in haar skoot gestort
o die pyngedagte: haar kinders gaan dood
haar ekologiese lyk sluimer sovêr jy kyk
——-ooo000ooo——-
(© Pieter Mostert)
(Interteks, [aangepas om by my gedig in te skakel], geneem uit Totuis se gedig: Die Pyngedagte)
2 Kommentare
-

HENN
Pragtige vers
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir April 2025 – AARDE projek