dowwe
‘n dowwe skoot tref nie ‘n dowwe skoot verwek nie .n dowwe skoot weerklink nie ‘n dowwe skoot bly verdwyn hoe dowwer die klank – hoe dowwer van baie harde klanke verdoof gehoor harde eentonige skerp klanke maak skade krap op ‘n sinkplaat skryn jou oordrom my dowwe oor luister intens teen […]
begrip
om iets groot te verstaan om daardie iets met jou begrip om-te-vang, te verwerk en begryp so moeilik jy dit vind om iets groots te kan inneem en verstaan so moeilik is dit om iets baie klein te verstaan U grootheid breek alle grense U grootheid oorspan alle begrippe U grootheid ontstaan voor […]
tyd
die enigmatie van tyd ruis oor my duin vanoggend soos augustus winde wat waai wie weet waarvandaan of waarheen tyd in gisters, daagliks en van mōres tyd wat stadig verloop in jou jeug wat soos storm en drang swiep en verbygaan – dan net waai oor dae, weke maande en jou laaste jare […]
soos
soos dief in die nag uil wat skeer oor die duine volg doelgerig skadus van ‘n rot wat vreesagtig piep in vlug deur gedagtegange sluip herinneringe luid in nagmerrie drome vervat koets breinselle vervaard oorheersende tamboergeluid wat ritmies vreesaanjaend juig bring oer-reaksies in spier en vlam voel vingers en bene verlam […]
‘n Boer se hande vertel ‘n storie. (Brons)
(Woordtelling: 347 woorde) “Pappa! Kom gou!” gil Annemie benoud. “Wat is fout?” vra Henk bekommerd. “Lukas het seer gekry.” Snikkend beduie sy na die stoor. Henk versnel sy pas, storm die stoor binne. “Lukas!?” “Hier Pappa!” Rou snikke ontsnap Lukas se keel. Soekend gaan Henk se oë oor die binnekant van die swak verligte […]
DIE TAAL WAT KAALVOET PRAAT -’n Verhaal oor die woorde wat nie geskryf kan word nie –
Hoe lees die ou Boesmangesegde nou weer? “Wie kaalvoet loop, hoor die grond se gebed. Die stilte hou die woorde wat geen mens kan skryf nie en ’n kaalvoet trap spore wat die wind nie kan uitvee nie … ” Binne die Boesman-denke is die taal wat kaalvoet praat nie vasgevang in ink op papier […]
fleur
botterblommetjie skyn jou bottergeel kelkblare en stempel vol van heuning in ligte seebriesie word jy geil vertoon reuk versprei wyd oor my dorre duin uit groen blomstengels groei jou fleur ontluikende sonstrale van lig en kleur selfs ou skilpadjie vind jou aangenaam hy peusel aan jou geel blare en steun ver […]
OKTOBER DIE MOOISTE MAAND NASIONALE ROOFVOËLMAAND EN DIE POËSIE VAN DIE SKEPPING
Oktober, die mooiste maand van die jaar, bring nie net die herlewing vir die natuur nie, maar ook ’n herinnering aan die ekologiese balans wat in die die skepping gehandhaaf moet word deur die mens as rentmeesters van die Skepper. Wanneer die natuur weer ‘asemhaal’, keer kleur, lig en lewe terug, en die hemel vul […]